Monday 28 January 2013

TRADISIONELE VLEISGEREGTE

 


Helena Kruger
WILDSPOTJIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
Wildsvleis soos nek of blad of rugstring in stukke gesaag
2 uie in ringe gesny
2 knoffelhuisies gekneus
500g spekvleis, gesnipper
1 Blikkie (340 ml) bier
Sout en peper
5ml Fyn naeltjies
5ml Fyn gerasperde neutmuskaat
125ml Asyn
30 ml Worcestersous
80ml Rooiwyn
80ml Tamatiesous
80ml Vrugteblatjang
500g Aartappels
350g Murgpampoentjies
250g Wortels
250g Sampioene
Metode:
Smoor vleis en die helfte van die uie en die varkspek vir 1½ uur in `n ysterpot. Voeg die res van die uie by, asook die knoffel en die spekvleis. Roer een of twee maal deur totdat die meeste van die vet uitgebraai is. Voeg die bier by en voeg die res van die bestanddele - behalwe die murgpampoentjies, wortels en sampioene by. Bedek en smoor tot vleis byna sag is. Voeg die orige groente by, geur met sout en peper en prut nog 20 minute of totdat groente lekker sag is maak jou sousie bietjie dikker met n bietjie Mielieblom as dit te dun na jou smaak is..Helena




Helena Kruger
OUTYDSE SKAAPVLEIS KERRIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
Bestanddele
1.5 kg Skaapvleis in blokkies
4 Uie fyngekap
250 ml Kookwater
37,5 ml Appelkooskonfyt
12.5 ml Kerriepoeier
12.5 ml Suiker
12.5 ml Meel
12.5 ml Asyn
Sout en Peper na smaak
Metode
Soteer die ui in margarien tot ligbruin.
Voeg vleis by die uie mengsel.
Braai vleis tot lig bruin.
Gooi water by en laat kook vir so 1½ tot 2 ure.
Maak 'n pasta van al die ander bestanddele.
Kook tot vleis sag is….
Saam met rys of stampmiekies >>>konings!!!HELENA


 


Helena Kruger
KERRIE SKAAP AFVAL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
Mooi skoon Skaap-afval..jy kan Skaapnek ook bysit.
Plaas in Groot kastrol en gooi genoeg water op met so 4E Asyn by..
kook so 2-3h tot sag.
voeg jou aartappels en jou kerriesous by en kook tot aartappels sag is.[ek gooi 1 opgesnyde ui by as ek dit kook.]
SOUS:
2E Kerriepoeier
1E Suiker
1t Borrie
1E Worcestersous
sout en peper.
maak aan met bietjie water en gooi bo-oor die aartappels en vleis.As jou aartappels sag is ..maak so 3E Maziena aan met bietjie water en verdik jou sous in die kastrol daarmee..Lekker saam met stampmielies of rys...WHALLA!!!Helena


Helena Kruger
BEESBREDIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
1kg Beesvleis [brisket..blokkies..dikrib.]
1ui gekap
1knoffelhuisie gekneus
1blikkie gekapte tamaties
1blikkie tamatie pasta[paste]
2t suiker
2t asyn
1 t sout en swart peper na smaak
1/2k rooiwyn
1e appelkooskonfyt
1 blokkie aftreksel+1k water
3 wortels
1/2k ertjies
3 Aartappels in kwarte gesny
Metode:
Braai vleis mooi bruin...skep uit en hou eenkant...Sorteer jou ui en knoffel en voeg die vleis by...Voeg alles by behalwe jou groente en kook so 1+1/2h..of in stoompt so 45min..Voeg dan jou groente by en kook nog 20min tot alles gaar is..maak sousie dikker met bietjie mielieblom as jy wil..Bedien saam met stampmielies of rys en n lekker soet groente soos patats of pampoen...Helena




Helena Kruger
HERDERSPASTEI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
500 g gemaalde beesvleis
500 g gemaalde varkvleis sonder vet
500 ml sagte broodkrummels
250 ml melk
1 eier
1 medium ui gekap
1 knoffelhuisie gekap
10 ml sout
knippie peper
5 ml Aromat
25 ml Worcestersous
50 ml blatjang
4 medium aartappels
Metode
Meng al die bestanddele, behalwe blatjang en aartappels
Druk liggies in ‘n gesmeerde oondskottel
Bak een en ‘n half uur by 160 grade C
Maak intussen van die aartappels kapokaartappels
Smeer die blatjang oor die vleis en skep die kapokaartappels bo-op en maak met ‘n vurk ‘n growwe oppervlak.
Bak in ‘n warm oond totdat die aartappelpuntjies ligbruin is. Helena  




Helena Kruger

POFADDER 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.htmlVat die vet derm.
Lewer
Hart
Niere
knypie sout
1 eetl vars gemaalde swart peper
2 eetl vars gemaalde koljander
1 uitjie fyn gerasper
1 eetlepel worcestersous
Metode:
Vat vetderm en dop dit om dat die binnekant buite is. Krap dit mooi skoon.
Vat lewer en wat jy wil van die hart, niere en milt (opsioneel) en sny dit in klein stukkies. Geur met smaakmiddels.
Meng alles saam, stop in vet derm en braai op kole. [Jy kan dit grof maal ook].gooi growwe sout ooras dit gaar is. Van een van ons  Kosmaters.





Pofadder Wors

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html

By Jan Braai 
Posted by Kevin
Ingredients
1 lewer (bees of wild)
Peper
Steak en Chops speserye
250gram kaas
2 medium tamaties
1 groot ui
100 ml vars room
Skaap vet derm

Method
Was die lewer skoon en trek die velletjie af (dit kan langdradig wees en jy moet geduld hê).
Sny die lewer in blokkies (10mm x 10mm) Voeg peper speserye by en meng goed
Rasper kaas met ‘n growwe rasper.
Sny tamatie en ui op in klein blokkies.
Plaas alles in een bak bymekaar en meng goed.
Spoel die vet derm goed uit en sorg dat dit goed skoon is droog die derm af
Bind die een kant van die derm toe met tou stop nou die mengsel in die derm. Moet nie die derm te styf stop nie anders sal dit bars as jy dit braai. Dit moet ook nie pap wees nie. (so hard as wat jy wors stop)
Gooi die oortollige room in en bind toe met tou.
Sit die pofadder in die yskas sodat die speserye en room kan werk. (3 ure plus)
Braai op ‘n medium hitte vuur tot gaar.
Belinda Liebenberg



POFADDER 2

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html

DIE GEHEIM IS OM DIT STADIG TE BRAAI!
Op die plaas Gannavloer naby Vanwyksvlei, het André Oberholzer ons gewys om hul tradisionele pofadders te maak. Dit is ‘n vetderm wat met gemaalde lewer, hart en niertjies gestop word soos ‘n wors.
1 skaapvetderm
1 skaaphart , 2 niertjies, 1 lewer, gemaal
350g gemaalde vleis (verkieslik met bietjie vet aan)
ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
koljander, grofgemaal
Sout en swartpeper na smaak

Meng alles goed deur en stop in vetderm.
Bind oop kante toe met tou.
Braai stadig op die kole en draai gereeld om.
Belinda Liebenberg



 


Jan Kaalvoet Kotze
SUURSOUS MET LEWER EN NIERTJIES. 


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html

6 niertjies in blokkies gesny.
2 koppies lewer in blokkies gesny.
1 groot opgekapte ui.
1 koppie niervet in blokkies gesny.(opsioneel)
sout.
peper.
suiker.
maizena.
asyn.
6 heel naeltjies.
KOOKWATER
Metode:
Braai die vet tot ligbruin in n pot of kastrol ,groot genoeg vir die sous ook skep die stukke uit en... bere eenkant,gee die uitgebrande vet vir die ousie
Braai die uie tot ligbruin,in dieselfde pot,wat nou lekker geolie is,bere eenkant
Braai(roer) die lewer en niertjies tot verkleur.
Voeg nou die vet en uie by,dadelik daarna die KOOKWATER.Gooi 6 naeltjies,sout,peper en suiker in na smaak.
Kook die bedryf tot gaar(sny van die grooter stukke oop om te sien)as jy dit te lank kook is die vleis rubber.(Dan kan jy dit vir die hond gee)
NOU LUISTER MOOI;
Vat so kwart koppie asyn met opgehoopte eetlepel maizena roer tot die klonte weg is,in dieselfde koppie,jy kan koue water bygooi as dit te dik is
NOU terwyl jy die pot roer,gooi jy die asyn mengsel STADIG in.BLY ROER as hy te dun is maak nog maizena met koue water aan,gooi by.as jou bedryf te dik is gooi water by. Kook vir nog n rukkie,Bedien saam pap of brood.
Jan kaalvoet kotze


