Tuesday 19 March 2013

TURKISH DELIGHT / TURKSE LEKKERGOED



JENNY SE TURKISH DELIGHT 


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/03/turkish-delight-turkse-lekkergoed.html 

900 g suiker,                                       
570 ml water,
50 ml gelatine,
5 ml voedsel geursel.


Plaas water en gelatine in kastrol, los so rukkie om sag te word, plaas op stoof en voeg suiker by. Roer tot suiker op gelos is. Kook stadig sonder om te roer vr 25 min.



Haal af van stoof voeg geursel en 1 of 2 druppels kleursel by, roer deur. Laat staan 15 min. Gebruik n papier handdoek en plaas dit op mengsel, lig versigtig op, dis baie warm. Giet in 18x18 cm glas bak wat met Spray en Cook gespuit is. Los oornag. Volgende dag, sny in blokkies en rol in mengsel van 30 gr elk maizena en versiersuiker.




Tradisioneel is dit roos water en pienk kleursel.  Ekt pink sweets geursel (van bakers bin) gebruik met pienk kleursel ander komb wat ek probeer het, is heuning en amandels, pynappel of aarbei met verglansde vrugte.
 

Gaan dit nou opsny en verpak. Ruik baie lekker.

Net gou n 'update'. Het 5 pakkies met 4 blokkies in elke pakkie saam geneem na markdag Sat. Almal verkoop binne eerste 15 min. Ni gedink dit sal so gewild wees ni.

Geplaas deur: Jenny Schneigansz






TURKSE LEKKERS:     
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/03/turkish-delight-turkse-lekkergoed.html                    

(Turkish Delight)
* Lillyne Grunewald*
45ml gelatien
125ml koue water
500ml strooisuiker
190ml kookwater
4ml wynsteensuur (tartaric acid)
1 suurlemoen se sap
5ml vanielje geursel
Rooi voedselkleursel
Spons gelatien in koue water. Verhit suiker en kookwater saam tot suiker opgelos het. Voeg wynsteensuur by en verhit tot kookpunt. Laat vir sowat 5 minute kook. Roer suurlemoensap by en verwyder van hitte. Los gelatien oor warm water op en giet by. Roer deeglik en voeg geursel by. Kleur mengsel, indien verkies, met ‘n paar druppels voedsel kleursel. Giet in gesmeerde vlak bak en laat afkoel. Sny in blokke en sif versiersuiker oor.19/3/13**
Gerrie Harmse 




TURKSE LEKKERS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/03/turkish-delight-turkse-lekkergoed.html
¼ pakkie Gelatien
¼ kp Water
1 teel Lemoenessens
750g Suiker
½ kp Water
Sap van 2 suurlemoene
‘n paar druppels cochenille
 

Metode:
Sif Versiersuiker en bietjie mielieblom saam
Week die gelatien in die 1/4kp water. Sit die suiker met die ½ kp water I ‘n pan op ie stoof, roer die gelatien en lemoensap by en roer tot dit kook. Kook vir 8min en voeg die essens by.. Spoel 2 skottels in koue water af en gooi die helfte in die een skottel, roer ‘n paar druppels cochenille in die ander helfte, en gooi dit in die ander skottel. Laat dit oornag staan, sny dit in vierkantige stukke en rol dit in versiersuiker en mielieblom mengsel.  



TURKISH DELIGHT
Lewer 34 blokkies :: stoltyd is 6 uur of oornag

4 X 250 ml (4 koppies) strooisuiker ..
1 L (4 koppies) water
15ml (1 e) suurlemoensap
45 ml (3e) gelatien
500 ml (1 k) mielieblom
5 ml (1 t) kremetart
30 ml (2 e) rooswater
pienk koskleursel
250ml (1 k) versiersuiker


Spuit 'n 'n 30 x 11 x 4 cm pannetjie en voer dit met bakpapier uit 
1. Verhit die strooisuiker en 500ml (2k) van die water in 'n swaarboom kastrol. ROER AANHOUDEND tot die strooisuiker opgelos is. Doop ook 'n kwassie in water en verf die suikerkristale van tyd tot tyd van die kante van die pot af om te keer dat kristalle in die stroop beland. Plaas 'n suikertermometer in die kastrol en laat prut oor matige hitte sonder om te roer tot die stroop 125gradeC bereik. (dit sal sowat 'n halfuur duur) Roer die sap by.

2. Maak intussen in 'n ander kastrolletjie 'n pasta van die gelatien, die helfte van die mielieblom, kremetart en die orige water. Klits oor matige hitte tot die mengsel kook en verdik.

3. Haal van die hitte af en giet die stroop geleidelik by die mielieblompasta. Klits tot gemeng. Plaas terug op die stoof en laat oor lae hitte prut tot dit 100-110 grade C bereik. Roer af en toe. Dit duur sowat 15 minute en die mengsel raak 'n ligte karamel kleur.

4. Roer die rooswater en 'n paar druppels kleursel by (Jy kan die helfte ongekleur los as jy wil) Giet die mengsel in die bereide pannetjie. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Plaas in die yskas en verkoel tot gestol, verkieslik oornag.

5. Sif die orige mielieblom en die versiersuiker saam. Keer die Turkse lekkers op 'n plank uit. Sny in blokkies en rol in die mielieblom-versiersuiker mengsel. EN LEKKER EET !!!!

 Bron: HUISGENOOT

No comments:

Post a Comment