Tuesday 11 July 2017

SOET SUUR KOOLSLAAI

SOET SUUR KOOLSLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2017/07/soet-suur-koolslaai.html
**eie resep Helena**
8-10 k Gekapte Kool
3 Uie fyn gekerf
1Pakkie Stirfry[net vir kleur]
METODE
Gooi kookwater oor kool, uie en stirfry en laat 15min. staan
Dreineer baie goed en gooi weer kookwater oor en laat weer 15min staan
Dreineer goed.
Kook alles tot sag met water wat dit bedek
Dreineer en voeg jou sous bestand. by en kook vir 10min.
Maak dikker met so 2-3 e Mielieblom[Maziena]*
Bottel warm in warm bottels
SOUS*
2k Asyn
1k Water
3k Suiker
1 t Sout
1/2 t Peper[halwe]
*2-3 e Mielieblom*
Baie lekker as n bottelslaai by vleis of braaivleis*Helena Kruger 11/07/2017

 


 

1 comment:

  1. Baie dankie vir die resep! Die hele week lank is ek al lus vir die koolslaai uit my kinnerdae. Gister help my ma (85) om die sous te maak. Dit het egter loperig gebly en na 'n telefoon oproep... Gooi mezina of fla poeier by. Vanoggend ontdek ek die resep en u sit mielieblom by. My ouma het net die kool in groter stukke gemaak. Dankie.

    ReplyDelete