Helena Kruger
SMULLEKKER BEESSTERT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
1,25kg beesstert
4 - 6 aartappels (geskil en gehalveer)
2 uie
½ koppie gerasperde wortel
Omtrent 250ml water
15ml margarien
10ml kerriepoeier
3ml sout & peper na smaak
60ml asyn
30ml blatjang
30ml tamatiesous
30ml heuning
Metode:
Om die sous te maak
Meng die sout, peper, kerriepoeier, asyn, blatjang, tamatiesous, en heuning in ’n bak en hou eenkant tot benodig.
Gaarmaak
Braai beestert en uie in margarine tot bruin.
Voeg water by en drukkook vir omtrent een uur
Voeg aartappel en wortels by vleis .Voeg sous by vleis Drukkook 15min..Haal deksel af en prut nog 20min.sous sal dan dik en bruim wees.  Resep van een van ons KOSMATER!!


 

Helena Kruger
Baie lekker resep!!Jy kan n aartappel ook grof rasper en dit by sit of n handvol gaar rys dit rek die vleisie so bietjie.
FRIKKADELLE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
1 kg maalvleis.
1 ui fyngerasper.
1 aartappel, fyngerasper
1/2k Koekmeel [miskien bietjie meer kyk net ]
2 eiers.
2 eetl. tamatiesous.
2 eet. worcestersous.
2 eetl. bladjang.
1 tl. sout.
bietjie peper.
Metode:
Meng alles goed. Maak balletjies en bak in kookolie teen 180 Grade C, aan albei kante tot gaar.[ ek kook myne op die stoof in n bietjie water[so die helfte teen jou balletjie op] dan maak dit n baie lekker sousie..pasop dit brand.. stadig…N.S.Rol eers jou balletjies in skoon koekmeel voor jy dit in die kastrol of pan op die stoof plaas dan is dit baie lekker] O ja en moenie die balletjies te styf rol nie lekker groot losserige balle is baie lekker.. Helena


                                                    >MAROELAMEDIA<

BOBOTIE 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
1 kg beesmaalvleis
1 dik sny bruinbrood
250 ml melk
2 uie, gehalveer en in skywe gesny
30 ml sonneblomolie
15 ml matige kerriepoeier
10 ml borrie
15 ml fyn appelkooskonfyt
1 eier, geklits
30 ml witwynasyn
lourierblare
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
eier-bolaag 3 eiers, 375 ml melk,  sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Metode:
Verhit jou oond tot 180 °C. Week die bruinbrood tot sag in die melk. Maak die brood fyn met ’n vurk. Verhit die olie in ’n pan en braai uie tot sag en effens bruin. Voeg die kerriepoeier, borrie en appelkooskonfyt by en braai liggies vir sowat 2 minute. Haal die pan van die hitte af. Meng die maalvleis en brood in ’n mengbak. Voeg die uiemengsel en die res van die bestanddele behalwe die lourierblare by. Meng goed en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas die mengsel in ’n oondbak van sowat 30 x 25 cm en druk die lourierblare bo-op. Sit in die warm oond en bak vir 15 minute. Klits intussen die eiers en melk saam en geur met sout en swartpeper. Haal die bobotie uit die oond en gooi die eiermengsel oor. Plaas terug en bak verder vir nog 25 minute.  Kosmater



