Tuesday 1 April 2014

HEEL SKAAPBOUD IN 'N POT

HEEL SKAAPBOUD IN 'N POTJIE
Hierdie resep werk net so goed met ’n wildsboud en ’n heel hoender.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: sowat 3 uur

olie
1 lams- of varkboud
sout en vars gemaalde
swartpeper
sowat 375 ml (1½ k) warm water
250 ml (1 k) Griekse of Italiaanse slaaisous
Smeer ’n middelslag-swartpot met olie en plaas die boud in die pot. Geur met sout en peper.
Giet die water by die boud en sit die deksel op.
Laat prut die boud 2 uur op matige kole tot bykans sag.
Voeg die slaaisous by en draai die boud ’n paar keer om sodat die hele boud goed met slaaisous bedek is. Braai verder in die pot tot heeltemal sag.(Haal die deksel af sodat dit lekker bruin kan braai.) 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/heel-skaapboud-in-n-pot.html

No comments:

Post a Comment