Thursday 28 February 2013

MAALVLEIS GEREGTE

MAALVLEIS GEREGTE

HEERLIKE MAALVLEIS GEBAK
*Radio Namakwaland*

Oond 180 gr C.

Braai 1 groot gekapte ui en 500 gr maalvleis in bietjie olie tot vleis gaar is.
Skep in oondvaste, diep bak, ek vat sommer my casserol.
Skep paar lepels blatjang van jou keuse oor, en smeer gelyk.
Gooi 1 koppie rou rys oor en sprinkel half telepel sout oor
Gooi 1 blikkie groentesop bo-oor en volg met 1 blikkie geroomde sampioene. Gooi nou 2 koppies kookwater bo-oor en bak vir 1 en half uur.
Sit voor met groente of slaai.*28/2/13*
Gerrie Harmse
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte_28.html


LOS FRIKKADELLE
Henriette Wessels
Mens kry seker baie Frikkadel resepte maar die een is my ma s'n en aai hy is heerlik!
1 Tamatie skil af en gerasper
750gr Maalvleis
1 Ui gerasper
100 ml hawermout
150ml melk
25ml asyn
25 ml worchestersous
7 ml sout
Peper na smaak
2ml Tiemie (opsioneel ek het nie altyd)
1 pak tamatie soppoeier
500 ml water
Meng alles behalwe die sop en water
Rol balletjies en sit in gesmeerde pan
Maak sop met water aan
Gooi oor frikkadelle
Bak 60-90 min by 180°C met foelie oor
Haal foelie die laaste 15 min af sodat dit frikkadelle lekker kan verbruin!
Bron: My ma se resep!!!! Geniet baie!

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte_28.html



EENPOT MAALVLEISGEREG
MET CHAKALAKA EN BUTTERNUT:
[KREATIEWEKOSIDEES]
ABSOLUTE WENNER EN DIS GOU EN MAKLIK!
Braai 2 uie en paar sampioene gekap saam met
500gr maalvleis,
sout en peper tot gaar in ‘n groot pot.
Gooi by :
1 blikkie Chakalaka met butternut of chakalaka met mielies by en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droë spaghetti/noedels bo-oor. Gooi nou kookwater bo-oor die mengsel sodat die water bokant die maalvleis en pasta mengsel lê.
Stel jou plaat na ongeveer 4.  Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous. As spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers of mozarella en ‘n geel kaas bv Chedder of gouda. Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.
Bedien met broodjie en mengelslaai.
Jy kan enige pasta gebruik, dit is nie nodig vir spagetti nie, ek het al elbow en macaroni gebruik.
Die foto is om en by 'n illistrasie van hoe die dis lyk, net meer witsous en kaas bo-oor.
Geplaas deur: Berie Vd Velden Smith

Lekker resepte vir die jongergeslag
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte_28.html 



HOOI MIET
Bestanddele:
 Rys;
mince;
 tamatie;
uie;
simba chips;
pynappel;
chutney;
 kondensmelk;
mayonaise;
kaas;
groen en rooi soetrissie.

Metode:
 Maak rys gaar en plaas dit in 'n bak en dan maak mens mince gaar en plaas dit ok in 'n bakkie. Sny dan groente op en plaas elk in aparte bakkies(tamatie apart ens.) Meng dan chutney; kondensmelk en mayonaise saam om 'n lekker sousie te maak. Skep eers rys en dan mince op en volg met groente. Gooi dan heerlike sousie oor als.
Waarskuwing skep slegs 1 lepel van als in want dit maak mens gou vol. Geniet dit


No comments:

Post a Comment