Saturday 8 June 2013

MIELIEPAP

                   

LEKKER KRUMMELPAP
4,3,2,1=
4kop meel
3kop water
2tl sout
1 pot
Spuit die kastrol met ‘spray & cook’.  (Dit keer dat die pap nie vasbrand aan die kastrol nie.)
 Gooi die meel in ’n piramiede in die kokende water SONDER OM TE ROER.
Plaas die deksel op en laat kook oor stadige hitte vir ± 20 minute en roer dan die meel deur met ’n groot vurk. 
Kook vir ’n verdere 20 min. 
Hoe langer die pap kook, hoe lekkerder.  KOSMATER
KRUMMELPAP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mieliepap.html
Twee lekker pap resepte:
6 porsies
1 litre (4 k) water 
5 ml (1 tlp) sout 
500 ml ( 2 k) growwe mieliemeel 
‘n groot klont botter 
Vars gemaalde swartpeper (opsioneel) 

Kook die water en sout in ‘n kastrol of  potjie. 
Voeg die mieliemeel in ‘n keëlvormige hopie in die middel van die kokende 
water by 
Moenie roer nie. Sit die deksel op en laat op lae hitte vir 20 minute prut. 
Moet nie die deksel lig of loer nie! 
Roer na 20 minute met ‘n groot vurk en na nog twintig minute weer totdat 
die pap korrelrig en los is. 
Roer botter en gemaalde swartpeper, net voor bediening in.  .



             


STYWE MIELIEPAP 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mieliepap.html
(Mev. H. van Tulleken 1922 - “Die praktiese kookboek 
vir Suid-Afrika. 

Kook 6 koppies water,


voeg ‘n ½ teelepel sout by.

Gooi nou 2 koppies meel so droog in die middel van die kokende water, laat die droë meel so stil lê en kook dit vir ‘n uur, roer dan totdat daar nie meer klontjies in is nie. Skuif na agter toe op die stoof en laat so stadigaan gaar word. Roer af en toe, pasop vir brand. 
Dit sal ‘n bietjie droog en krummelrig wees. Roer klont botter in.



ek het n baie maklike manier om krummelpap in 9min te maak.
Ek maak dit gereeld.

2 koppies Mieliemeel
1 koppie water (jy kan dit nou meer of minder maak maar hou dit dubble/helfde verhouding)

Sit dit in 'n bak met n knippie sout en sit in mikrogolf op hoog vir 4min.
Haal uit en roer die pap, dit sal nou krummels maak.
Gooi botter in en roer. Sit terug in mikrogolf vir 5min en dis gaar!
Geplaas deur: Chanel Swanepoel

PAP RESEP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mieliepap.html
Ek het 'n pap resep wat jy nie eers nodig het vir sous nie, en dis baie lekker. Jy meng
2 koppies mielie meel,
2 koppies room,
2 koppies melk,
2 blikkies sweet corn,
2 teelepels bakpoeier en
1 teelepel sout.
Gooi dit in 'n bak en bak vir 15 minute op 180 grade.
Dan gooi jy 2 koppies gerasperde kaas bo oor en bak vir nog 45 minute.
Jul gaan baklei vir die laaste krummel.
Geplaas deur: Eugene Palmer 

Lekker resepte vir die jongergeslag


NEUTE PAP BROOD

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mieliepap.html
Neute pap brood is heerlik vir ontbyt.
Kap grondbone en of ander neute fynerig in voedsel verwerker, min of meer eweveel braai pap, sout en 1t koeksoda.
Meng met melk of water en bak in mikrogolf op hoog vir 20min.
Sny en eet net so, of met melk of yoghurt.
Jy kan vrugte of suiker voor of na die bak tyd in meng of op sit.**
Martha du Plessis*26/06/2015

No comments:

Post a Comment