Saturday 2 February 2013

SKAAPVLEIS-PASTEIE

Skaaprugstringpastei
2kg rugstringvleis (vra jou slagter vir ’n hele skaaprugstring)
3 takkies roosmaryn (of 3 teelepels droë roosmaryn)
1 teelepel gemaalde swartpeper
240g koekmeel
1 teelepel bakpoeier sout na smaak
1-2 koppies water
80 ml botter
koue water
Verhit die oond tot 160ºC. Geur die vleis met die roosmaryn en peper (maar moenie sout bysit nie), sit dit in ’n pot met ’n styfpassende deksel, en gooi die water by.
Bak dit vir 2 uur of totdat die vleis van die been af loskom. Jy kan dit ook oor ’n vuur of op ’n matige stoofplaat kook.
Maak intussen die kors: Meng die meel, bakpoeier en sout, en vryf dan die botter met jou vingerpunte daarby in (dit moet soos broodkrummels lyk). Voeg nou net genoeg koue water by, bietjiesbietjies sodat dit ’n stywe deeg vorm. Rol die deeg ongeveer 3mm dik uit, volgens die grootte van die pasteibak.
Haal die bene uit die vleis en voeg ongeveer 1 eetlepel sout (of na smaak) by. Skep dit in ’n oondvaste bak en bedek dit met die uitgerolde pasteikors.
Bak die pastei vir 40 minute teen 180 ºC totdat die kors goudbruin is. Sit dit voor saam met kweperjellie en soetpatats of kweperblatjang. Aletta Lintvelt http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/skaapvleis-pasteie.html

KERRIE-LAM-SKENKEL-PASTEI
As jy, soos ek, versot is op lam, kerrie en pastei is die drie-in-een-gereg vir jou!
(6 porsies)
50 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, gekap
6 klein, heel lamskenkels
60 ml mediumsterk kerriepoeier
20 ml fyn koljander
2 x 400 g-blikke kersietamaties
250 ml rooiwyn
100 ml water
sout en varsgemaalde swartpeper
500 g blaardeeg
1 eier
Verhit oond tot 180 ˚C.
Gooi olyfolie in 'n warm pan en braai ui en knoffel tot lig en deursigtig.
Plaas lamskenkels in pan en braai tot goudbruin.
Gooi speserye by en braai vir nog 5 minute.
Voeg tamaties, rooiwyn en water by.
Haal van hitte af, geur met sout en swartpeper en maak dig toe met tinfoelie.
Bak in oond vir sowat 2 uur of totdat vleis van bene loskom.
Plaas gaar skenkels in 'n oondvaste bak met bene na bo.Gooi al die pansous oor.
Plaas blaardeeg bo-op skenkels en druk bene deur deeg.
Verf rand van deeg met van die eier en druk deeg stewig vas om kante van pan.
Verf res van eier oor en bak vir 20 - 25 minute tot goudbruin. Sit warm voor.
Moenie bekommerd wees as die deeg insak nie.
Dit word steeds gaar en die pansappe trek in die deeg in.
Bron: Sarie Kos
Henriette Wessels http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/skaapvleis-pasteie.html



Maré Nieuwoudt
Lamb Pie With Mustard Mash
Mouthwatering and magnificent! Lamb, mustard mash with a hint of rosemary.
Serves 4 | Preparation Time: 10 mins | Cooking Time: 50 mins
Ingredients
800 gram Potatoes 15 millilitre Wholegrain seeded mustard 30 millilitre Oil 1 Onion, chopped 2 Carrots, diced400 millilitre Water120 millilitre Milk 45 millilitre Stork margarine 500 gram Lamb mince 1 Red pepper, chopped 1 KNORR Hearty Beef Stew with Rosemary Dry Cook-in-Sauce
Instructions
In a large pan of boiling salted water boil the potatoes until soft
Drain well and mash until smooth
Add the milk, mustard and margarine
In a pan heat the oil and brown the lamb mince, onion and red pepper
Add the carrots, KNORR Fresh Ideas Hearty Beef Stew with Rosemary and water
Bring to the boil, then simmer for 10-15 minutes
Spoon the lamb mixture into an ovenproof dish and top with the mustard mashed potatoes
Bake in a preheated 200°C oven for 20-30 minutes or until golden brown and bubbling. - .whatsfordinner.co.zahttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/skaapvleis-pasteie.html


