Monday 18 February 2013

MACAROONS


MACAROONS
*Sarie Kos*
12 macarons)
110 g gesifte fyn amandels
100 g gesifte versiersuiker

2 jumboeierwitte
60 g strooisuiker
pienk (of jou gunstelingkleur) voedselkleursel
aarbeikonfyt (of konfyt van jou keuse) of botterversiersel
Verhit 'n waaieroond tot 140 °C. Sif amandels (wat gesif is reeds vóór jy dit afweeg) en versiersuiker drie keer saam. Klits eierwitte tot stywepunt-stadium. Voeg strooisuiker geleidelik by eierwitte. Klits tot dit blink en baie stywe punte vorm. Vou amandel-en-versiersuikermengsel en voedselkleursel by. Vou baie deeglik in tot die mengsel 'n blink, gladde skynsel het. Skep mengsel in 'n spuitsak en spuit sirkels op 'n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Tik die bakplaat saggies op 'n oppervlak, so 3 tot 4 keer, om die mengsel eweredig te laat versprei. Bak vir 15 - 20 minute. Die koekies is gaar wanneer die buitekant hard is, maar die koekie nog effens beweeg as jy daaraan skuif. Laat afkoel op die bakplaat. Plak macaron-helftes op mekaar met die konfyt of romerige botterversiersel.
BOTTERVERSIERSEL
185 g (200 ml) sagte botter
230 g (120 ml) versiersuiker, gesif
5 ml vanieljegeursel
Room botter met 'n elektriese klitser tot wit en romerig. Voeg gesifte versiersuiker en vanieljegeursel by en meng goed deur.
Weeg al die bestanddele af met 'n skaal en gebruik altyd jumbo-eierwitte. Maak seker dat die amandels reeds gesif is wanneer jy dit afweeg. Amandels wat oorbly ná die sif kan jy sommer gebruik om 'n koek mee te bak. Elke oond verskil. 'n Waaieroond gee die beste resultate. As jy nie 'n waaieroond het nie, moet jy elke 5 minute die oonddeur vir so 10 sekondes oopmaak en dan weer toe. Die hitte is só meer konstant. Macarons is taai in die middel - dis juis die teken van 'n perfekte macaron. Jy kan macarons in enige kleur maak.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/macaroons.html

Charlotte Verwey da Silva
KLAPPER MACAROONS
500 g Klapper
1 blikkie Kondensmelk

1 tl amandel OF vanilla geursel
Voorverhit oond tot 180 grade C. Meng klapper, kondensmelk en geursel in 'n mengbak tot goed gemeng. Skep klontjies op ongesmeerde bakplaat en bak vir 10 tot 12 minute tot onderkante ligbruin van kleur is. Laat afkoel. Die macaroons bly sag en 'chewy'  



MACAROONS

Ingredients
Original recipe makes 18
 2 egg whites
 1/2 teaspoon almond extract
 1 (7 ounce) package shredded coconut (210 – 250g)
 1/3 cup white sugar
 3 tablespoons all-purpose flour
 1/8 teaspoon salt
Directions
                                                                                             
Preheat oven to 325 degrees F (165 degrees C).
Grease two baking sheets.
Whisk egg whites in a bowl until frothy; stir in almond extract.
Combine coconut, sugar, flour, and salt in a large bowl.
Lightly stir egg white mixture into coconut mixture to form a batter.
Scoop batter by the tablespoon and drop onto prepared baking sheet.
Bake cookies in the preheated oven until edges start to brown, about 20 minutes.

Transfer cookies to wire racks to cool. 

No comments:

Post a Comment