Tuesday 22 January 2013

DADEL EN PEER KONSERF

DADEL EN PEER KONSERF
500g ryp pere
400g dadels
2 uie
250ml ligbruinsuiker
1 kaneelstokkie
250ml bruin asyn
100ml water
5ml sout
Skil en ontkern die pere en kap hulle fyn
Verwyder die dadelpitte en kap dit ook fyn
Kap die uie fyn
Plaas die pere,dadels,ui,suiker,kaneelstokkie,asyn,water en sout in 'n groot pot
Meng tot die suiker heeltemal opgelos is.
Laat kook en prut 10min of tot die mengsel verdik
Giet die konserf in voorbereide bottels en verseel dadelik. 

SA Tuin *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment