Wednesday 23 January 2013

ROER BROOD



ROERBROOD:
Berie Vd Velden Smith
 [OUMA BEER EIE RESEP] VINNIG EN MAKLIK!
Moeg gewag vir deeg wat moet rys, wel hier is jou antwoord en die broodjie is heerlik. [Hierdie outjie het nou net uit die oond gekom.]
3 x 250ml nutty wheat meel
2 x 250ml koekmeel
5ml sout
25ml suiker
25ml koeksoda
25ml witasyn
300ml melk
200ml Amazi/karringmelk
MAAK DAN SO:
Voorverhit oond tot 180°C.
Smeer middelslag broodpannetjie of spuit met kossproei.
Voeg alles in ‘n mengbak en meng goed deur met ‘n houtlepel.
Skep deeg in jou broodpannetjie.
Bak vir ongeveer 1 uur of tot gaar.
Toets na 45 minute, want party oonde bak vinniger as ander.
Keer uit op draadrak, bedek met skoon vadoek en laat afkoel.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/roer-brood.html

ROER BROOD
500 ml Koekmeel
500 ml Melk
7 ml Koeksoda
10 ml Suurlemoensap
500 ml Volkoringmeel
60 ml Bruinsuiker
15 ml Sout
Papawersaad
METODE
Verhit die oond tot 190ºC
Smeer ‘n broodpan goed met botter
Meng al die bestandele saam
Skep in die broodpan
Spinkel papawersaad bo-oor Maklik en vinnig!!!
♥ Helena 8/8/10 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/roer-brood.html


ROER BROOD
Lynne Taljaard
Hier is dit Helena: Dit is basies dieselfde as Petra se brood maar kry heuning, olie en suiker by.
1kg Koekmeel
10g Kits Suurdeeg
3 teelepels suiker
1 teelepel sout
900ml louwarm water
1 Eetlepel heuning
1 Eetlepel kookolie
Meng droe bestandele in bak.
Meng heuning en olie in lou water.
Meng die louwarm water mengsel met meel mengsel en roer tot gemeng.
Gooi in gesmeerde broodpan en laat rys.
Bak 1 uur by 180°C.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/roer-brood.html


 


AARTAPPEL BROODJIE
450ml meel
3 tl bakpoeier

3 medium aartappels geskil en gerasper
Hoogvol koppie gerasperde kaas
1 eier,
80ml to 100ml melk (ja dit is reg – nie te veel melk nie)
1 pakkie potato bake (enige geur)

Ek gooi ook so 4 repies spek (rou) gekap in (opsioneel)
Meng deur en knie sommer met die lepel tot alles goed gemeng is
Smeer jou pot/broodpannetjie binne lekker dik botter
Oond 180C vir 40 na 50 minuteMaak beslag met gemaak 2x aan vir groter brood in jou swartboom potjie

*Lekker Braai*Deon*

1 comment: