Wednesday 23 January 2013

PAMPOEN BROOD





PAMPOEN BROODJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-brood.html

500 ml Gaar pampoen fyn gedruk
125 ml Kookolie
500 ml Koekmeel
2 ml Kaneel
5 ml Koeksoda opgelos in 30 ml melk
375 ml Suiker
2 Eiers geklits
2 ml Neutmuskaat
2 ml Sout
METODE
Verhit die oond tot 180ºC
Klits die suiker en kookolie by die fyn pampoen
Voeg die eiers by en klits goed
Sif die droë bestandele saam
Roer dit by die pampoen en suikermengsel
Voeg die koeksoda en melk by
Sekp die deeg in ‘n gesmeerde broodpan
Bak vir 30 minute
Heerlik by ***Foto**Huisgenoot**


PAMPOEN BROODJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-brood.html

My weergawe
500 ml Gaar pampoen fyn gedruk
125 ml advokado olie of olie van jou keuse
250 ml Koekmeel
250ml nutty wheat
2 ml Kaneel
2.5 ml bakpoeier
5 ml Koeksoda opgelos in 30 ml melk
375 ml Suiker ( indien die pampoen reeds soet is, verminder na 250ml)
2 Eiers geklits
2 ml Neutmuskaat
2 ml Sout
METODE
Verhit die oond tot 180ºC
Klits die suiker ,olie en eiers saam en voeg by die fyn pampoen
Meng die droë bestandele saam, buiten die koeksoda. Roer dit by die pampoen en suikermengsel
Voeg die koeksoda en melk by
Skep die deeg in ‘n goed gesmeerde broodpan, en bak vir ongeveer 1 uur , of totdat die toetspen skoon uitkom.
Indien die broodjie te donker word, maak die laaste 20min toe met foil tot gaar.
Heerlik by braaivleis *Rina* 17/9/2011

No comments:

Post a Comment