Friday 25 January 2013

HEEL VIS / FILETTE


Vis op 'n groentebed

500 g organiese bevrore gemengde groente van Pick ’n Pay
250 g vars botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
1 medium rooi ui (in wiggies gesny)
60 ml olyfolie
250 ml rooi lensies
500 ml water
20 ml groente-ekstrakpoeier
100 g songedroogde tamaties in olyfolie (grof gesny)
6 x 100 g stokvisfilette
6 takkies vars tiemie
gerasperde skil van 1 suurlemoen
growwesout en varsgemaalde swartpeper na smaa

Verhit die oond tot 200°C.
• Sit die bevrore groente, skorsies en ui op ’n roosterpan. Bedruip met die olyfolie. Voeg sout en peper na smaak by. Rooster in oond vir 20-25 minute tot sag.
• Sit intussen die lensies in ’n kastrol. Bedek met water en roer die ekstrakpoeier by. Bring tot kookpunt.
• Verlaag die hitte en kook sonder deksel tot droog en sag (sowat 15-20 minute).
• Haal die groente uit die oond en voeg die lensies en tamaties daarby. Roer liggies deur.
• Plaas die visfilette op die groentebed. Drup van die tamaties se olie oor vir ekstra geur. Strooi suurlemoenskil, tiemie, sout en peper oor.
• Bedek liggies met foelie en sit terug in die oond vir 15 minute of tot die vis gaar is. Die vleis moet wit wees en maklik kan vlok. Bedien dadelik.
Genoeg vir 6 persone
WENK: Die tamatie se olie kan vervang word met enige gegeurde olyfolie. Probeer gerus knoffelgegeurde olie.*Voelgoed*13/3/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html



Helena Kruger
Thaise Vis met Koolslaai
15 ml olie
4 baba-stokvisse
groente en suurlemoenwiggies, om voor te sit
Slaaisous
100 ml kanola-olie
10 ml vissous (of 3 ml sout)
40 ml suurlemoensap
20 ml bruinsuiker
Koolslaai
1/4 Chinese kool, fyngesnipper
3-4 wortels, geskil en in julienne-repies gesny
1 Gooi die olie in ’n groot pan en verhit dit oor hoe
̈ hitte. Braai die vis 1-2 minute aan ’n kant tot goudbruin.
2 Maak die slaaisous. Gooi die helfte oor die kool en wortel, meng dit deur en hou dit in die yskas tot jy gereed is.
3 Verf die vis met die res van die slaaisous. Verlaag die hitte en maak die vis gaar deur dit gereeld met die slaaisous te verf tot alles op is. Sit die vis warm voor saam met die koolslaai, groente en suurlemoenwiggies.**Idees*8/9/12 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html



Helena Kruger
VIS IN CAJUN-SOUS
Vis
sout en swartpeper
2 (½ t) borrie
2 (½ t) rissiepoeier
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
2 takkies tiemie, gekap
2 stokvisfilette, in blokkies gesny
Sous
15 ml (1 e) olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
1 groen soetrissie, gekap
10 ml (2 t) Cajun-speserye
2 x 400 g (2 blikke) gekapte tamaties
1 lourierblaar
Meng die sout en peper, borrie, rissiepoeier, vars pietersielie en tiemie in ’n middelslagbak.
Smeer dit aan die vis en sit in die yskas.
SOUS
Gooi die olie in ’n kastrol oor mediumhitte en braai die uie, knoffel en soetrissie tot die ui deurskynend is.
Roer die speserye, tamaties en lourierblaar in en laat prut 10 minute.
Sit die pot eenkant en sit dan die vis in die warm sous.
Bedek en laat stoom 10 minute of tot gaar.Sit voor.*Huisgenoot* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html



Amanda Rademeyer
kingklip vis
1kg kingklip
50ml brandewyn
250ml gerasperde cheddar kaas
1 blikkie room van sampioensop
60ml sjerrie
paprika na smaak
meng die sop brandwyn en sjerrie en gooi oor die vis in oondvaste bakskottel. Bak tot gaar en strooi dan die kaas en paprika oor. Sit terug in oond tot kaas gesmelt is.
Bedien.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html


Hake with Tomato Pesto and Crumbed Topping
INA PAARMAN RESEP
Serves 3 - 4
This recipe could not be simpler - you could even use the fish while frozen, just add another 5-7 minutes onto the baking time.
3-4 hake portions, skin and bones removed
Ina Paarman's Fish Spice
3-4 T (45-60 ml) Ina Paarman's Tomato Pesto
¾ cup (180 ml) fresh soft white breadcrumbs
½ t (2,5 ml) Ina Paarman's Chilli & Garlic Seasoning
2 T (30 ml) olive or canola oil
Butter a medium size ovenproof dish.
Adjust the oven rack to the middle position.
Preheat the oven to 190°C. Season the fish lightly, on both sides with Fish Spice.
Place, best side up, in a single layer in the ovenproof dish. Spread over the Tomato Pesto. Toss together crumbs, Chilli and Garlic Seasoning and oil. Sprinkle crumb mixture over fish.
Bake for ± 20 minutes in a pre-heated oven.
Delicious with a green salad topped with flash fried baby tomatoes. Dress with our Herb Dressing.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html



Forel gebak in foelie
Deur Barbara Joubert’
Dis die manier waarop my ma altyd forel gaargemaak het. Die spek en salie is my idee.
(sowat 10 porsies)
• 2 heel forelle, sowat 1kg elk
• 250g repiespek (streaky bacon)
• 2 suurlemoene, in skywe gesny
• 20g vars salieblare
• sowat 50g (60ml) botter, in blokke gesny
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit oond tot 180°C. Sit 'n groot stuk foelie (genoeg om 2 forelle toe te draai) in 'n oondroosterbak. Sit so 2 stukke spek, suurlemoenskywe, van die salie en botter in elke vis. Geur met sout en peper. Sit ook spek en salie bo-op en draai die vis styf toe in die foelie. Plaas in warm oond vir 25 minute. Maak foelie oop en rooster verder vir nog so 5 minute.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html

  

 Louise Groenewald
Braai van Rooi Roman
Rooi Roman het so 'n delikate smaak, ek sou nie te wild gaan met sous nie.
Ek dink egter vars suurlemoensap, egte botter, klein bietjie vars knoffel en gekapte vars kruie (pietersielie, tiemie, origanum en fennel) sal die vis baie lekker komplimenteer. Bedien met oondgebakte aartappelwiggies.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html

                                           >idee om dit te maak>foto >joyouslydomestic .com Helena Kruger
Stokvis- en Groentepakkies
Die pragtige Franse term vir hierdie pakkies is “en papillote”. Die vis word saam met groente in 'n waspapierpakkie toegemaak en dan in die oond gebak. Die inhoud word dan eintlik gaar gestoom. Hoender kan ook op die manier gaar gemaak word, asook ander vis, soos salm en mossels. Speel met jou eie kombinasies.
Vir 2 pakkies:
2 stokvisfilette
1 ui
2 medium tamaties
2 – 3 murgpampoentjies of groen- en geelpampoentjies
1 suurlemoen
sout
waspapier
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Sny die ui in dun ringetjies. So dun as wat jy dit kan kry.
Sny ook die tamaties en pampoentjies in ringe.
Skeur twee stukke waspapier af van dieselfde grootte – ongeveer 25 x 25 cm.
Pak die groente in die middel van die waspapier.
Plaas die visfilet daarop.
Sprinkel met sout en plaas dan 1 of 2 ringe suurlemoen bo-op.
Plaas nou die tweede stuk waspapier bo-op en vou al die rande om, om dit te seël. Vou dan weer van die kante in om dit rond te maak – dan is jy verseker dat dit goed geseël is.
Bak vir 15 tot 20 minute.terug na bo
* Wenk: Groentepakkies in foelie
Die pakkies werk wonderlik vir wanneer jy wil braai. Vervang net die waspapier met foelie.
Groentepakkies is dan veral suksesvol. Jy kan vir elke persoon sy eie groentepakkie maak, met enige kombinasie van groentes waarvan jy hou. Sampioene, aspersies en soetrissies is veral lekker.
Braai die vleis dan apart en eet saam met 'n groentepakkie.*Jou wereld* 17/4/12http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html


                                                             >PAPILOTTE<


Ade le
GEROOSTERDE VIS  
(Resep: Carol van Heerden Vroue-Beeld se kosskrywer)
800 g geelstert, kabeljou, tongvis, stokvis of geelbek (200 g rou vis per persoon);
15 ml meel;
5 ml bruinsuiker;
60 ml gesmelte botter.
Bolaag
62,5 ml dik mayonnaise;
60 ml gerasperde cheddarkaas;
5 ml droë mosterd;
1 eier, geskei.
Sout die vis en plaas dit 'n halfuur voor gaarmaaktyd in die yskas om ferm te word. Sprinkel 'n mengsel van meel en suiker oor en borsel gesmelte botter aan albei kante. Plaas op roosterpan wat met foelie bedek is en rooster tot net gaar aan albei kante. Meng intussen die mayonnaise, kaas, mosterd en eiergeel. Klits die
eierwit tot styf en vou dit in die kaasmengsel. Sprei die soufflé-bolaag oor die vis en verbruin onder die rooster. Sit dadelik voor. Die gereg is heerlik saam met gekookte aartappels met botter en pietersielie, en 'n tamatieslaai wat met gekapte vars of
droë basiliekruid gegeur is.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html


Ade le
KONINGKLIP IN SPINASIEPAKKIES   
(Resep: Carol van Heerden Vroue-Beeld se kosskrywer)
4 tot 6 mooi vismootjies (koningklip, stokvis of geelbek) sonder vel en ontgraat;
'n bietjie meel;
30 ml botter;
15 ml olie;
2,5 ml peper;
15 ml suurlemoensap of wynasyn;
2,5 ml gerasperde neutmuskaat;
'n knippie suiker;
1 bossie spinasie.
Sous
250 ml suurroom of joghurt;
2 eiers;
10 ml mielieblom of aartappelmeel;
knippie sout en rooipeper;
250 ml gerasperde kaas.
Sout die vis en laat in yskas om te verstewig. Sprinkel 'n bietjie meel oor die vis en soteer vinnig in olie en botter. Moet dit nie gaar bak nie die kookproses sal in die oond voortgaan. Plaas die vis eenkant en geur met peper, suurlemoenskap, neutmuskaat en suiker. Giet kokende water oor die spinasieblare om dit te verwelk. Spoel die blare onder die koue kraan af om dit af te koel en te verfris. Draai elke vismootjie in spinasieblare toe en rangskik in 'n goed gesmeerde oondskottel. Klits die suurroom, eiers en mielieblom saam. Geur met sout en peper. Giet die sous oor
die vis en sprinkel die kaas bo-oor. Bak teen 200 grade Celsius vir 30 min. tot goudbruin en gaar. Sit voor saam met jong aartappels of groen noedels en 'n kraakvars Franse slaai met 'n vinaigrette-soushttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html

Ade le
VIS IN FOELIE 
(Resep: Carol van Heerden Vroue-Beeld se kosskrywer)
'n visfilet per persoon;
botter;
suurlemoensap;
uie in ringe gesny;
tamaties in skywe gesny;
gerasperde kaas;
sout en vars gemaalde swartpeper.
Plaas elke visfilet op 'n groterige vierkant swaar aluminiumfoelie. Strooi sout en peper oor. Plaas 'n klontjie botter en 'n paar druppels suurlemoensap op elke filet. Pak tamatieskywe en uieringe bo- op. Heel bo kan 'n bietjie gerasperde kaas gestrooi word. Maak die foelie dig toe. Rooster die vis vir 15 tot 20 min. oor matige kole of in oond by 200 grade Celsius. Sit dadelik voor.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html


Ade Le
GEBAKTE VIS 
(Resepte boek uittreksel: KOM ONS KOOK)
1kg  Vis
15ml  Sout
1  Ui gekap  
5ml  Marjolein
5ml  Mosterd
5ml  Suurlemoensap
2ml  Peper
5ml  Mayonnaise
2ml  Paprika
METODE
1. Voorverhit oond tot 180C
2. Sit die vis in ‘n gesmeerde oondskottel
3. Meng die res van die bestanddele en smeer oor die vis
4. Bak in die oond tot ligbruin
5. Sprinkel paparika bo-oor http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html


Carol Elliott Claassen
BAKED FRESH TUNA
4 med. onions, finely chopped
2-4 tbsp. olive oil
2 cloves garlic, crushed
2 tomatoes, peeled, seeded & sliced Or 1 c. drained, canned tomatoes
1 c. dry white wine
Salt & pepper
Bouquet garni (bay leaf, parsley, thyme & strips of orange peel) tied in cheesecloth
fresh tuna
Lemon slices
Saute onions in oil until golden. Add garlic, tomatoes, wine, bouquet garni, salt and pepper. Cook over medium heat for 10 minutes. Pat the fish dry and remove any skin and bones.
Spread half of sauce in baking dish. Place fish on top and cover with remaining sauce. Top with several slices of lemon. Bake uncovered at 350 degrees for 20 minutes. Remove bouquet before serving.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html


Carol Elliott Claassen
FRESH TUNA
Marinade in lemon juice for an hour, roll in coarse black pepper.
Fry slowly in a small amount of veg oil with a knob of butter. When firm to the push it should be done. Leave to rest on warm plate forn 5 mins slice and serve. Should still be pink in the middle.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html


