Tuesday 22 January 2013

GROENTAMATIE KONFYT



GROEN TAMATIE EN CHILLI KONFYT
Helena Kruger 02/05/13
<GROEN TAMATIE EN CHILLI KONFYT

Corrie Van Rooyen
Sny 500 gram groen tamaties in klein blokkies van so 1/2 sentimeter.
Sny 500 gram groen rissies in snytjies ook van so 1/2 sentimeter


Plaas oornag in 'n kastrol met
1 kg witsuiker
1 teelepel fyn sout goed gemeng.


Voeg volgende dag genoeg water om die spul net-net te bedek,(dis die maat wat ek nie van seker is nie - nog nooit gemeet nie. Ek dink so 2 koppies kan dalk genoeg wees) en voeg sap van 1 suurlemoen by.
Bring tot kookpunt, en laat stadig prut totdat die konfyt tekstuur reg is (maklik vir iemand wat ken van konfyt kook - ek weet tannies het allerhande toetse met lepels en pierings en goeters - maar ek weet nie juis veel van dit af nie - kyk maar so met die oge)
Moenie te veel roer nie, tog bietjie om te keer dat dit nie brand nie.
N.S> Ek gebruik gewoonlik 50/50 tamaties - dis baie sterk, maar 'n wenner op kaasbeskuitjies met amper enige soort kaas, van roomkaas deur cheddar to bloukrans.

Om dit ligter te maak, gebruik bloot meer tamatie en minder rissies.*** Corrie Van Rooyen01/05/13*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/green-tomato-jam.html



GROENTAMATIE-FYNKONFYT
Bedek 2,75 liter gesnipperde groen tamaties met warm water, verhit dit tot kookpunt en kook dit 5 minute lank. Dreineer die tamaties goed en gooi die water weg.
Roer 1.6 kg wit suiker by die tamatiesnippers en sit dit vir 3 uur of langer opsy om stroop te vorm.
Dreineer die stroop in ’n kastrol en kook dit vinnig sonder ’n deksel tot draadstadium...( wanneer ’n bietjie stroop tussen die duim en voorvinge oopgetrek word en bros drade vorm.)
Sny 2 suurlemoene met skil en al in dun skyfies op en verwyder die pitte. Voeg die tamatiesnippers en suurlemoenskyfies by die stroop en kook dit tot helder en dik.
Skuim af indien nodig, verwyder die suurlemoenskyfies... bottel die konfyt warm en verseël dit *Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/green-tomato-jam.html


Green tomato jam
1kg green tomatoes
750g jam sugar
2 lemons, juice only
Wash the green tomatoes. Add to boiling water for 40 seconds, cool slightly and and then peel. Cut into quarters. Mix them with the sugar and lemon in a large casserole and set aside for 12 hours.
The next day, cook the jam on low heat for 30 minutes, stirring often, because the jam will stick to the pot very quickly!
Fill jars (previously boiled in hot water), wipe the edges of the jars and close them tightly.

Chanel Pringle*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/green-tomato-jam.html

 

Ek het die keer net die Chillies uitgelos...en dit is baie lekker 21/4/14

GROEN TAMATIE EN CHILLI KONFYT
Corrie Van Rooyen
Sny 500 gram groen tamaties in klein blokkies van so 1/2 sentimeter.
Sny 500 gram groen rissies in snytjies ook van so 1/2 sentimeter
Plaas oornag in 'n kastrol met
1 kg witsuiker
1 teelepel fyn sout goed gemeng.
Voeg volgende dag genoeg water om die spul net-net te bedek,(dis die maat wat ek nie van seker is nie - nog nooit gemeet nie. Ek dink so 2 koppies kan dalk genoeg wees) en voeg sap van 1 suurlemoen by.
Bring tot kookpunt, en laat stadig prut totdat die konfyt tekstuur reg is (maklik vir iemand wat ken van konfyt kook - ek weet tannies het allerhande toetse met lepels en pierings en goeters - maar ek weet nie juis veel van dit af nie - kyk maar so met die oge)
Moenie te veel roer nie, tog bietjie om te keer dat dit nie brand nie.
N.S> Ek gebruik gewoonlik 50/50 tamaties - dis baie sterk, maar 'n wenner op kaasbeskuitjies met amper enige soort kaas, van roomkaas deur cheddar to bloukrans.
Om dit ligter te maak, gebruik bloot meer tamatie en minder rissies.*** Corrie Van Rooyen01/05/13*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/green-tomato-jam.html

No comments:

Post a Comment