Tuesday 16 April 2013

UIERINGE GEBRAAI




SPUR UIE RINGE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/uieringe-resepte.html
Regte Resep*verwerking
Ek het so 'n ruk gelede hier gevra na 'n spuruie resep, waarna baie van julle vir my metodes gestuur het. Maar nou wil ek vir jul die regte egte spur uie metode gee. Ek het dit by 'n man gekry wat jare 'n bestuurder daar was. Ek het dit gisteraand gemaak en dis die ware jakob. Nes die Spur sin.
Sny uie in ringe en gooi in yswater vir so 'n uur en 'n half. Gooi in broodmeel en meng met hande totdat die meel sulke frimmel aan ringe maak. Gooi dit in diep olie. Maar dis uiters belangrik dat die olie baie warm is. Hou dit net mooi dop, want dit kan baie vinnig brand. En onthou om bietjie sout by die meel te gooi. Het my vingers afgeeet. En dit het die soeterige smaak ook nes die Spur sin*
Christelle Jacobs*

                                         
                                                           <SPUR ONION RINGS>


Viljoen Gesin-Family
LEKKER UIERINGE IN DEGIE
Vinnige 'tip' vir lekker uieringe.
Die pakkies pannekoek mengsel wat mens kry maak n baie vinnige en baie lekker deegie.
Maak deeg aan soos instruksie op pakkie.
Dip uie ringe en diep braai tot goud bruin

Annemarie Gaybba Lourens
Onthou om uie in n bak met yswater te gooi so uur voor jy die ringe wil maak dit maak dat die uie bros bly in die degie * http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/uieringe-resepte.html



BAIE MAKLIKE GEBRAAIDE UIERINGE RESEP

Skil 1 groot ui en dikkerige ringe en plaas in yswater in yskas.
Laat ten minste 'n uur in die yswater staan.
Vat 1 koppie koekmeelblom en gooi en plastiek sakkie.
Meng 1 koppie selfraising met 1 koppie water.
Dreineer die uieringe van die water.
Gooi eers in sakkie met koekmeel en doop dan in die bruismeel/water mengsel.
Gooi dan in warm kookolie tot mooi bruin. 20/2/10 "Kosmater"http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/uieringe-resepte.html



Lekker krakerige opgepofde uieringe!

4 uie, in 5 mm ringe gesny
500 ml bruismeel
5 ml sout
250 ml koue water
koekmeel
olie vir diep braai.

Plaas die uieringe met yswater vir 2 uur in die yskas.
Meng die bruismeel en sout en klits die koue water by tot n gladde beslag. Dreineer die uieringe.
Gooi n bietjie meel in n plastiek sak en skud die uie daarin totdat dit heeltemal bedek is.
Verhit olie oor matige hitte en doop die uieringe een-vir-een in die beslag
en braai tot bruin.
Dreineer op papierhanddoek.

Strooi nog bietjie sout of geurselsout oor.* Huisgenoot* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/uieringe-resepte.html




GEBRAAIDE UIERINGE RESEP

Henriette Wessels
Skil 1 groot ui en dikkerige ringe en plaas in yswater in yskas.
Laat ten minste 'n uur in die yswater staan.
Vat 1 koppie koekmeelblom en gooi en plastiek sakkie.
Meng 1 koppie selfraising met 1 koppie water.
Dreineer die uieringe van die water.
Gooi eers in sakkie met koekmeel en doop dan in die bruismeel/water mengsel.
Gooi dan in warm kookolie tot mooi bruin.

Claire Kotze
julle is almal verkeerd uie ringe maak mens op een manier en dis rou uie in sak gooi 2 lepels vol maizina ( cornflower) en skud en gooi in warm olie en jou uie ie beter as spur , so ook potatoes kook sag krap met vurk en skud in sak met mazina en braai in diep olie* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/uieringe-resepte.html

Uie Tooisel

2 meduim uie in dun skyfies gesny
1 eetlepel bruismeel
Genoeg olie vir diepbraai
Druk skyfies in ringetjies, voeg bruismeel by en braai tot goudbruin in diep olie.
Hierdie stap kan vroeër in die dag gedoen word maar wees net bitter versigtig aangesien die uie gou te donker word.
Sprinkel met ‘n bietjie sout terwyl dit nog warm is.
Bron: Chrisna Groenewald vir Pasella* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/uieringe-resepte.html



Annalize Dorfling Du Plessis
Week uieringe in bietjie Sprite of soda water. Sit gegeurde meel in sakkie (sout, peper, aromat) Laat uiering bietjie afdroog, gooi in sakkie meel en skud tot bedek, skud oortollige meel af en braai in warm olie* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/uieringe-resepte.html




UIERINGE

As julle volgende keer steaks braai, maak lekker uieringe daarby.
Sny 5 groot uie in ringe – halfsentimeter dik. Maak die ringe los en gooi dit in ‘n plastiek- of glashouer, gevul met ys en water, en sit in die yskas vir ‘n uur of meer.

