Saturday 26 January 2013

UIE / KNOFFEL RESEPTE





HEEL UIE IN TAMATIE EN SOETRISSIE SOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html

*Eie Resep Helena*
1.5kg Tamaties [gesny
250g soetrissies gekerf
4 Knoffel huisies gekneus
1kg Heel klein uitjies
2k Asyn
2k Suiker
1t Sout
1/4 t Selderysaad
1/4t naeltjies
1/4t neut


Kook uitjies tot gaar maar nie pap nie
Kook tamaties ,knoffel en soetrissies tot gaar
Plaas in jou voedselverwerker en kap mooi fyn
Plaas in kastrol en voeg klaar gekookte uitjies by so ook die ander bestd. en kook vir +-20min..as sousie te dun is maak bietjie dikker met 2-3t Mielieblom
Skep in jou bottels en verseel dadelik**HEERLIK* 18/5/12*Helena Chilli Kruger.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


      Foto >Helena Kruger


ROOI SLAPHAKSKEENTJIES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html

1,5 kg uitjies (laat geskilde uitjies vir 1 uur in water le..gooi af)
150 g sultanas
3/4 k suiker
1 k wit asyn
1 k water
1 blikkie tamatiepasta
50 ml kookolie
5 ml sout
'n knypie rooipeper


METODE:
Kook alles saam oor lae hitte vir +/- 1 uur. Verdik sous met 'n bietjie mielieblom wat met klein bietjie koue water aangemaak is. Laat afkoel. Eet lekker!! [of bottel dit warm in warm bottels ]"Helena Kruger"
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




PIEKEL KNOFFEL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html

Beulagh Lombard
Knoffel raak soms so groen dit kan steeds gebruik word. Gebruik my Warmkombuis resep en jou knoffel sal nie van kleur verander nie.

500g knoffelhuisies ongeskil
75ml gemmer in dun skyfies gesny

125ml growwe sout
250ml wit asyn
100ml droe wit win
15ml mosterdsaadMETODE
Plaas knoffel in kastrol bedek met water laat 2min kook
Verwyder van hitte laat afkoel
Verwyder skille
Plaas knoffel en gemmer in plastiekbak voeg sout by
Bedek met water laat 2dae staan
Dreineer spoel goed af met koue water
Meng res van bestanddele en verhit effens pak knoffel in bottels en gooi piekel mengsel oor plaas deksels op en bere op rak**08/12/2016





KNOFFEL IN MOSTERDSOUShttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html
1 k asyn
2 k suiker
1 k water
Kook goed saam.
Terwyl bogenoemde kook meng jy die mosterdsous
3 eetlepels mosterdpoeier
1 teelepel borrie
4 eetlepels mielieblom
Gooi knoffel in stroop kook 2 minute. Roer die mosterdmengsel by en kook tot dik.
Skep in bottels en seël. "Susan baie dankie!!Helena Kruger"
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 




KNOFFELASYN

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html
1 middelslag ui
3 medium tot groot knoffelhuisies
2 lourierlare
1 takkie dragon
3 heel kruienaeltjies
1ml gemaalde neutmuskaat
1ml sout
750ml wit wynasyn


METODE:
Skil die ui en kap dit baie fyn
Skil en kneus die knoffelhuisies
Laat dit saam met die res van die bestanddele 3 weke lank in 'n toe glasfles in die son trek
Skud die fles af en toe
Syg dit daarna deur en bottel en verseël die filtraat
"Helena Kruger"
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



PIEKEL KNOFFEL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html
2k Knoffelhuisies [skoongemaak]
1/4k Suiker
1 +1/2k Asyn
1/2t Mosterdsaad
1 Bayleaf
Paar swartpeper korrels
knippie sout[minder as n kwart teelepel]
METODE:
Maak jou knoffel mooi skoon en pak in jou botteltjies
Bring jou ander Bestd. tot kookpunt en gooi oor jou knoffel in jou bottel.
Haal al die blasies uit en draai styf toe
Gebruik eers oor 2 weke "Baie lekker hoe langer dit staan hoe lekkerder. "Helena  Kruger"23/4/11
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*















                                     

 
Foto> Helena Kruger








INGELEGDE UIE    EN KOMOMMERS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html

"Lizelle Lehman De Jager!!

4 groot uie in ringe gesny
1 groot engelse komkommer kook
1 kop water, gooi uie en komkommer in en kook tot droog
Voeg by:
1 kop asyn
1 kop suiker
2 eetl kerrie
2 tl mosterdpoeier
1 tl pietersielie en tiemie (opsioneel)
Kook tot suiker opgelos,moenie droogkook nie,
Meng 2 eetl mielieblom met 1 kop asyn en gooi by, kook tot verdik, bottel dadelik warm "Helena Kruger"*Lekker Resepte vir die    Jongergeslag*     
                                        


Sonja De Ridder Billson

Uie Marmelade

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html
Heerlik saam met kaas en braai vleise !!!!!
Bestanddele
1 kg uie in dik skywe gesny
Halwe kop Balsamic Asyn
Halwe kop Bruin Asyn
3 kop Bruin suiker
1/4 kop Heuning
1 kop vars uitgedrukte lemoensap met die vessel
1 Bay leaf
1 teelepel sout
Kwart kop olyf olie

Gooi als in n groot genoeg kastrol
Plaas op stoof en kook baie stadig vir 3 ure
Met deksel op roer gereeld en haal deksel laaste halfuur af
Laat oop kook totdat stropie lekker dik begin word toets in n piering tot reg
Onthou net om te roer !!!
Bottel warm .
Ek het n hele oggend spandeer om die resepie reg te kry met bestandele se byvoeg
Totdat ek tevrede was met smaak !!!!*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


UIE MARMELADE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html
Melonie Visagie
150ml olyfolie
20ml mosterdsaad
1kg rooi uie, geskil, in dun ringe gesny
25ml gemmer, vars, gerasper
2 vars lourierblare
100ml bruinsuiker
150ml rooi wynasyn
100ml rooiwyn
fyngerasperde skil en sap van 2 lemoene

Verhit die olie in ‘n groot swaarboomkastrol en soteer die uie stadig oor ‘n lae hitte tot dit sagg is (sowat 25 minute) Roer dit af en toe. Voeg die res van die bestanddle by en prut saggies tot die sappe verdik. Geur na smaak met sout en en vars gemaalde peper en laat staan 8 uur sodat die geur goed deurtrek. Skep in droë, skoon en warm flesse en bêre in yskas. Sit voor met gebraaide beesvleis, ham of kaas. *boerekos..**Lekker Resepte vir die Jongergeslag*  


UIE MARMELADE 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html
35 ml olyfolie
7 uie, in ringe gesny
85 ml heuning
65 ml balsemasyn
METODE:
Verhit olyfolie in 'n groot pan en braai uie tot deurskynend en bruin. Voeg heuning en balsemasyn by. Verlaag hitte en laat vir sowat 20 minute stadig prut tot taai.Helena Kruger" 4/8/10 



ROOIUIE MARMELADE 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html
150ml Olyfolie
1kg rooi ie, geskil en in dun ringe gesny
20ml mosterdsaad
1 duim groote stuk vars gemmer fyn gerasper
2 lourierblare
100ml bruinsuiker
150ml rooiwynasyn
100ml rooiwyn
METODE
Fyn gerasperde skil en sap van 2 lemoene
Verhit die olie in ‘n groot kastrol en soteer die uie oor lae hitte totdat dit sag is.
( Ongeveer 25min) Roer die uie van tyd tot tyd.
Voeg die oorblywende bestandele by en laat prut totdat genoeg vloeistof verdamp het sodat die mengsel dik en geurig is. (Ongeveer 30 min)
Voeg sout en varsgemaalde swartpeper na smaak by en skep of giet die marmalade in skoon, warm flesse. Seel die flesse. Bere in die yskas nadat jy die botteltjie oopgemaak het. Genoeg vir 2 x 250ml flesse.Resep verkry uit die TUIS."Kosmater *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



