Anna Se Bruinsous:
(Bekende sous by pastei van die parkstasie restaurant)
Bestanddele:
900g ertjiemeel
3 pakkies beesstertsop
500g Bisto
900g koekmeel
Metode:
Sif die bestanddele drie keer saam.
Hou dit in 'n houer in die yskas en haal uit wanneer jy dit wil gebruik, byvoorbeeld:
Braai 1 ui saam met 'n bietjie maalvleis.
Meng 1 koppie van die droë bestanddele met bietjie water en maak 'n pasta.
Plaas in kastrol by vleis en uie, roer goed, en voeg water by om 'n lekker sous te vorm.
Bedien oor enige vleis.
(RSG)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/anna-se-bruinsous.html
BRUINSOUS
Maggie De Castro
Rys, vleis, aartappels – en bruinsous:
Hierdie
lekker bruinsous kan by enige vleisgereg voorgesit word, maar dit proe
veral lekker by hoenderborsies of skaapboud en rys.Jy het nodig vir 4 mense:
2 eetlepels botter
1 eetlepel koekmeel
1 blokkie hoender- of beesvleisekstrak, opgelos in 1 koppie kookwater
sout en peper na smaak
Pasop
vir klonte. Smelt die botter in ’n kastrolletjie en roer die meel in
tot dit glad is en ligbruin begin word. Gooi die vleisekstrak stadig by
terwyl jy dit deurentyd met ’n draadklitser roer sodat dit nie klonte
maak nie. Prut vir ’n minuut of twee. Proe of die sous genoeg sout inhet
en gooi sout en peper in, indien nodig.
(Belinda Liebenberg)http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/anna-se-bruinsous.html
No comments:
Post a Comment