Gooi die water af – gooi dit sommer in ‘n sif of vergietes dat die ekstra water kan afloop, en neem ‘n Ziplock, mind you, ‘n skoon winkelsak sal seker ook die truuk doen. Gooi daarin ‘n paar lepels koekmeel. Dit is om ‘n lagie te vorm tussen die gladde uie vleis, en die beslag.
Gooi ‘n paar ringe op ‘n slag in, skud rond sodat die meel die uie lekker omsingel, en dan dompel jy dit in ‘n beslag wat gemaak is met ‘n draad handklitser, 250ml bruismeel, en ‘n teelepel van tannie Ina Paarman se garlic en herb sout. Hierby gooi jy koue water en klits en verwyder klonte, totdat ‘n beslag voor jou oe vorm aanneem.
Vis die ringe uit met ‘n sosatiestokkie, of gisteraand se take away chinese chopstick! Teen die tyd moet die olie al baie warm staan en wag – gooi die ringe in die olie, laat tog net eers die beslag bietjie afloop weens vanselfsprekende redes, en dreineer op handdoekpapier as die uie goudbruin gebraai is.
Dit klink na moeite, ja, maar lekker eet is soms bietjie moeite. En mens dooi nie sommer van kosmaak nie!
Wenk: ‘n ui in kwarte gesny en by tuisgemaakte slapchips in die olie gegooi, gee ‘n heerlike geur aan daardie slapchips! As die ui te donker raak, gooi ‘n nuwe kwart in.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/uieringe-resepte.html

                                                             <Foto Helena Kruger<



OLD FASHIONED ONION RINGS


"This is an actual recipe from a former employee of a popular drive-in restaurant. Crispy coated onion rings like the pro's make!"

Ingredients
1 large onion, cut into 1/4-inch slices
1 1/4 cups all-purpose flour
1 teaspoon baking powder
1 teaspoon salt
1 egg
1 cup milk, or as needed
3/4 cup dry bread crumbs
seasoned salt to taste

1 quart oil for frying, or as needed
Directions
Heat the oil in a deep-fryer to 365 degrees F (185 degrees C).
Separate the onion slices into rings, and set aside. In a small bowl, stir together the flour, baking powder and salt.
Dip the onion slices into the flour mixture until they are all coated; set aside. Whisk the egg and milk into the flour mixture using a fork. Dip the floured rings into the batter to coat, then place on a wire rack to drain until the batter stops dripping. The wire rack may be placed over a sheet of aluminum foil for easier clean up. Spread the bread crumbs out on a plate or shallow dish. Place rings one at a time into the crumbs, and scoop the crumbs up over the ring to coat. Give it a hard tap as you remove it from the crumbs. The coating should cling very well. Repeat with remaining rings.
Deep fry the rings a few at a time for 2 to 3 minutes, or until golden brown. Remove to paper towels to drain. Season with seasoning salt, and serve. * http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/uieringe-resepte.html
Elize Steenkamp 

LOURENS SE GEBRAAIDE UIERINGE
4-6 Groterige uie,
140g Bruismeel,
5ml Sout,
250ml Koue water,
Koekmeelblom,
Kookolie vir diep braai,
Geuropwekker (Aromat)
METODE:
Sny uie in skywe wat ongeveer 5mm dik is. Maak dieuieringe los, bedek hull emet yswater en plaas 2 uur lank in die koelkas. Meng die bruismeel en sout. Klits die koue water geleidelik by en klits tot ’n gladde beslag.
Dreineer dieuieringe en skud alle water af. Gooi ’n klompie koekmeelblom in ’n plastieksakkie, plaas die nat uieringe daarin en skud totdat die ringe heeltemal met meel bedek is.
Doop die ringe een vir een in die beslag, haal hulle met ’n metaalbreinaald of toetspen uit en plaas hulle in warm, diep kookolie. Bak die ringe tot goudkleurig. Plaas die gaar ringe op kombuispapier sodat die oortollige olie daarin kan dreineer. Geur die uieringe liggies met geuropwekker. Dit dadelik voor.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/uieringe-resepte.html

Louwrens Human 


UIE RINGE

Het hierdie op een van die hordes resepte blaaie gekry.... kan nie onthou watter een nie, as dit joune is, baie dankie, dit is baie lekker, laat weet dan sit ek jou naam by:
Spur uie ringe
Sny uie fyn ringe. Laat week in Sprite Koeldrank vir ongeveer 3ure. Skud meeste koeldrank af, gooi in sakkie waarin meel en bbq spice gemeng is, skud goed in die sakkie en braai in diep olie! Heerlik. Die koeldrank gee die lekker soet smaakie!
Chantelle Geldenhuys  * http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/uieringe-resepte.html



Cindy Dowling
Ek maak dit net met gewone koekmeelblom en in n ander bakkie sit ek 2 eiers geklits. Ek sny die uie in ringe en dip dit eers in eier en dan in meel en bak in olie en sout en pepper dis heerlik * http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/uieringe-resepte.html

Manja Smit
Klits 1 eier 1 koppie meel, halwe teelepel bakpoeier, sout en peper tot smaak en melk saam tot deegie, nie styf maar ook nie slap nie. Doop lekker dik gesnyde uie ringe daarin en deep fry. Jy kan enige spice by gooi, ek geniet nogal steak and chop spice en garlic sout * http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/uieringe-resepte.html


Karen Casey
Kom ek vertel vir julle vat jou uie en sny hulle met n v slicer lekker dun skei hulle uit mekaar en gooi melk oor ja melk los dit vir so uur tot 2 in die melk dryn hulle maak seker hulle is lekker droog maak n mengsel met meel en spices net waar van jy hou en bietjie sout ek gooi dit in n bak wat seel maak seker dit seel skut en cover al die ringe ... braai in warm oilie en ek se vir julle die lekkerste uie ringe wat jy kan kry as julle dit probeer sal julle dit nooit weer anders maak nie* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/uieringe-resepte.html

No comments:

Post a Comment