Tuesday 22 January 2013

GEELPERSKE, SPANSPEK EN GRENADELLA KONFYT

GEELPERSKE SPANSPEK KONFYT
my eie resep*
Die hoeveelhede maak so 790g (mayonnaise bottel) vol.
400g gesnyde ryp geelperskes
400g gesnyde spanspekblokkies
800g wit suiker
2 suurlemoene
1 blikkie grenadella
Sit jou vrugte in ‘n groot bak en gooi die suiker oor, laat staan  oornag, of tot suiker stroop getrek  het.  Rasper die skil van die suurlemoene by die vrugte in, voeg die grenadella by en druk die sap van een suurlemoen uit en voeg by.
Plaas op die stoof in groot kastrol en verhit stadig, roer af en toe tot suiker heeltemal opgelos is,  Kook dan die konfyt oor matige hitte, roer af en toe, en skep skuim af indien nodig.  Toets die stroop op ‘n koue piering, en sodra dit ‘n lekker dik stroop het, (so ongeveer 45min)   kan jy dit bottel in voorbereide bottels.Kosmater
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment