Monday 28 January 2013

KERRIE HOENDER GEREGTE



Loraine Shelley

Ek het in Dubai geleer hoe om rêrige
PAKISTANIESE HOENDER KERRIE

te maak dis heeerlikkk!!
500 g hoender vlerkies
500 g hoender boudtjies
11/2 ui opgesny
2 tamaties opgesny
2 Knoffelhuisies fyngesny
2 tot 3 kleinerige aartapels geskil en deurgesny
1/2 eetlp. curry poeier
1/2 eetlp. Cumin poeier
1/2 eetlp. Ginger poeier
1/2. Eetlp. Balls chutney
1/2 Eetlp Borrie
1 Blokkie hoender stock
Sout + Peper
COCONUT MILK POWDER !!!!! (Is ñ moet)
**Braai jou uie in olie tot gaar of deurskynend, gooi tamaties in saam met knoffel, Laat als lekker braai tot Tamaties sag is.
**Gooi al jou spices in en roer deur vir ñ minuut, gooi dan die hoender en aartappels in en meng deur, dat die hoender lekker gemeng is met die spices.
** Gooi die stock in (wat opgelos het in water) in net totdat die hoender genoeg water het Om in te kook.
** Laat dit stadig kook, sodra die aartappels sag is, gooi 2 opgehoopte coconut milk powder gemeng met 2 eetlp. Mazina ( opgelos in bietjie water), by en Laat hy lekker deur kook op stadige hitte!! Jy kan basmatiese rys saam met dit maak, of wat lekker is Paratas!!!Baie lekker geniet dit!!2/3/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriehoender-geregte.html


Kerriepotjie
2 eetlepels kookolie
2 hoenders, in stukke gesny
2 groot uie, fyn gekap
4 huisies knoffel, fyn gekap
2-3 eetlepels kerriepoeier (sterkte na smaak)
2 blikke geskilde tamaties
½ teelepel sout
1 teelepel witsuiker
1 eetlepel wynasyn
2 stukke steranys (opsioneel)
1 eetlepel appelkooskonfyt
2 handevol koljanderblare, gekap
Braai die hoender in die olie bruin. Voeg die uie en knoffel by en braai dit tot die uie sag is. Gooi die kerrie by en roer dit vir ’n paar minute deur sodat die kerrie hitte kan kry, wat dan die geure van die speserye uitbring.
Gooi die tamaties, sout, suiker, asyn, steranys en appelkooskonfyt by. Sit die pot se deksel op en laat die spulletjie prut. Onthou, hoender is geneig om fyn te kook, wat die pot dan in ’n amperse sop verander. Laat dit vir net meer as ’n uur prut, waarna die hoender gaar en geurig sal wees sonder dat dit oral in die pot rondlê.
As die saak reg is, kan jy die koljanderblare bygooi. Roer dit dan deur en skep op. As jy jou Mrs. Ball’s-blatjang by die huis vergeet het, wel, probeer volgende keer onthou. ’n Ware potjiekosmaker se Ball’s moet altyd byderhand wees... Peterjasie” Helena* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriehoender-geregte.html


Helena Kruger
Kerrie hoender van die Kalahari
8 Groot Hoenderdye (of enige snitte van keuse)
2 groot uie in ringe gesny
1 pakkie soppoeier (enige geur wat kerrie-rig is bv Vegetable curry, Chakalaka ens)
2 eetlepels sterk kerrie
2 t borrie
1/2 k Blatjang
3 e Mayonaise
3 e Appelkooskonfyt
1/2 k donker asyn
1 k Tropical Fruit Liqui Fruit sap
1 k room
1 k melk
Stel oond op 180 grade Celcius
Pak uie onder in casserole.
Pak hoenderstukke bo-op
Meng die res bestandele behalwe melk.
Gooi oor hoender en uie.
Plaas in oond vir ongeveer 2 ure of tot sappe van hoender helderkleurig loop as met mes gedruk word.
Hou die sous elke 30min dop.
Indien die sous baie dik voorkom kan die melk bygevoeg word soos nodig.
Pak hoender in opdien bak en skep uie bo-oor.
Skep klomp van die sous oor die hoender en "Grill" die honder tot dit donkerbruin is.
Dit lyk of die hoender maklik brand maar dit is net die sous wat so vinnig verkleur. Boerkos 3/7/10* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriehoender-geregte.html


