Wednesday 23 January 2013

CIABATTA



CIABATTA


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/ciabatta.html

1 kg witbroodmeel

10 ml sout
1x 10gr sakkie kitsgis

900 ml louwarm water
Plaas alles in ń groot mengbak . Roer met houtlepel tot gemeng. Maak toe met kleefplastiek en laat oornag in yskas.
Volgende dag:
Sif bietjie meel op werks oppervlak en keer deeg uit,vorm 2 brode rofweg in ovaalbrode.
Smeer bakplaat goed en laat brode daarop rys vir 1/2 uur in son.
Oond 180. Bak 1/2 uur tot mooi bruin . Laat effe afkoel en geniet!
**Rheda Vreken
*01/11/2014






BAK JOU EIE CIABATTA BROOD

Genoeg vir 4 klein brode of 2 grotes
Bereiding: 15 minute
Staantyd: 1-1½ uur
Baktyd: sowat 50-60 minute
1 kg (1 785 ml of 7 k en 85 ml) witbroodmeel
10 g (1 pakkie) kitsgis
15 ml (1 e) sout
5 ml (1 t) suiker
125 ml (½ k) olyfolie
sowat 750 ml (3 k) louwarm water
olie
ekstra broodmeel
Meng die broodmeel, kitsgis, sout en suiker in ’n groot mengbak.
Meng die olyfolie met die helfte van die louwarm water en giet by die meel.
Roer met ’n houtlepel tot die deeg sonder klonte is; giet die ekstra water by indien die deeg te styf is.
Die deeg moet loperig wees en gaan effens aan jou hande vassit.
Verf ’n bietjie olie oor die deeg, bedek en laat rys sowat 50 minute of tot dit dubbel
die oorspronklike volume is.
Voorverhit die oond tot 220 °C.
Bron: Huisgenoot
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/ciabatta.html



Ciabatta sonder moeite
Daardie Italiaanse brood wat vir my nes 'n pantoffel lyk, is eenvoudig om te maak. Pleks van spierkrag gebruik jy 'n elektriese menger - én die skoonmaakwerk ná die tyd is min.

(8 - 10 snye)
• 500g koekmeel
• 500ml water
• 1 pakkie (10 g) kitsgis
• 10g sout
• ekstra meel vir sif.

Verhit jou oond tot 220ºC. Gooi al die bestanddele in die bak van 'n elektriese menger. Gebruik die mengspaan (K-beater) en meng die beslag sowat 10 - 12 minute op volspoed totdat dit 'n bal vorm in die middel van die menger. Los beslag in bak en maak toe met kleefplastiek. Laat rys op 'n warm plek tot dubbel die volume vir sowat 30 minute. Sif 'n dik laag meel op 'n bakplaat wat gespuit is met kleefwerende kossproei. Keer deeg versigtig op die bakplaat uit. Vorm die deeg met jou vingerpunte in 'n langwerpige brood. Plaas dadelik in die oond en bak vir 20 - 25 minute of tot goudbruin en gaar.

Wenk: Die deeg is baie loperig - jy kan dit nie met jou hande knie nie.
Bron: Sarie Kos*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/ciabatta.html


CIABATTA
(witbrood wat olyfolie by kry = Ciabatta)
250g witbroodmeel
250g koekmeel
10ml sout
1 x 10g kitssuurdeeg
15ml suiker/heuning
315ml warm water
45ml olyfolie
Metode:
Stel oond op 200°C. Meng broodmeel, koekmeel, sout en suurdeeg in ‘n elektriese menger. Meng die suiker of heuning en warm water saam en voeg by die meel. Skakel die menger aan en meng goed of knie met die hande! Knie die deeg vir so 10 minute tot elasties. Plaas in groot genoeg bak om in te rys, smeer bietjie olie oor en maak toe met kleefplastiek. Laat rys tot amper dubbel die volume in ‘n louwarm plek. Knie die deeg af en voeg olyfolie by. Knie die olie goed in en vorm ‘n ovaalvormige brood.
Plaas op gesmeerde bakplaat en laat weer rys tot dubbel die volume. Bak 30 minute.
Wenk: as jy met jou vingers die kloop klop en dit klink hol, is die brood gaar.
Om Bruschetta te maak: sny die ciabatta in skywe. Maak ‘n riffelpan goed warm en rooster die snye weerskante. Bedruip met olyfolie en smeer die snye met vars
knoffelhuisies. Sit tamatieskywe, vars basiliekruidblare en skywe mozzarellakaas boop. Geur met sout en varsgemaalde peper en gooi nog olyfolie bo-oor.  SA Jagtersboek*

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/ciabatta.html



BAK JOU EIE CIABATTA-BROOD
1 kg (1 785 ml of 7 k en 85 ml) witbroodmeel
10 g (1 pakkie) kitsgis
15 ml (1 e) sout
5 ml (1 t) suiker
125 ml (½ k) olyfolie
sowat 750 ml (3 k) louwarm water
olie
ekstra broodmeel
Metode:
Meng die broodmeel, kitsgis, sout en suiker in ’n groot mengbak. Meng die olyfolie met die helfte van die louwarm water en giet by die meel.
Roer met ’n houtlepel tot die deeg sonder klonte is; giet die ekstra water by indien die deeg te styf is. Die deeg moet loperig wees en gaan effens aan jou hande vassit. Verf ’n bietjie olie oor die deeg, bedek en laat rys sowat 50 minute of tot dit dubbel die oorspronklike volume is.
Voorverhit die oond tot 220 °C.

 Bedek jou hande met ekstra olieen knie die deeg af. verdeel die deeg in 4 dele en giet dit op ’n meelbestrooide bakplaat. Neem ’n groot hand vol meel en plaas dit aan albei kante van die deeg. Gebruik die kante van jou hande om die meel onder die deeg in te werk deur die deeg effens te lig en die meel in te stoot.
Herhaal die proses met die res van die deeg. Die meel aan weerskante sal verhoed dat die brode inmekaar vloei terwyl dit bak.
Bak sowat 15 minute. verlaag die hitte tot 180 °C en bak nog sowat 20-30 minute of tot gaar.
Sit voor saam met olyfolie, balsemieke asyn en verouderde kase.
24/8/10
*
Lucia Swart-Walters*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/ciabatta.html



LOOPDEEG CIABATA BROOD
Broodbak met een arm
 Roerbrood se deeg is taai en slap. [dis soos loopdeeg][sien foto]
Brood wat nie geknie word nie, of roerbrood, is egter nie ’n nuwigheid nie. Doris Grant, ’n Britse gesondheidsfanatikus en
skrywer, het in die 1930’s reeds te velde getrek teen verfynde stysels, veral witbrood. Sy het in haar boek Your Daily Bread die lof van heelgraanbrood besing en haar resep vir ’n roerbrood gegee.(Heelgraanmeel reageer egter anders as witmeel. Weens die growwe graanomhulsels word gluten nie so maklik ontwikkel nie. Dit kan dus sonder knie, maar met suurdeeg uitrys, maar gisontwikkeling ontbreek – en dis juis daar waar geur ontwikkel word. Jy sal min of meer dieselfde bereik met bakpoeier.)Hierdie resep het in die 1960’s in Suid-Afrika baie gewild geraak en ’n ruk lank het al wat leef en beef roerbrood met heelgraan gebak. Sommige was heerlik met ’n krakerige neutsmaak, ander sommer net vaal en smaakloos. Ten eerste het die brood ’n heerlike soetsuurdeeggeur (en slegs ’n kwart teelepel gis word gebruik) en tweedens het dit ’n interessante tekstuur, baie soos ciabatta. 
  [Uit Rapport en met my aanpassings]
" Kos vir kampeerders met idees vir kampering"
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/ciabatta.html


CIABATTA
" Kos vir kampeerders met idees vir kampering"Só maak jy: Gee tyd vir die bereiding – begin die vorige middag al. Jy het ’n oondvaste bak met ’n deksel nodig vir die bak. Ek gebruik een van my platboomysterpotte. Dit is toe te skryf aan die toe, warm pot dat die brood ’n heerlike kors ontwikkel. Met gewone brode plaas jy gewoonlik ’n bak met water onder in die oond, wat dan stoom ontwikkel vir ’n krakerige kors. Die Franse bak hul baguettes in ’n spesiale stoom-broodoond en as ek in Frank-ryk kom, is my verhemelte altyd die eerste drie dae rou van die behoorlike korse aan hul brood. Daar is net een stukkie lastigheid rondom die resep: om die deeg in die pot te kry. Maar ek sal verduidelik. Hierdie resep pas jy aan by die grootte van jou pot – dink aan die hoeveelheid meel en dan die helfte van die volume in water met so ’n knertsie ekstra by. Vir my pot gebruik ek vyf koppies meel en die pot hou drie liter water.
BESTANDDELE:
5 koppies broodmeel

 ¼ teelepel kitsgis
2¾ koppies louwarm water
1 teelepel suiker (ek gebruik heuning)
sout
MAAK SO:
Gebruik ’n groot mengbak en meng die meel en sout (en suiker, as jy dit gebruik) daarin.
Los die gis en heuning in die lou water op en laat staan vir tien minute – net om die gis aan die gang te skop. Voeg die water by die meelmengsel en roer met ’n houtlepel tot alles deeglik gemeng is.
Die deeg sal baie taai en slap wees.
Maak die bak met kleefplastiek toe en laat die deeg rustig sy ding doen teen kamertemperatuur, vir minstens 12 uur, maar liefs tot 18 uur lank. Ek steek my hande (natterig) van tyd tot tyd in die deeg om dit om te keer. Teen dié tyd sal die deegmengsel vol borrels en mooi uitgerys wees.
Nou moet die deeg uitgelig word, maar wees versigtig. Ek gebruik een van my baie dun kerfblaaie van plastiek en sprinkel dit deeglik met meel.
Plaas die deeg op die meelbedekte plaat en vorm dit liggies in ’n balvorm. (Iemand sê hy gebruik ’n meelbestrooide vadoek, maar dit werk nie vir my nie.
Die slap deeg bly vassit aan die lap, selfs met meel daarop.)
Maak die deeg met ’n lap toe en laat dit weer vir 2 uur rys. As jy jou vinger liggies in die deeg druk en die deeg spring weer terug, het dit genoeg gerys.
Sit jou pot of oondbak ’n halfuur voordat die deeg uitgerys is in die oond teen 220ºC.
Die pot moet baie warm word.
Dop die deeg versigtig om in die warm houer en moenie skrik as dit lyk asof dit ’n treinsmesj is nie.
Skud net die pot liggies, sit die deksel op en plaas weer in oond.
Bak vir 30 minute, verwyder deksel en bak vir nog 15 tot 30 minute tot bruin.
Soos alle brode moet die uitgekeerde brood hol klink as jy op die boom daarvan klop.
Die kraakvars kors is te danke aan die stoom wat in die pot gevorm word.
Vir oop brode plaas ons ’n bak met kookwater in die oond wat dan stoom afgee. Sny en geniet en laat die komplimente inrol
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/ciabatta.html

No comments:

Post a Comment