Wednesday 21 May 2014

ANNA SE BRUINSOUS

Anna Se Bruinsous:
(Bekende sous by pastei van die parkstasie restaurant)

Bestanddele:
900g ertjiemeel
3 pakkies beesstertsop
500g Bisto
900g koekmeel

Metode:
Sif die bestanddele drie keer saam.
Hou dit in 'n houer in die yskas en haal uit wanneer jy dit wil gebruik, byvoorbeeld:

Braai 1 ui saam met 'n bietjie maalvleis.
Meng 1 koppie van die droë bestanddele met bietjie water en maak 'n pasta.
Plaas in kastrol by vleis en uie, roer goed, en voeg water by om 'n lekker sous te vorm.
Bedien oor enige vleis.
(RSG)

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/anna-se-bruinsous.html


BRUINSOUS
Maggie De Castro
Rys, vleis, aartappels – en bruinsous:
Hierdie lekker bruinsous kan by enige vleisgereg voorgesit word, maar dit proe veral lekker by hoenderborsies of skaapboud en rys.
Jy het nodig vir 4 mense:
2 eetlepels botter
1 eetlepel koekmeel
1 blokkie hoender- of beesvleisekstrak, opgelos in 1 koppie kookwater
sout en peper na smaak

Pasop vir klonte. Smelt die botter in ’n kastrolletjie en roer die meel in tot dit glad is en ligbruin begin word. Gooi die vleisekstrak stadig by terwyl jy dit deurentyd met ’n draadklitser roer sodat dit nie klonte maak nie. Prut vir ’n minuut of twee. Proe of die sous genoeg sout inhet en gooi sout en peper in, indien nodig.
(Belinda Liebenberg)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/anna-se-bruinsous.html

No comments:

Post a Comment