Tuesday 26 February 2013

VLA KOEKE


VLA LAAGKOEK
 Die koek moet in die yskas gehou word as dit nie dieselfde dag wat dit gebak is opgeëet word nie
Sponskoek: 
4 Groot Eiers
300ml Strooisuiker
500ml koekmeel 
15ml Bakpoeier
250ml Volroom Melk
100grBotter
5ml Vanielje Geursel

Vla Vulsel:
6 Eiergele
3/4 kop Strooisuiker
70 ml Maizena
500ml Melk
5ml Vanielje Essens
Metode: 
Voorverhit die oond tot 180°C
Klits eiers en strooisuiker tot lekker dik en romerig
Sif die meel en bakpoeier saam en vou in die eier mengsel in
Verhit die melk en botter maar moenie kook nie (smelt sommer in mikrogolf die botter)
Voeg Vanilla geursel by en voeg Dan by die meel en eiermengsel
Verdeel deeg in 2 x 20 cm panne
Bak vir 25-30 minute en haal uit die oond (tandestokkie kom skoon uit as hy gaar is)
Terwyl die koek nog warm is vat garing draad en sny elke koek in 2 (dus is daar nou 4 lae)
Laat afkoel op rakkie
Intussen maak solank jou vla vulsel:
Klits eiers en strooisuiker saam tot lig en skuimerig
Sif die maizena en vou in die eiermengsel in
Verhit melk in 'n pot oor lae hitte tot dit net begin kook
Voeg Dan jou eiermengsel met 'n dun straaltjie in die melk en roer aanhoudend.
Laat dit kook oor 'n lae hitte tot die mengsel verdik.
Haal van die stoof af en voeg die vanilla Essens by.
Laat heeltemal afkoel.
Verdeel die mengsel in 4 in die pot
Wanneer die koek afgekoel is sit een koeklaag, vla vulsels weer koek laag en eindig met vla vulsel.
Jy kan kaneel oorstrooi of ek het versoete klapper effe gebak in die oond en oorgestrooi!
Geniet baie
NOTA: Ek hou van meer vulsel so jy kan die vla vulsel meer maak! Maar dis 'n heerlike klam koek so dis nie nodig nie!
Bron: SAPA

Foto & Plasing: Henriette Wessels *http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vla-koeke.html
VLA KOEK
***(baie lekker)
1 kop strooisuiker
5 eiers, geskei
sout

1 kop meel
75 ml mielieblom
100 ml yswater
15 ml bakpoeier
Room suiker en gele. Vou droë bestandele saam water in.
Klits wit styf, vou in saam in saam bakpoeier.
Bak 25min by 180°C.


VLA VERSIERSEL
***(baie lekker)
500 ml melk
75 ml vla
sout

½ kop margien
1 kop strooisuiker
5 ml vanilla
amandelgeursel
2 tennisbeskuitjies, gekrummel
Maak vla van eerste 3 bestanddele en voeg. Verkoel.
Klits suiker en margarien en voeg by saam geursel. Versier koek. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vla-koeke.html

Joyce Koen 

Hier is ook 'n vulsel soos geplaas deur Gerome Young 
My vla maak ek bietjie dik laat afkoel klop Orley whip tot styf vou ek my Orkey whip in my custard die dikte wat ek wil he en j kan as j wil cruss pynappel gedrein in jou vla beslag inwerk. baie lekker, 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vla-koeke.html

No comments:

Post a Comment