VOLSRUISNEK BREDIE 


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
Bestandele:
1 Kg Volstruisnek
1 stuk varkspek in blokkies gesny
2 Groot Ui in skywe gesny
4 tot 5 Aartappels in kwarte gesny
2 Wortels in ringe gesny
1 koppie rooiwyn
½ koppie beesaftreksel
Long pepper of swart peper
Sout
30 mℓ olyfolie
1 teelepel droё koljander blare of hand vol gekapte vars koljander
1 teelepel droё tiemie of hand vol gekapte vars tiemie
½ teelepel Gemaalde Koljander
⅛ teelepel Gemaalde Neut
3 Naeltjies
2 huisies knoffel
2 tot 3 loerierblare
3 tot 4 anchovie fillets
Metode:
Verhit olie in swaarboom pot, braai uie en in pot tot deurskynend en verwyder met gaaitjies lepel uit pot. Braai die volstruis nek stukke tot bruin, voeg die varkspek, anchovies, wortels en uie by en braai nog ‘n minuut of twee. Voeg die res van die bestandele behalwe die aartappels by, bring tot kookpunt. Verlaag die hitte sodat die pot net prut, laat prut vir so 1 ½ uur, voel of die vleis al sag is, indien so, voeg die aartappels by en prut tot sag.Indien nog vloeistof benodig word gedurende die kookproses, voeg bietjie water by, maar wees versigtig om nie te veel water by te voeg nie. Bedien met rys.Kosmater




HEERLIKE BORSSTROOK IN SOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
Bak eers jou Borsstrook in jou oond met sout en peper tot gaar, moenie bruin braai nie. Laat koud word en sny in dun skywe.
Sous:
2 uie gekap en gebraai in n bietjie botter
1blikkie Coke Cola
1pk Sampioensoppoeier
1k van die vleissous van die Borsstrook
1/2k Blatjang
1k Tamatiesous
Metode:
Gooi alles bymekaar nadat jy die uie gebraai het. Gooi oor jou koue vleisskywe wat jy mooi regop gepak het in n bak, laat die sous lekker tussen die skywe inloop. Plaas weer in oond tot dit goed deurwarm is. Elize van Zyl..1987...Helena


Helena Kruger
PEKEL VIR JOU SOUTVLEIS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
Kook
jou water en ander bestandele en laat afkoel!!
12kg vleis
5lt water
500ml growwe sout
25ml salpeter
90ml bruinsuiker
25mlkoeksoda
Swartpeperkorrels,
bietjie heel koljander sade,
3-4 heelwonderpeper
Metode:
Onthou om jou vleis in houers van emalje,plastiek of die
outydse erdeware te laat le en ons het altyd n mooi ronde klip in sout water gekook tot dit mooi skoon is en bo-op geplaas sodat die vleis  altyd onder pekelwater bly.Los dit vir so 7dae..hoe langer jy dit los  hoe souter sal dit wees[ groot stukke].
ek het sopas met my" Leer Moeder"
gepraat Ta Nellie Steyn en sy se 7 dae en dan kan jy weer vars resep kook ek dink ons is nou op die regte spoor 3-4 dae is vir my te min gewees..♥ Helena




Helena Kruger
GEPEKELDE BEESTONG  

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
1 beestong
3 koppies rooiwynasyn
2 knoffelhuisies, gekap
olyfolie
koppie pietersielie, gekap
teelepel basilie, gekap
takkie roosmaryn
peper
sout
Metode:
Plaas dit in n pan met net genoeg water om dit te bedek. Bring dit stadig tot kookpunt en kook vir 45 minute.
Meng bietjie olyfolie met die res van die bestandele.
Wanneer die tong afgekoel is sny jy al die vet af. Maak fyn snytjies oor die hele tong en smeer die kruiemengsel
oor. Bedek en plaas in die yskas vir vier dae.
Verwyder dit uit die yskas omtrent een uur voor jy dit gaan bedien.  Suid Afrikaans!!!26/10
 


