Saturday 7 April 2018

KERRIEVIS FRIKKADELLE


KERRIEVIS FRIKKADELLE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2018/04/kerrievis-frikkadelle.html
**eie resep Helena Kruger**
500g Stokvis gestoom en gevlok [laat afkoel
2 Groot aartappels gekook [laat afkoel
1 groot wortel gekook [laat afkoel
1 ui gerasper fyn
Sous:
3 uie in skywe gesny
375ml bruinasyn [of wit]
200ml water
125ml suiker
5ml borrie
10ml kerriepoeier
5ml paprika
2.5ml sout
2t appelkooskonfyt
2e balatjang

Metode:
Meng gevlokte vis,gerasperde aartappel,gerasperde wortel en fyn ui baie goed[Hier het ek alles in my foodselverwerker geplaas en goed gemeng.Bietjie sout en peper en ook bietjie pietersielie
Maak balletjies [frikkies] en rol in meel.Plaas op n plat bak of skinbord en plaas in die yskas vir so 30min..sodat dit lekker styf kan raak
Kook nou jou sous en hou dit warm..
Braai die frikkies in lekker diep olie tot mooi bruin en plaas op n draadrakkie sodat alle olie kan dreineer
Maak jou sous warm as dit koud is en gooi eers bietjie sous onder in jou bak en  plaas gebraaide frikkies in bak en gooi jou warm sousie bo-oor..Plaas n paar gekneusde suurlemoenblare tussen in..
Laat afkoel en plaas in die yskas vir 2dae..
N.S>As die sous te min is more oggend maak weer bietjie sonder die uie en laat koud word en gooi weer bo-oor [so maak genoeg sous die eerste maal ..Laat sousie lekker tussen jou frikkies inloop..Baie Baie lekker..Helena Kruger*04/04/2018

 





2 comments: