GROENBONE-POFFERTJIES
Helena Kruger
250ml. koekmeel
10ml bakpoeier
2 eiers
1 ui fyngekap en gebraai
125g gaar spek vleis fyngekap
2k gaar groenboontjies
bietjie sout en peper..!!! Sorry so n 1/4k melk net om nie n stywe deeg te maak nie!!
Metode:
1.Sif meel, bakpoeier, sout en peper saam.
2.Klits eiers, melk saam en roer by die meelmengsel in.
3.Roer ui, spek en bone by mengsel in.
4.Verhit n bietjie olie en braai lepelsvol van beslag tot mooi goudbruin.
Bedien met lekker Sweet Chillie sous...of suurroom met gekapte spreituie in...enige doopsous is lekker saam met poffertjie!!!!
Helena http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/groenbone-poffertjies.html
No comments:
Post a Comment