Thursday 28 February 2013

KOFFIE - KOEKE






KOFFIE-CARAMEL KOEK.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koffie-koeke.html
6 eiers, geskei

1 ½  kop suiker
Klits gele en suiker saam tot romerig
3/4 kop warm water
3eetl kakao
3/4 kop olie
Los kakao in water op. Voeg olie by. Voeg by eiermengsel 
1 ½ kop koekmeel 
1tl sout
3tl bakpoeier
1tl vanilla
Voeg by bg mengsel
Klits eierwitte styf en vou in
Gooi in gesmeerde tertbak
Bak by 180 vir presies 35 minute
Gooi vlge warm stroop oor sodra uit oond kom:
2kop suiker
2kop water
1tl vanilla
2groot eetl koffiepoeier, kook stroop vir 5 minute
Laat afkoel na stroop oorgegooi is, smeer 1 blik carameltreat oor, dan geklopte orley whip en krummel flake oor....yummy
Elize Marais 



KOFFIE BRANDEWYN MET KARAMEL BOLAAG.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koffie-koeke.html
Die een bak ek in n oondbak.

250.ml suiker 
4 ekstra groot eiers 
Knippie sout 
375.ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
10.ml koffiepoeier 
30.ml margarien 
60.ml water
60.ml melk
5.ml vanielje geursel

Sous 
500.ml water
210.ml suiker
30.ml koffiepoeier 
50.ml brandewyn
5.ml vanielje geursel

Bolaag
1 blik karamel kondensmelk 
1 pakkie karamel poeding (instant)
400 .ml koue melk

Verhit oond 180C....Klits eers suiker goed saam toe lig en dik totdat suiker opgelos is......sif sout , meel, bakpoeier , koffiepoeier saam en voeg by eiermengsel. Verhit margarien water en melk saam, voeg vanielje geursel by. Meng met die meelmengsel nou goed. Bak vir 30min.
Verhit nou die water, suiker, koffiepoeier toe kookpunt, voeg brandewyn en vanielje geursel by. Prik koek wanneer uit oond kom en gooi sous oor.
Laat goed afkoel. Maak jou karamel poeding aan en klits karamel kondensmelk by. Smeer op koek. Gooi lekker flake oor.
Rita Schellingerhout



SJOKOLADE/KOFFIE KOEK MET STROOP:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koffie-koeke.html
250ml koekmeel
2 Eetlp fyn koffie poeier
60ml kakao
125 kookwater
2 groot eiers
200ml suiker
60ml olie
10ml b/poeier
½ tlp sout

Metode:
Meng suiker,olie & eiers goed saam met elektriese menger. Meng droe best saam. Voeg by eiermengsel & meng goed. Gooi kookwater by & klits goed. 
Verhit oond tot 180C. Smeer langwerpige pyrex bak & giet beslag egalig in. Bak vir 20-25min tot toetspen skoon uitkom. Haal uit & plaas bak op draadrak om af te koel. 
STROOP:
Kook alles saam:
250ml water
60ml vanilla
200ml suiker
2 Eetlps koffie poeier.
Bring net tot kookpunt tot suiker opgelos is. Giet oor afgekoelde koek. Maak gaatjies in koek met vurk. Laat afkoel. Smeer laag karamel oor of styfgeklopte room of altwee. 
Sny in vierkante wanneer gereed vir opdien.

Rita Schellingerhout 





Moira Botha Dyer
Hier is 'n maklike en heerlike Sjokolade/koffie koek: Ek maak hom enkel aan, ( die resep kan dubbel gemaak word afhangende van jou keuse)
60 ml kakao
125ml kookwater
2 groot eiers
200ml suiker
60 ml olie
10ml b/poeier
 halwe teelepel sout
1 tafellepel poeier koffie.
 Metode:
Sif meel, b/poeier en sout saam.
 Meng eiers, olie en suiker goed saam.
 Meng kakao en koffie in kookwater (los deeglik op) laat effens afkoel.
 Meng eier mengsel en koffie mengsel om die beurt by meelmengsel.
 Meng goed. As nie dubbel gemaak het nie gooi mengsel in gesmeerde of gespuite langwerpige pyrex bak, maak gelyk en stamp so paar keer om borrels te verwyder.
Bak in voorverhitte oond 180gr so 20-25min of tot gaar.
Haal uit en plaas op rak. Maak sous aan terwyl koek bak.
Kook saam
250ml water
15ml Vanilla
200 suiker totdat suiker opgelos is.
Wanneer koek uitkom giet kokende stroop eweredig oor koek en laat afkoel
Wanneer koek koel is smeer karamel eweredig oor en dan Orley Whip (of regte room as jy verkies). Heerlik!!!*28/2/13 



Hannie Beetge
Hi Magda, die is my resep wat ek al baie jare gebruik, en hoe langer die koek staan, hoe lekkerder word hy!! 
SJOKOLADE KOEK MET CARAMEL EN ROOM TUSSENIN EN BO-OP
250ml Kookwater. 
Meng goed en plaas in yskas om af te koel!
 4 Eiers geskei. 
1 en 'n half koppies Suiker. 
Klits gele eers en voeg suiker bietjies bietjies by! 
Gooi 'n half koppie(125ml) kookolie by eier mengsel, die afgekoelde kakao en 
1 t Vanilla essens by en meng goed deur! 
450ml Koekmeel, 
3t Bakpoeier en 
knippie sout! 

Meng in 'n bak en sit of whisk deur! Gooi die meelmengsel by die kakao mengsel en klits goed deur! Klits eierwitte tot sagte punte vorm en vou in deeg in! 
Bak vir 25-30 minute in oond, 180 grade C! Die beste is om jou pan uit te le met waspapier en spuit met Spray n Cook!
 Laat heeltemal koud word, plaas een laag op bord, smeer met Caramel, smeer ander laag ook met Caramel, maar op 'n ander bord of nog op die afkoel rakkie! 
Klits 250ml room styf met bietjie suiker indien verkies! 
Smeer helfte van die room op die 1ste laag op die bord, plaas dan die 2de laag bo-op en smeer die res van die room bo-op! Tik die room liggies met die agterkant van 'n lepel of met die platkant van 'n mes! Frummel Flake of Milo bo-oor, of koek glitter!
Plaas in yskas om die room te laat set! Geniet! Die koek kan vir tot net meer as 'n week in die yskas staan, en hoe langer hy staan, hoe lekkerder word hy!!! Altyd baie moist!sal vir jou 'n foto van die koek stuur! Dis devine, hoor!

No comments:

Post a Comment