Wednesday 23 January 2013

ROG BROOD


Frans Odendaal
FRANS SE ROG BROOD
Vir rogbrood gebruik ek Continental Rye wat 'n 60/40 mengsel van koring en rogmeel is en die res maar dieselfde as gewone broodresep
6 kop meel
10 gram kitsgis
450ml lou water en
50 ml olie
2 eetlepels suiker of heuning
10 gram sout
As dit gerys het en afgeknie word vorm ek 3 ronde brode wat ek op 'n bakplaat weer laat rys en dan so 40min bak.by 160*C

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/rog-brood.html

Frans Odendaal
ROGBROOD
 4X250ml rogmeel ,
2X250ml koekmeel en
een tl sout gemeng ,
en in 'n beker meng
50ml kookolie en
500ml louwarm water,
en pakkie kitsgis en
2 eetlepels suiker , en laat staan om te skuim.

Meng met die meel en knie. Laat staan tot dit dubbel die grootte gerys het en knie weer , vorm brode en laat weer rys , en bak 35min @160 grade. Ek meng rogmeel en koekmeel omrede suiwer rog nie eintlik rys nie.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/rog-brood.html

ROG BROOD
100ml lynsaad
150 ml melk
25 ml fruktose/suiker
70 ml botter/olyfolie
3 eiers
500 ml rogmeel
2 ml sout
2 ml fyn gemmer
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
Metode:
1.Plaas lynsaad in glasbottel. Voeg suiker/frukose en melk by. Berg in yskas vir1 dag
2. Meng rogmeel, sout, gemmer, bakpoeier en koeksoda
3. Smelt botter (15sekondes in mikrogolf oond op hoog, of op stoof). Klits eiers een vir een goed by. Voeg lynsaad by; meng goed. Voeg dié mengsel by meel mengsel. Sny in en meng met slaplem mes. Skep in gesmeerde pan
4. Begin oond op 180˚C; bak op 160˚C vir 1 uur. Plaas foelie in rak onder pan en nog foelie op pan na 20 minute baktyd.* 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/rog-brood.html

No comments:

Post a Comment