Tuesday 25 February 2014

OUMA SE TOEBROODJIE GEREG


Ouma se Toebroodjie gereg

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/ouma-se-toebroodjie-gereg.html
Ek het 12 snye brood geneem, hul lekker gesmeer met botter wat ek mosterd in gemeng het.
Op 6 van die sny het ek skywe tamatie, uie, kaas en kerrie maalvleis geplaas, sout en peper gesprinkel.
Dit toegemaak met die ander 6 snye en dit in kwarte gesny.
n Oondpan lekker botter gesmeer en die kwart stukkies regop in rye gepak.
Kaas oor gestrooi, paprika gesprinkel.
 4 eiers met 1+1/2k melk geklits, bietjie sout en peper bygegooi, en bo-oor gegooi, sodat al die broodjies nat is.
Oond toe by 180*C vir so 35-40min.
Nou ja dit vat mens rerig baie jare terug!!♥ Helena 8/6/10♥

No comments:

Post a Comment