Tuesday 22 January 2013

PERSKE KONFYTE


PERSKESNIPPER KONFYT
1. Sny taaipitperskes in helftes, draai die pitte uit met n teelepel en skil die vrug af. Sny dit met n skerp mes in fyn snippers en weeg dit.
2. Bedek die snippers met water. Gebruik 125 to 250 ml ...water vir elke 500 g snippers. Laat dit kook tot dit sag maar nie pap is nie (ongeveer 10 minute lank).
3. Voeg 500 g suiker vir elke 500 g snippers en 2,5 ml wynsteensuur vir 1 kg snippers by.
Roer tot die suiker opgelos is.
4. Kook dit tot die stroop, wanneer dit op n bord koud word, so dik soos olie lyk. Dit sal ook blink wees. Die hitte moet so gereguleer word dat die konfyt net matig vinnig aan die kook bly.
5. Skuim af deur n metaallepel in kookwater te steek, die taai skuim af te skep en die lepel dan weer in die kookwater af te spoel.
6. Laat die konfyt n tydjie afkoel voordat dit uitgegooi word, sodat die snippers egalig versprei is in die stroop.
7. Bottel en verseël dit*
Hannah Frauendorf Langenhoven*Kook en Geniet**Lekker Resepte vir die Jongergeslag*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/perske-konfyte.html


PERSKE SNIPPERKONFYT
750g suiker vir 900 - 1000g snippers
1 kop water [250ml]
METODE:
Kook snippers met 1 of meer koppies water tot sag.
Voeg suiker by en skep gereeld skuim af sodat kleur mooi bly.
Wanneer goudkleurig, haal gesterilliseerde bottels uit oond en bottel konfyt.
WENK:
As baie skuim - smeer margarien effens aan kante van kastrol.
BLY maar een van die lekkerste konfyte!

RESEPTE VAN GISTER deur PATSY GREYBE**Berie Smith*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*   http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/perske-konfyte.html

Hanneli Erasmus


Perskekonfyt
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/perske-konfyte.html
Kies taaipitperskes wat net ryp is. Skil hulle dun af en prik goed met n stopnaald. Laat dit 2 tot 4 uur in sout oplossing week (15 ml sout vir elke 3,4 liter water).Spoel die vrugte goed af en weeg dit. Smeer die boom van n konfytkastrol met botter of olie en pak die vrugte en die suiker in afwisselende lae daarin.
(Gebruik 2,5 kg suiker vir 3 kg vrugte en voeg die sap van 1 suurlemoen by vir dieselfde gewig vrugte.) 
Voeg 250 tot 500 ml water by vir elke 3 kg vrugte. Verhit dit stadig tot die suiker opgelos is en kook dan vinnig tot die vrugte deurskynend en helder is. Na die eerste uur kan dit stadiger gekook word. Skep dit in warm, gesteriliseerde bottels en verseël dit dadelik.
"Kook en Geniet"
Geskryf deur: chefsharkie 

No comments:

Post a Comment