Helena Kruger
HOENDER EN BABA-UI KERRIE
1.8kg hoenderstukke
1kg piekeluie
25ml matige kerriepoeier
5ml gemaalde komyn
3 lourierblare
3 selderystingels, opgekap
2 x 410g blikke opgekapte tamaties
4 wortels, opgekap
hoenderaftreksel vir kook
handvol vars koljander
Verbruin die hoender aan albei kante in ‘n bietjie olie. Verwyder en plaas eenkant. Braai die uie en speserye in dieselfde pot. Plaas die hoender terug in die pot, roer om te meng, en gooi dan die tamaties by. Prut vir 5 minute. Gooi die groente by en bedek met hoenderaftreksel. Prut, bedek vir 45 minute – 1 uur. Haal die deksel af en kook vir nog 25 minute, tot die sous verdik. Geur na smaak met sout en peper en roer die vars koljander by. Bedien warm saam met gestoomde basmatirys. Lewer 6 porsies. !!"Peterjasie" 22/1/11 Dankie Pieter!!!!Baie lekker!!Helena* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriehoender-geregte.html



Louisa Prenzler
Martha Holl van Ermelo se
Hoendersosaties

KERRIESOUS.
1 Ui in skyfies gesny
80ml Olie
1 Kop. Druiweasyn
80ml Bladjan
8Oml Bruinsuiker
12ml Kerriepoeier
1 Tel. Sout.
Mielieblom om mee te verdik.
500gr hoenderborsie Blokkies.
10 Sosatiestokkies vooraf in water geweek
Sout en peper
125gr Spekvleis.
10 droeappelkose
Braai die ui tot glanserig.
Voeg res by, behalwe die mielieblom.
Roer `n rukkie en laar heeltemal afkoel.
Geur die blokkies en gooi die mengsel oor. Roer liggies.
Marineer in yskas vir 24 uur.
Ryg nou om die beurt met spek en appelkose op stokkies.
Braai oor kole.
Verhit die marinade wat agter gebly het en roer die mielieblom by tot gestol.
Dien op saam met die sosaties.
Dis `n heerlike sosatie.*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriehoender-geregte.html





KERRIEHOENDER
(Met erkenning aan Rina Fourie-Sűpra)
Rol 2kg hoender stukkies in die volgende mengsel:
150gt koekmeel
20ml suiker
5ml hoender speserye
Aromat, sout en peper
20ml matige kerriepoeier
Plaas vleis in oondskottel en gooi die volgende sous oor:
Sous:
500ml water
150ml tamatiesous
150ml chutney
50ml worcestersous
1 pak wit uiesoppoeier
Metode:
Stel oond op 180°C. Skep vleis in oondbak met deksel en bak tot gaar. Haal deksel af en bak bruin en sous verdik is.
MIKROGOLF:
Bedek met kleefplastiek, steek 2 gaatjies bak vir 20 min. op hoog en dan weer vir 20min. op medium Bedien met rys, pasta of kapokaartappels.SA Jagtersboek* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriehoender-geregte.html

Sanchen Grobler
HOENDERKERRIE MET RYS EN GEKAPTE TAMATIE-EN-UIESLAAI 
60 ml gekapte vars koljanderblare
60 ml tamatiepuree
1 groot ui, gekap
45 ml masala
2 knoffelhuisies, fyngedruk
125 - 250 ml natuurlike joghurt
1 blik indiese tamaties of gewone heel tamaties, gekap
60 ml klappermelk
1 heel gaar hoender, ontbeen en die vleis in stukke gesny
30 ml olie
250 - 500 ml gemengde groente (Opsioneel)
15 ml suiker
Verhit olie in kastrol en braai ui en knoffel daarin tot sag, maar nie bruin nie. Voeg tamaties en tamatiepuree by, asook masalapoeier. Roer deur, verhit tot kookpunt. Verlaag hitte tot medium, laat 5 minute prut tot geurig. Voeg vleisstukkies en groente, indien gebruik, by, laat prut 10 minute.
Roer joghurt, klappermelk, koljanderblare en suiker by, laat prut nog 10 minute tot warm en geurig.
Sit voor met rys en gekapte tamatie-en-uie-slaai.
Slaai: Sny roma-tamaties en ui in blokkies, voeg 15 ml gekapte koljanderblare,
15 ml asyn en 5 ml suiker by. Meng deur* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriehoender-geregte.html

Hannalie Kitshoff
Hoenderkerrie
3 Hoenderborsies
3 groot aartappels
2 geelwortels
1 groot ui
1 piesang
1 granny smith appel
Knoffel
Sout
Peper
Gemengde kruie
Maizena
Blatjang
Kerrie poeier ± 1 opgehoopte teelepel
Borrie poeier ± 1 opgehoopte teelepel
Metode:
Kook die hoender in ± 1½ koppies water, voeg sout, peper, knoffel en gemengde kruie by.
Kook tot sag. Haal vleis uit en laat eenkant om effens aft e koel. Sny op in stukkies.
Sny aartappels in blokkies en die wortel in skyfies en kook tot sag in vleiswater.
Intussen braai gekerfte ui in bietjie olyfolie tot glaserig, voeg gerasperde appel en gesnipperde piesang by.
Voeg nou die Kerrie- en borriepoeier by en braai vir 2-3 min. Voeg nou die hoender en uiemengsel by die saggekookte groente en meng deur. Indien water min is voeg nog by. Voeg nog geurmiddels en blatjang by na smaak. Meng ongeveer 2 teelepels Maizena met ‘n bietjie melk (¼ k)en voeg by kerriepot om te verdik. Kook goed deur tot lekker sous gevorm het. Bedien op bruinrys met gestoofde vrugte.*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriehoender-geregte.html




