ROSYNEBROOD
1 ½ Tlp Kitsgis
½ tlp Kaneel
3k Koekmeel
25ml Melkpoeier
5ml Sout
25g Botter
25ml Heuning of 30ml
Bruinsuiker
300ml Louwater
1 k Rosyne – pitloos;
of na smaak
VIR DIE BROODMASJIEN
Vir veiligheid, gooi
bietjie warm water oor die rosyntjies en laat staan terwyl jy die bestanddele
bymekaar gooi. Gebruik dieselfde
verstelling as vir bruin brood. Myne is 3 en die tyd is 3uur 40min. Ek laat my masjien die eerste knie siklus
doen en dan rus hy mos. Wanneer hy weer aanskakel gooi ek die rosyne by wat ek
DROOGGEMAAK het.
VIR DIE GEWONE OOND
Gooi warm water oor
die rosyne en laat staan todat jy al die ander goed gemeng het.Maak rosyne
DROOG en voeg by. Die deeg kan in ’n
menger met ’n deeghaak aangemaak word of geknie word.
Maak toe en laat rys
vir 30min. Gebruik sommer ’n houtlepel en “roer of meng” die deeg af. Plaas in
gesmeerde pan en laat weer toegemaak rys todat die pan gelyk is of sowat 30-40
min.
Bak by 180*C vir 40min.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/rosyntjiebrood.html
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/rosyntjiebrood.html
No comments:
Post a Comment