Carin Ras Wilson
Lamspastei van gaar vleis
Marlene van der Westhuizen se kookboek Oorvloed – stadskos van die Kaap.
Jy kan dit ook met oorskietlamsboudvleis maak. In daardie geval het jy ‘n bietjie meer as die 1.5kg vleis nodig.
(Bedien 10 gemaklik)
1.5kg lamsvleis, verkieslik nek- of stowevleis
2 lamskenkels
100ml goeie olyfolie
1 e eendvet of botter (opsioneel)
750ml droëwitwyn
1 wortel, geskil en in muntjies gesny
4 preie, in muntjies gesny en goed gewas
1 selderystingel met blare, gekap
1 heel knoffelknol
10 naeltjies
1 e koljandersaad, in 'n vysel gestamp
6 jenewerbessies
3 lourierblare
1t peperkorrels
1 liter hoenderaftreksel
sout en varsgemaalde swartpeper
romerige beslag*
Verhit die olie en eendvet of botter en verbruin die vleis. Voeg die wyn by en kook omtrent die helfte vinnig weg oor 'n hoë hitte. Voeg al die groente en speserye by. Bedek met die aftreksel. Prut tot dit sag is en vleis van die bene afval (sowat 3 ure).
Skep die vleis met 'n gaatjieslepel uit. Laat dit effens afkoel, ontbeen en pluis. Sif die kookvloestof en plaas terug oor matige hitte. Laat dit reduseer totdat dit 'n dikkerige sous vorm. Skep die warm sous oor die fyn vleis. Meng liggies deur. Proe en geur die vleis met sout en varsgemaalde peper. Skep die wonderlike souserige vleis in 'n gesmeerde vuurvaste bak.
Skep nou die romerige beslag versigtig oor die warm vleis en bak 30 minute by 160C of tot die beslag effens gerys het en liggies verbruin. Bedien die pastei met 'n ruim porsie gaar rys en 'n skeppie kweperjellie. Heerlik!
*Outydse pasteibeslag
Klop 3 eiers, 1 k sonneblomolie en 1 k melk deeglik en voeg dan 2 e romerige mosterd by. Vou 240g bruismeel en ‘n knippie sout liggies in die mengsel in. Nou is dit reg vir gebruik.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/skaapvleis-pasteie.html



Lamb Pie
This recipe is from the new recipe book, Oorvloed, by Marlene van der Westhuizen. Use left over meat from a lamb roast if you have – but make sure it is more than 1.5 kg’s.
1.5kg lamb, preferably neck or stew meat
2 lamb shanks
100ml olive oil
1 T duck fat or butter (optional)
750ml dry white wine
1 carrot, peeled and chopped
4 leeks, sliced
1 celery stick with leaves, chopped
1 whole head of garlic
10 cloves
1 T coriander seeds, crushed
6 juniper berries
3 bay leaves
1t peppercorns
1 L chicken stock
salt & freshly ground black pepper
creamy batter *
Heat the oil and fat or butter and brown the meat. Add the wine and boil until most of the wine evaporates. Add all the vegetables and spices. Pour over the stock. Simmer till the meat is very soft (about 3 hours).
Spoon out the meat, and when cool, debone and flake.
Strain the cooking liquid and then reduce to form a thicker sauce. Spoon the sauce over the meat. Taste and add salt and pepper, if needed. Transfer the mixture to a buttered baking dish. Bake 30 minutes at 160C or till the batter has risen lightly and is browned. Serve the pie with rice and quince jelly.
*Old-fashioned batter
Beat 3 eggs, 1 c sunflower oil and 1 c milk very well and then add 2 T creamy mustard. Fold in 240g self-rising flour and a pinch of salt. Now the batter is ready to use.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/skaapvleis-pasteie.html

No comments:

Post a Comment