Wednesday 7 May 2014

STROOPPOFFERTJIES



Annatjie De Lange
STROOPPOFFERS::
dit lyk en smaak baie soos oliebolle.
DEEG:
 500ml,(ongesit afgemeet) koekmeelblom,
12,5ml bakpoeier,
1ml sout,
  eier,
125ml room,
125ml melk,
15ml suiker,
kookolie vir diepbraai...

STROOP:
500ml suiker,
175ml water,
25ml suurlemoensap,
5ml kremetart,
1ml sout.

Metode
Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.  Klits eier, voeg room, melk en suiker by en meng. Voeg by meelmengsel en meng liggies met 'n slaplemmes..........Verhit kookolie tot matig warm. Skep teelepelsvol deeg in olie en braai tot goudbruin. Die olie moenie te warm wees nie, want dan verbruin die poffers vinnig. en kry hulle nie kans om binne-in gaar Te word nie.  LaaT poffers afkoel.
Gooi stroopbestanddele in die kastrol.
Roer en verhit tot kookpunt. Haal van die stoof af en dompel koue poffers in warm stroop. Plaas op n draadrak sodat oortollige stroop kan afdrup. Lewer 3 dosyn strooppoffers. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/strooppoffertjies.html

No comments:

Post a Comment