Helena Kruger
WENKE VIR VARSWATER-VIS[RIVIER]
Carol Elliott Claassen
Omdat baber sulke benerige grate het wat ook maar min is, is dit die idiale vis om te gebruik vir Kerrie vis. Le dit net oornag in melk as jy bang is vir 'n modder smaak en maak dan die Kerrie vis.
Carol Elliott Claassen
Jy kan enige piekelvis resep gebruik, soos bo, en laat net die karp vis oornag in die melk le, om van die modder smaak ontslae te raak
Carol Elliott Claassen
Suitable containers for pickling seafood include large crocks or heavy glass, enamel or plastic containers. Metal containers may cause discoloration of the pickled seafood. 01/12/11 HELENA!!http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html



Helena Kruger
Kabeljou  
ongeveer 2 tot 2.5 kg.
1 telepel knoffel vars of "chrushed"
3 eetlepels mayonaise
1 eetlepel appelkoos konfyt
2 suurlemoene se sap uitgedruk
3 eetlepels botter
Sout en vars gemaalde swart pepper na smaak.
Metode
Smelt botter appelkoos konfyt en. En suurlemoensap.
Sit vis in toeknyp rooster met foelie aan die velkant wat met die botter mengsel gesmeer is. Smeer die botter bo op ook saam met die sout en pepper na smaak. Braai oor warm kole sonder om te draai en gereeld met botter mengsel te smeer. Meng die mayonnaise en knoffel. Sodra die vis gaar is smeer mayonnaise en sit voor.
Hoop julle geniet hom.
Hein 3/1/11!!!Smaak my dit is baie lekker!!Helena 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html



BRAAI VAN HOTNOTSVSSIES 
Rynette ek het gou 'n vriendin gebel wat weet van Hotnotsvissies, Haar raad is soos volg, siende dat die vissies nou lekker vet is, kan jy hom braai oor die kole, maar los die skubbe aan, anders brand die vel, en gooi bietjie vars suurlemoensap, sout en peper oor, en eet hom dan uit sy vel en skubbe, baie lekker. Jy kan hom ook in die oond bak met sout, peper, olyfolie en vars suurlemoensap, dan is hy net so lekker. Nie nodig vir 'n sousie nie. Sy se die tyd van die jaar is Hotnotsvis baie baie lekker. Geniet.

Rynette van Vuuren Baie dankie, ek dink ek gaan hulle in die oond bak soos voorgestel. Sal laat weet hoe die vissies gesmaak het. Het in Lambertsbaai paar gekoop toe ons daar gewees het.

Rynette van Vuuren
Ek het die skubbe aangelos, sout, peper,suurlemoensap en olyfolie oorgegooi. Binne die maag weer lekker sout en peper gegooi met fyn knoffel en uie in ringe ingepak en gebak in die oond tot vel "crisp" was en toe omgedraai en weer gebak tot vel aan die anderkant ook "crisp" was. As die vis gaar is trek jy met een slag die vel af en skep jy die vis heel af van die graat. Dit was nou baie lekker gewees - baie dankie julle!

Soekie Bester
Uit die Weskus:
Vlek die vis op sy rug, pens uit. growwe sout vleiskant, 30 minute lekker dik, spoel af, winddroog, sousie van botter, suurlemoensap en suurlemoenpeper, verf terwyl braai vir so 15 minute op kole aan die vleiskant. geniet!

Hierdie vissie maak heerlike visslaai as dit koud is, ontgraat, kap uitjie in, bietjie mayonaise, druppel tabasco, lekker yskoud, sit voor op gekapte kropslaai.
 



GEBRAAIDE FOREL OP DIE KOLE 
Stop die Forel op met die volgende bestandele
4 heel Forelle, skoongemaak en ontbeen van die maag se binnekant af
1Suurlemoen
8 Repies spek, gebraai en opgekap
3 tl Pietersielie
3/4 eetlepel heelkorrel swartpeper
1/4 eetlepel pienk peperkorrels
Knippie sout na smaak
Knippie gemaalde swartpeper
Olyfolie
Growwe sout
eetlepels droe fyn gebreekte rissies by (nie rooi peper nie)
Metode:
Skil suurlemoen, gooi skille weg, sny skyfies in stukke. In n bakkie kombineer die suurlemoen, spek, pietersielie , swart en pienk peperkorrels, sout, fyn swartpeper, en meng goed fyn as moontlik, met hand nie voedselverwerker
Skep kwart van mengsel binne in elke van 4 voorbereide visse. Reig vissie toe onder met kombuis gare;Sprei aan albei kante goed met olyfolie, Smeer fyn gedroogde rooi rissies goed in oor hele vis, Sprinkel vissie goed met growwe sout, en fyn swartpeper na smaak. Laat staan in yskas vir 30 minute.
Braai oor matige kole vir so 15 minute.(hang af van grootte) Draai om en halfveer braai tyd, of tot vis vlokkerig is as jy met vurk pruk!! Kosmater Jongergeslag 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/heel-vis-filette.html

 

 

No comments:

Post a Comment