Helena Kruger

UIE MARMELADE 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html
Kook een deel gesnyde uie by 3 dele water tot sag maar nie pap nie.
Voeg nou 750 g suiker by elke kilogram moes.
Kook tot dik.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag *http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html

Trudie Brand

Kerrie uie 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html

4lb (ongeveer 1,8kg) uie gesnipper,
3/4 bottel asyn,
3k Suiker,
3 e Kerrie,
sout
Kook alles goed deur (die uie moenie pap gekook word nie) Verwyder van die stoof, laat afkoel en bottel (of Bottel warm en maak bietjie dik met mielieblom )
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*







UIE-PIEKELS 


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html
125ml growwe sout
1 liter water
1,5kg piekeluitjies
 kookwater
750m bruin asyn
45ml suiker
5ml sout   
10ml peperkorrels
 2 rooi brandrissies, gehalveer en pitte verwyder
60ml water. 


METODE:
 Los sout in water op en laat ongeskilde uie 24 uur in soutwater staan.
 Plaas 'n bord bo-op om uie onder water te hou.
Dreineer uie, plaas in 'n groot bak en bedek met kookwater.
 Laat 5 min. staan. Dreineer.
Sny bo- en onderkant van uie af en verwyder skille.
 Plaas in gesteriliseerde flesse.saam met jou chillies
Kook asyn, suiker, sout, peperkorrels en water en gooi oor jou styfgepakte uitjies in jou bottels.
Maak bottels droog en verseel dadelik.
Helena Kruger"11/3/11*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



Marian van Taak



My heerlike piekel uitjies.
30/4/13
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*












MOSTERT UIE
  

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html
2.75kg uie
1 kg wit suiker
50g mielieblom
30ml mostertpoeier
7ml sout
9 ekstra groot eiers
750ml wit asyn


METODE:
Skil die uie en sny dit in skywe. Maak die skywe los in ringe. Bedek die ringe met kookwater en kook dit vinnig tot deurskynend, maar nie pap nie. Dreineer die ringe baie goed. Vermeng die suiker, mielieblom, mostert en sout. Klits die eiers, voeg dit by die suikermengsel en klits dit goed totdat die suiker opgelos is. Klits die asyn bietjiesgewys by. Voeg die uieringe by, verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit ongeveer 5min tot dik en gaar, roer dit deurentyd. Bottel die slaai warm en verseel dadelik.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*






SOET GEPIEKELDE UIE
 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html
4 1/2k uie ringe gesny
1k suiker
1t sout
1k asyn


METODE:
Sny uie en gooi kookwater oor en laat 5min staan
Dreineer baie goed
Voeg alles by en meng goed. Plaas op matige hitte en prut vir so 15-20min [maar dit moet nie kook nie]
Laat afkoel en skep in bottel en plaas in die yskas
Baie lekker op worsrolletjie en Hamburger selfs saam met n gebraaide of gebakte vleisie !!!!
Helena Kruger!!!!!!Treffer! 30/9/10
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




BRUIN SUURUITJIES 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html
15 ml speserye vir suurtjies
4 heel peperkorrels
4 heel kruie naeltjies
2 ml fyn neut
stukkie heel gemmer
750 ml bruin asyn
klein uitjies
sout
witsuiker


METODE:
Bind speserye in gaasdoek toe. Giet asyn in emalje kastrol en voeg sakkie by. Verhit tot kookpunt. Kook 3 min met deksel op. Laat afkoel en verwyder sakkie. Skil soveel uitjies as wat jy wil.
Maak soutoplossing,
50 ml sout by elke 500 ml water.
Bedek uitjies daarmee en laat oornag staan.
Gooi 10 ml suiker in elke fles wat gebruik word.
Pak flesse vol uitjies en vul met asyn. Verseël en laat minstens ñ weel staan voor gebruik.!!!!!
Helena
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



Carol Elliot Claassen

PINK PICKLED ONIONS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html
2 small red onions, peeled and sliced 1/8 inch thick
1/2 tsp. course grind pepper
1/2 tsp. cumin
2 tsp. fresh oregano (or 1 tsp. dry oregano)
4 cloves of minced garlic
1/2 tsp. salt
1/3 cup apple cider vinegar
1/3 cup rice vinegar

METHOD:
Combine all ingredients in a glass bowl. Cover and put in fridge for about 2 days. They will turn bright pink and have a crunchy texture
30/7/10 

HEERLIKE ROU KERRIE-UIE!

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html
2kg uie
450ml fyn appelkooskonfyt
400ml asyn
125ml suiker
5ml kerriepoeier
5ml borrie
5ml sout
30ml Sweet-Chilli sous[ opt]

METODE:
Moenie jou uie was nie, haal net die droe buitelagies af en vee mooi skoon. Kerf dit mooi fyn [kan dit kap of in halwe ringe sny] Plaas dit in n bak en meng al jou best. en gooi dit oor. roer met n houtlepel tot dit goed gemeng is. PLaas n deksel of n skoon doek oor en laat dit oornag staan. Volgende oggend roer jy dit weer goed en skep dit in droee flesse en plaas dit in jou yskas.
N.S hoe langer dit staan hoe lekkerder word dit, gebruik dit saam met braaivleis of gebakte vis en vleis. Helena Kruger" 19/7/10 .Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
PICKLED UIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html
Riana Viljoen
Ek gebruik net bloot 1 koppie suiker op 'n bottel asyn (ek gebruik net swart druiwe-asyn,maak nie saak wat die resep sê nie).
Dit kook ek saam tot die suiker opgelos is,pak die bottels vol klein piekeluitjies (het ook-al uieringe gebruik by gebrek aan piekels) gooi die kokende asyn oor en bottel.
Ek maak ook ander groente so in,blomkool en wortelrepies is besonder lekker.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* .

Heidi Minnaar Serfontein

PIEKEL UIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html
2kg uie,
half bottel wit asyn,
2 eetl kerriepoeier,
1 tl sout,
3 koppies suiker.

Kook tot uie begin sag word, nie pap, voeg 4 eetl maziena by. Kook 1 min en bottel warm Geniet*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* .


PIEKEL UITJIES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html


Soutoplossing:

2 lt Kookwater
1½ k Sout
Gooi kookwater oor die uitjies en skil, prik met vurk en laat lê uitjies 2½ uur lank in soutoplossing.
Dreineer die uitjies.
Asynoplossing:
1½ lt Witasyn
½ k Suiker
Paar Peperkorrels

Laat opkook en voeg uitjies daarin en laat net weer opkook.
Vul die bottels tot oorlopens toe met warm mengsel.
Verseël die bottels dadelik.
Geplaas deur: Dalene Brits*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* .


Valerie Logan
Peel the small onions and make a cross at both ends of the onion so that the vinegar will soak in a bit. Put them in a plastic bowl and throw coarse salt over. Leave overnight to draw. In the morning, drain and then pour over at least one kettle of boiling water. This will keep the onion crisp for quite some time in the bottles. Pack them in the bottles and add some pickling spice, a teaspoon salt and sugar (or to taste) and pour cold vinegar to the top. Leave for a few days before using. Hope this satisfies your craving.

Of course it depends on the amount of onions you are pickling when you use the boiling water. Put them in a colander before pouring and leave to drain before bottling.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-knoffel-resepte.html

No comments:

Post a Comment