Wednesday 27 March 2013

ERTJIE LAGIE SLAAI






ERTJIE LAGIE SLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/ertjie-lagie-slaai.html
Hierdie slaai moet verkieslik in die oggend gemaak word vir die aand, maar as dit al die vorige dag gemaak word dan is die slaai op sy lekkerste.
1 Kropslaai, in stukkies gebreek of gesny
Fyn gerasperde rou uie
Spek en sampioene in blokkies gesny en gebraai
Omtrent 6 hardgekookte eiers, gesny
500 g Gevriesde Petite Pois Ertjies (rou)
Miracle Whip of enige Mayonnaise
Gerasperde Kaas
Pak al die bestanddele in dieselfde volgorde in 'n bak, moet dit nie meng nie.
Skep die Miracle Whip oor sodat dit die slaai bedek soos 'n room.
Strooi gerasperde kaas oor**
Gillian Logan Bredenhann*. .


 


ERTJIE LAGIE SLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/ertjie-lagie-slaai.html

Georgia Strauss De Klerk
Bestanddele
1 Kropslaai Gebreek (Ek sit nie kropslaai in nie) x
Fyn gesnyde grasuie na smaak
seldery fyn opgesny
soet groenrissie klein blokkies gesny
100gr gekapte neute
500 gr Ertjies gevriesde
Strooi 2E suiker oor ertjies
Bacon gebraai en in blokkies gesny
Eiers 6 hardgekook en fyn gedruk (Gebruik so 4-5)
Mayo (Nola gemeng met kondensmelk of Miracle Whip ) Lekker dik laag.
kaas fyn gerasperde

Metode
Pak al die bestanddele in dieselfde volgorde in 'n bak, moet dit nie meng nie.
Skep die Mayonaisse/Miracle Whip oor sodat dit die slaai bedek soos 'n room.
Strooi gerasperde kaas oor.
Slaai moet verkieslik in die oggend gemaak word vir die aand, maar as dit al die vorige dag gemaak word dan is die slaai op sy lekkerste.
Jy kan mielies en wortel ook gebruik..


ERTJIE SLAAIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/ertjie-lagie-slaai.html
Sandra Blignault
Meng petite pois ertjies met gesnyee piesang en blokkies gesnyde avokado.
Meng mayo in.
Heerlik en geure komplimenteer mekaar wonderlik*
.

ERTJIE SLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/ertjie-lagie-slaai.html
Alana van Tonder
 Probeer die volgende.
Sny koue vleis in blokkies.
Sommer alle soorte deurmekaar.
Jy kan sommer worsies ook insit.
Meng met n blikkie tuinertjies en klam aaan met mayo.
* .


 


ROMERIGE ERTJIE SLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/ertjie-lagie-slaai.html

1 kg bevrore ertjies, ontdooi en dreineer
1 k cheddarkaas in blokkies gesny
1 k mozzarella kaas in blokkies gesny
1 medium rooi ui, gekap
1 k Miracle Whip of mayonnaise
sout en peper na smaak
30g spek, gaar en verkrummel

In 'n groot bak, kombineer al die bestanddele en meng goed.
Verkoel tot opdiening.
*Hoe maak ek*

No comments:

Post a Comment