Helena Kruger
BEEF STROGANOFF

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
1 kg beesfilet of ander biefstuk
1 ui (gekap)
1 knoffelhuisie (gekneus)
125g margarine
300g vars sampioene(gewas)
100ml koekmeelblom
5ml sout
1ml peper
250ml biefaftreksel
15ml sjerrie
250ml dik suurroom
5ml worcestersous
Metode:
Sny die beesvleis in repies, 5cm lank en so dik soos ‘n potlood. Hou dit eenkant tot benodig.
Braai die ui en knoffel in ‘n swaarboomkastrol in ‘n bietjie margarien tot sag, skep uit en hou eenkant. Voeg nog margarien by indien nodig en braai die sampioene in dieselfde kastrol tot gaar. Skep die sampioene uit en hou eenkant. Meng die koekmeelblom, sout en peper en rol die vleisrepies in die mengsel totdat dit goed daarmee bedek is. Braai ‘n paar vleisrepies op ‘n keer baie vinnig in dieselfde kastrol tot bruin en voeg margarien by soos nodig; die repies van buite mooi bruin wees maar binne steeds sappig. Skep al die gebraaide vleisrepies asook die ui terug in die kastrol, voeg die vleisaftreksel en sjerrie by en laat dit opkook. Sit die deksel op,
verlaag die hitte en prut sowat 25 minute. Haal die kastrol van die stoof af en roer die suurroom, worcestersous en sampioene by. Plaas terug op stoof en warm op oor lae hitte.
Helena!!!!!!!! Voortrekker Reseptr !!! 9/10



Helena Kruger
Ons het mos al so baie gesels hieroor
Afval 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
Karla Janse van Vuuren [Beeld]
Lochner de Kock, koskenner en groot afvalliefhebber
Sy gunsteling-afval is:
 Skaapharte:
sny die kleppe uit (dit lyk dan soos ’n beursie). Vul dit met appelkose en draai dit toe in spek. Bak of rooster tot gaar en lekker sag.
“Beeshart is ook heerlik
sny die kleppe uit, vul dit met geurige maalvleis en knoffel en draai toe in spek. Maak dit stadig oor lae hitte gaar – dis ’n goeie alternatief vir ’n Sondag-skaapboud.”
Hoenderpootjies: “Kook in hoenderaftreksel tot sag. Gee die pote ’n manikuur (verwyder die naels) en sny dan elke poot in vier dele. Sit in ’n oondpan en strooi botter, parmesaan en broodkrummels oor. Bak tot bros en eet dan die vleisies af.”
Bredie: “Maak jou gunsteling-tamatie-, waterblommetjie- of groenboontjiebredie. Kook vaalafval (sonder kerrie) en meng by die bredies. Dis ’n goeie manier vir groentjies om gewoond te raak aan die smaak

Riaan Botes
Andoeltjie

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
Neem die pens van ‘n vark, keer dit om en lê in soutwater; dit help om die slymerigheid maklik te verwyder. Maak die pens baie goed skoon en laat lê in skoon water totdat dit nodig is. Gebruik nou sowel al die afvalstukkies bees – en varkvleis as die stukkies spek en speksooltjies. Sny in dobbelsteentjies en meng met die volgende: Fyn koljander, wonderpeper, naeltjies, peper en ‘n weinig geelsuiker asook ‘n weining salpeter. Stop die mengsel nou in die pens, naai mooi toe, maar behou die fatsoen. Lê in pekelbalie 1 – 2 dae lank (hang af van grootte van pens). Haal uit en pers tussen twee planke met gewig op. Hang op in die skoorsteen om goed te laat berook. Kook soos southame.
Let Wel – Hierdie gereg het die oumense altyd in die winter maande gemaak, wanneer hulle gewoonlik bees en vark geslag het, soos die gewoonte in daardie dae was. Skaapvleis kan ook bygevoeg word. Onghou salpeter moet so min wees dat dit nie die vleis rooi maak nie! Nadat “Andoeltjie” onder die pers uitgehaal is, moet dit eers opgehang word om winddroog te word voor dit berook word.


 


Riaan Botes
Bloedwors

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
4 pond gekookte Varkvleis
3 teelepels Tiemie
1 pond gekookte varkspek
Sout en peper na smaak
2 teelepels fyn naeltjies
2 – 3 pinte varkbloed
4 teelepels marjolein (Marjoram)
Metode:
Sny vleis en spek in dobbelsteentjies, voeg al die ander bestanddele by en meng goed. Voeg genoeg sout by, mengsel moet nie vars wees nie. Stop derms met die mengsel op dieselfde manier as vir Boerwors. Kook nou die wors omtrent ‘n ¼ uur, prik met ‘n naald om te sien of die bloed gaar is. Haal uit en lê plat neer op ‘n plank om goed koud te word. Die wors word nou in die skoorsteen opgehang om dit te laat berook 



                                                            > Seriouseats.com


SKAAP OF WILDS PEERTJIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html

Ingredients
50 ml white wine vinegar
seasoned flour, for dusting
2 eggs, beaten
100 g fresh breadcrumbs
2 tbsp vegetable oil
40 g unsalted butter
1 small bunches flat leaf parsley, leaves picked from stalks
For the vegetables
1 large onion, peeled and finely sliced
3 cloves garlic, finely sliced
1 large red pepper, seeds removed, sliced
1 large yellow pepper, seeds removed, sliced
3 tbsp extra virgin olive oil
100 ml water
salt and black pepper
Method
1. With a sharp knife, split the tough skin-like muscle that surrounds each testicle and transfer to a large saucepan.
2. Cover with water and vinegar. Bring to the boil and simmer for 15 minutes, until tender. Drain and rinse under cold water until cool. Slice each testicle into 1cm thick ovals and set aside.
3. While the testicles are cooking, tip the sliced onion, garlic and peppers into a large pan. Add the extra virgin olive oil and water. Cover and cook over a high heat for about 10 minutes, until soft. Season well and set aside.
4. Toss the sliced testicles in the flour, followed by the beaten egg and finally the breadcrumbs. Heat a large pan with the vegetable oil and fry, in a single layer, for 3-4 minutes until golden. Add the butter, let it sizzle for a minute and stir in the parsley.
5. Season the testicles and serve with the stewed peppers.*
Riaan Botes
HI JULLE AS JULLE WEER N KANS KRY PROBEER DIE RESEP,BITTER LEKKER JY KAN OOK GEMSBOK OF SKAAP GEBRUIK..



 


Rene Truter Wessels
Miems van den Heever
Dit is van die vroegste jare af al in die kaap bedien
My ouma het dit gemaak my ma en nou ek ook

Bobotie

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
2 uie
kookolie of botter
1 kg maalvleis
1 sny brood
1 koppie melk
2 eiers
1 eetlepel kerriepoeier
1 ½ eetlepel suiker
2 teelepels sout
½ teelepel peper
½ teelepel borrie
2 eetlepels asyn of suurlemoensap
½ koppie pitlose rosyne
4 lourierblare of suurlemoenblare
3 eetlepels blatjang
6 amandels in kwarte verdeel opsioneel
voorverhit die oond tot 180 grade C
skil uie en kerf fyn braai dan t ot effens bruin
braai dan die maalveis saam met uie tot gaar
week die brood in melk en druk die melk uit maak die brood fun
meng al die bestandele behalwe ‘n ½ koppie melk 1 eier en die lourier blare
skep mengsel in gesemmerde oondbak
rol die blare op en steek in die mengsel in
bak ‘n uur lank
klop die eier en oorblywende melkk goed en giet oor die vleis ‘n halfuur voordat dit uit die oond kom
sit voor met blantjang en geelrys  -


                                                   KERRIE-VIS>Helena Kruger

Helena Kruger
KERRIE-VIS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-resepte-vleis.html
1kg stokvis
sout en peper
250ml koekmeel
2 eiers geklits
kookolie vir bak.
Sous:
3 uie in skywe gesny
375ml bruinasyn
60ml water
45ml suiker
5ml borrie
10ml kerriepoeier
1ml paprika
5 lourierblare
8 peperkorrels
sout na smaak..nie te veel nie!!!
Metode:
Rol vis in jou gegeurde meel...Druk jou mote een vir een in geklitste eier en braai in olie tot goudbruin...Dreineer...
Sous: Kook alles saam vir so 8-10 min....
Plaas  n laag vis ..n laag uie...n laag sous tot alles op is en plaas in yskas N.S..gebruik n glasbak of plastiek..asb. Hoe langer jou vis le hoe lekkerder is dit ..jy kan dit na dag 2 bietjie omroer stadig..Nice Helena

 





1 comment: