Friday 24 November 2017

PIEKEL AARTAPPELS


PIEKEL AARTAPPELS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2017/11/piekel-aartappels.html
*My eie Verwerking Helena Kruger*
Klein Aartappels
Mosterdsaad
Droee Dille
SOUS
2 k Asyn
1 k Suiker
1 k Water
1 t sout
2 Lourierblare
Paar swart peperkorrels
1 Groot Knoffelhuisie [fyn gekap]

METODE
Kook klein aartappeltjies sag maar nie pap nie [met skil aan] en dreineer [Voeg bietjie sout by as jy dit kook]
Maak en Kook jou sous vir so 3-5min.
Strooi bietjie dille en mosterdsaad onder in jou bottel
Voeg jou gedreineerde aartappels by jou sous en kook dit vir 5min.
Pak dit stewig in jou warm bottels en strooi die anderhelfte van jou kruie bo-op en gooi die warm sousie oor..Sorg dat daar geen lugborrels tussen jou aartappels is nie..Verseel baie goed en wag 2 weke voor jy dit oopmaak..
N.S.>Ek het myne vir 2 weke op die rak gebere en toe in die yskas geplaas om dit lekker koud te kan maak
Sny dit middeldeur en gooi van jou piekel sousie oor dit..Baie lekker Kan dit ook tussen n groenslaai inpak..Helena Kruger**21/10/2017




No comments:

Post a Comment