Thursday 28 March 2013

PAP IN MIKROGOLF





STYWE MIELIEPAP IN MIKROGOLF OOND
Amelia Sequeira
Ons maak gereeld stywe mieliepap in die mikrogolf.
Ons gebruik die volgende resep:
1 koppie mieliemeel
3 koppies kookwater
sout na smaak
Kook 3 minute op hoog
Haal uit mikrogolf en roer
Kook weer 3 minute op hoog
Haal uit mikrogolf en roer
Kook dan vir 15 minute op medium hitte
Haal uit mikrogolf roer en bedien.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/mieliemeel-pap-in-mikrogolf.html


Armand Mynhardt-Joubert
STYWE MIELIEPAP:
250 ml Mieliemeel
400 ml Kookwater
Sout na smaak
Gooi kookwater gelydelik by mieliepap en meng goed.

Mikrogolf op 70% [med hoog] vir 5 minute.
Roer gedurende kookproses goed.
Bedek met kleefplastiek en laat staat vir 5 minute om gaar te stoom




Cheryll Geldenhuys
PAP IN MIC
Die ene is 'n wenner, het dit verlede jaar hier gekry...
. 3k mieliemeel, so 5 min droog in die mikrogolf gekook, dan gooi jy 2 t sout en 2 t bakpoeier by en meng goed.
 Laastens 1,2l kookwater met 2 el botter in opgelos by die meelmengsel.
 Kook dit in 'n toe glasbak vir 8 min, haal uit, roer deur en weer 8 min in die mikro.... en daar het jy perfekte fluffy pap... en ja, dit is BAKPOEIER wat jy insit!**14/4/13

LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/mieliemeel-pap-in-mikrogolf.html



MIKROGOLF MIELIEPAP
Stefan De Villiers
My Pa se Mikrogolf Mieliepap
1 Koppie Mieliemeel (Braaipap)
1 t sout
3 koppies kookwater
Maak dit in 'n houer met 'n deksel
Roer met 'wisk'
4min op 100% krag, roer (herhaal 4 maal (16min)
16 min op 30% krag
(Roer 'n lepel botter en/of 'n blikkie geroomde mielies (creamed sweetcorn) deur na smaak)
Vir stywe pap, gebruik 2 koppies water per koppie meel
Vir krummel pap, gebruik 1 koppie water per koppier meel, en roer met 'n vurk.
LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/mieliemeel-pap-in-mikrogolf.html


Corrie Van Rooyen
MIELIEPAP IN MIC.
 Gooi 1 koppie mieliemeel en sout na smaak in 'n mikrogolf-veilige bak van so 2 liter kapasiteit.
Voeg (opsioneel) 1 eetlepel olyfolie of kookolie of botter of margarien by. Self verkies ek olyfolie.
Gooi 3 koppies kookwater by terwyl dit fluks geroer word (anders kan dit klonterig raak)
Mikrogolf beurtelings vir 1 minuut op 'n slag, haal uit en roer goed.
Herhaal die kook minstens drie keer, of meer indien die pap nog te slap is.
Afhangende van die soort mieliemeel, het my pap al na 2 minute gaaf gaargeword.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/mieliemeel-pap-in-mikrogolf.html



Louna Rossouw Niehaus
MIELIEPAP IN MIC.
Het uiteindelik onthou om vir manlief te vra.....50ml mieliemeel, 200ml water, sout na smaak, 30sek in mikro (bedek), roer . Doen die 30sek, roer 4x. Dis vir slappap
My man (wat in die Midde Ooste werk) het dit uitgeweerk dat 40gram mieliemeel genoeg is vir een porsie. Die water hoeveelheid hang mos af van die voorkeur....krummel-, stywe- of slappap.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/mieliemeel-pap-in-mikrogolf.html


Dries Von Weidtz
Krummelpap resep
(in mikrogolfoond)
Bestandele
500ml Mieliemeel
500ml Water
7ml Sout
Metode
Meng al die bestanddele saam in glas bak.
Bedek glas bak met deksel of kleefplastiek. (indien jy kleefplastiek gebruik moet jy dit prik).
Kook in mikrogolfoond op fol sterkte vir 10 min.
Haal uit en roer met braai vurk .
Kook in mikrogolfoond op halfsterkte vir 10 min.
Haal uit en roer weer .
Kook in mikrogolfoond op halfsterkte vir 5 min.
Bedien warm en met die beste vleissous wat jy kan maak .(Heerlik by n braai)
Ek het die resep op facebook gekry en ek kan ongelukkig nie die dame se naam onthou nie. Sondag dit probeer saam met n worsie stew . Niks oorgebly nie is alwat ek kan se .(tussen 4 mense )Enjoy . Dries 

Krummelpap
Soos resep bo, maar meel en water verhouding is as volg:
2 Koppies water + 2 koppies mieliemeel
10 Minute op hoog, dan 10-minute medium-low (Deksel op vir stoom).
Roer met draadklitser of vurk.

LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/mieliemeel-pap-in-mikrogolf.html

Hawermoutpap
(Oats):
Gewone meel + water verhoudings (soos op pakkie aangedui), maar kook tot gaar sonder
deksel, plaas deksel terug vir staantyd, roer voor bediening. * Sanchen*

LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/mieliemeel-pap-in-mikrogolf.html

Lyzette Prinsloo
MIKROGOLF PAP
Neem 1 kop
1 blikkie pitmielies met die water, en
1 houertjie room(250ml)
kan 'n knypie sout bygooi
Gooi alles saam in bak en mikrogolf vir 3 min, haal uit roer en gooi klont botter in roer weer
mikrogolf weer vir 3 min haal uit gooi weer klont botter in roer en mikrogolf weer vir 3 min alles by 100%
Jy kan ook stukkies gaar wors bo-op sit met tamatiesmoor en gerasperde kaas 'n heerlike gereg.
Dit pap net so is heerlik. 

LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/mieliemeel-pap-in-mikrogolf.html

KRUMMELPAP
(In die Mikrogolf)

ek het n baie maklike manier om krummelpap in 9min te maak.
Ek maak dit gereeld.
2 koppies Mieliemeel
1 koppie water (jy kan dit nou meer of minder maak maar hou dit dubble/helfde verhouding)
Sit dit in 'n bak met n knippie sout en sit in mikrogolf op hoog vir 4min.
Haal uit en roer die pap, dit sal nou krummels maak.
Gooi botter in en roer. Sit terug in mikrogolf vir 5min en dis gaar!
Geplaas deur: Chanel Swanepoel
LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/mieliemeel-pap-in-mikrogolf.html

No comments:

Post a Comment