Lorraine Weitz Brand
HOENDERKERRIE
(vir 12 vlerkies)
2-3 eetl sterk kerriepoeier (Rajah Hot)
1 tlp knoffel
2 groot uie gekap
1 tlp borrie
½ tlp rooipeper (pas aan na smaak)
1 blikkie tamatiepasta
½ tlp fyn komyn (Jirrah) (engels – cumin)
Sout en Peper
½ tlp fyn gemmer
Verhit olie in pot. Braai uie tot bruin. Gooi alles behalwe tamatiepasta by en braai STADIG saam met uie vir ± 2 minute. Moenie laat brand nie, anders raak mengsel bitter. Voeg klein bietjies water by indien dit droogbraai.
Sit die vlerkies by en voeg ± 250-500ml water by en laat prut tot vlerkies sag is. Sit paar aartappels en tamatiepasta by en kook verder tot sag. Bedien op rys met tamatie-salsa, blatjang, klapper en piesangskywe
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriehoender-geregte.html

Elize se ongelooflike lekker hoenderkerrie
[RSG RESEPTE]
Metode
Bedien 6 mense
1 middelslag hoender
3 uie
1 t botter of olie
3 gerasperde Granny Smith appels
½ koppie sultanas
1 eetl Cartwrights kerrie
1 t borrie
3 blokkies hoenderekstrak
1 suurlemoen
2 eetl appelkooskonfyt
3 t maizena
SO MAAK JY:
Kook 1 hoender stadig tot gaar in 1 liter water met sout en peper. Ontbeen en hou saam met vloeistof eenkant.
Braai in botter: 3 groot uie opgesny tot deurskynend maar nie bruin nie.
Voeg dan 3 appels by uie plus die halwe koppie sultanas. Braai so 5min.
Voeg nou 1 eetl Cartwrights kerriepoeier by plus 1 teelepel borrie. Meng goed deur.
Bedek met kookwater, net genoeg sodat mengsel net toe is met water.
Kook vir 5 min.
Voeg nou hoender met vloeistof waarin gekook is by kerriemengsel.
Voeg 3 hoenderekstrak blokkies by en kook stadig vir omtrent 20min.
Voeg sap van 1 suurlemoen by asook 2 eetl appelkooskonfyt en kook nog 5 min.
Meng 3 teelepels maizena met bietjie water en voeg by hoender en kook nog so 5min.
Bedien met rys en piesangslaai, HEERLIK! HEERLIK!** Berie Vd Velden Smith* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriehoender-geregte.html



KLAPPER HOENDER KERRIE

30 ml (2 e) olie

1 rooi brandrissie, gekap

1 groen brandrissie, gekap
30 ml (2 e) vars gemmerwortel, gekap
10 ml (2 t) borriepoeier
3 heel naeltjies
5 ml (1 t) peperkorrels
25 ml (5 t) heel koljander
5 ml (1 t) komynsaad
2 ml (½ t) mosterdsaad
1 groot ui, gekap
5 knoffelhuisies, fyngedruk
4 kerrieblare
1 blik (410 g) klappermelk
500 g hoenderfilette, in blokkies gesny
125 ml (½ k) droëklapper, gerooster
15 ml (1 e) suurlemoensap
’n hand vol vars koljander, gekap poppadums vir voorsit

METODE:
Verhit die olie in ’n kastrol.
Voeg al die saad en speserye (buiten die kerrie- en koljanderblare) by en roerbraai ’n minuut.
Voeg die ui, knoffel en kerrieblare by en roerbraai tot die ui goudbruin is.
Voeg die helfte van die klappermelk by.
Verlaag die hitte en voeg die hoender, klapper en suurlemoensap by.
Laat prut 5 minute oor matige hitte.
Voeg die oorblywende klappermelk by.
Verhit en laat prut tot die hoender gaar is.
Haal van die hitte af en voeg die gekapte koljander by.
Sit voor met poppadums.
Bron: Carmen Hendricks & No
lan Daniels
Plasing: Henriette Wessels* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriehoender-geregte.html
 

No comments:

Post a Comment