Weeklikse Spyskaarte - Ekonomies


DIE WEEK VIR EKONOMIESE GEREGTE
WEEK 1
MAANDAG

DINSDAG
Hoender Quiche - 


WOENSDAG

DONDERDAG

VRYDAG

SATERDAG
SONDAG

KAN OOK HIER GEVIND WORD:


WEEK 2                                                                       
FOTO GELEEN WEG,co.za

MAANDAG
Hoederlewertjies met pasta            

500 g penne of macaroni
500 g hoenderlewers, skoongemaak
1 ui, fyn gekap
250 g knopiesampioene, in skywe gesny
1 blik (430g) hoender-roomsop
125 ml (1/2k) cheddarkaas, gerasper

METODE:
Kook die pasta in genoeg vinnig kokende water tot sag, maar ferm. Dreineer en hou eenkant.
Braai die hoenderlewers in n bietjie olie tot net gaar en goudbruin buite-om. Verwyder uit die pan en sny in kleiner stukkies, Sorteer die ui tot sag en deurskynend. Braai die sampioene tot bruin. Voeg die die hoenderlewers weer by asook die hoender-roomsop en gerasperde kaas. Meng goed en verhit tot warm. Giet die hoenderlewermengsel oor die pasta en meng deur.
Genoeg vir 5-6 mense.
Bron: Huisgenoot(randrekkers)

 DINSDAG
Tuna Rol
1 rol Blaardeeg
2 blikkies Tuna
1 blikkie Sweetcorn Chakalaka
3 eetlepels Mayonaise
Sout & Peper
Eier vir bo-oor verf indien verkies

Braai tuna en chakalaka so paar minute
Laat paar minute afkoel en meng met mayonnaise.
Rol deeg oop.
Skep vulsel op deeg en maak ‘n rol.
Bak so 35-30 min teen 180C
Bron: Kreatiewe kosidees - Izani Hood


WOENSDAG

‘n Bord kos met 6 bestanddele                      
Foto geleen: Kreatiewe kosidees
                                                            
Rens se ete
Genoeg vir 2 mense
1 Pakkie/sakkie Knorr Cook in bag (ek het die Spicy een gebruik)
4 hoenderdye
6 heel sampioene
6 heel baba uitjies (jy kan medium uie gebruik in kwarte gesny)
2 aartappels (met skil aan) in halwes gesny
2 wortels (geskil) in 4 groot skywe gesny
Gooi alles in die baksakkie.
Skud dat alles bedek is met die “coating”
In ‘n oond – 180C vir ongeveer 50minute

Ek het saam met dit gebraaide kool met spek en uie bedien

Gebraaide kool
(2 na 3 porsies)
1 ui gekap
Handvol spek stukkies
Kwart koolkop in stringe gesny
Sout, peper en knoffel na smaak
2 tlps wit uiesoppoeier
100 ml melk

Braai spek tot gaar en skep uit.
Braai uie tot deurskynend in die spek se olietjies.
Voeg kool  by en braai tot gaar.
Gooi so 2 opgehoopte tl wit uiesop poeier oor en so 100ml melk.
Roer tot dik en bedien.
Wenk: Jy kan sampioene ook saam met die spek en uie braai
Carol Elliott Claassen

Ham en aartappelskyfie gereg
500ml fyn aartappelskyfies (kaas en uie geur)
325ml gerasperde kaas
325ml fyn ham
500ml aangemaakte witsous
5ml mosterd
2 eiers

Meng die skyfies, kaas, ham en witsous en voeg mosterd by. Gooi in ‘n gesmeerde bakskottel en gooi die geklitste eiers bo-oor. Bak in ‘n matige oond 180C vir 15-20 minute. Bedien met vars broodrolletjies. Lewer 4 porsies
WENK:
Vir ‘n goedkoper opsie, gebruik ‘n gewone baksakkie en speserye van jou keuse.
Bron: Kreatiewe kosidees

DONDERDAG

Herderspastei                                                                                 


(4 tot 5 porsies)
6 geskilde aartappels in blokkies gesny
1 ui gekap
500g beesmaalvleis
1 x 410g blikkie mekxikaanse styl tamatiesmoor
1 blikkie geroomde soetmielies
1 koppie gerasperde cheddar kaas
1/2 kop veggie mix of ertjies (opsioneel)
Sout en peper na smaak

Metode:
Voor verhit die oond tot 200°C. Kook die blokkies aartappel sag. Verhit olyfolie in ‘n kastrol en soteer die ui tot sag. Voeg die maalvleis by en roer tot die vleis verbruin. Gooi die tamaties by en verhit dit tot kookpunt. Voeg die groente en ander helfte van die mielies by. Verlaag die hitte en laat prut vir 15min. Dreineer die aartappels en maak dit fyn. Roer helfte van die soetmielies en die meeste van die kaas by, (Hou ‘n bietjie oor die die bo laag) Geur na smaak. Skep die vleis in ‘n gesmeerde oondbak, met die fyn aartappels bo-op. Sprinkel die res van die kaas oor en bak tot goud bruin.
Bron: Kreatiewe kosidees


VRYDAG

OUMA BEER SE MACARONI EN BOEREWORS SKOTTEL

½ - 1kg boerewors, afhangende hoeveel persone eet, sny in happie grote stukkies
250g pakkie gemengde gevriesde groente
1 – 2 uie fyn gekerf
1 blikkie Mild en spicy Chakalaka [gebruik enige ander chakalaka as jy nie hou van effens brand nie]
2 blikkies water, gebruik die chakalakablikkie
500g macaroni
1 kop elke gerasperde cheddar en parmasaankaas
1 groen en geel of rooi soet pepper, in repies gesny
50ml chutney
30ml tamatiesous
1e suiker
Sout en peper na smaak
Maizena en bisto om sous dikker te maak [meng die 2 met bietjie water tot pasta en voeg by]
Olyfolie vir braai


SO MAAK JY
:
Braai uie, peppers en wors tot net gaar, wors kan nog bietjie pienk wees binne.
Voeg nou jou groente en macaroni by en roer goed deur.
Voeg dan jou geurmiddels, tamatiesous, chutney, suiker by en meng goed deur.
Nou kan jy die water byvoeg, gereg moet net bedek wees met water.
Kook gereg totdat die macaroni gaar is [al denté].
Indien sous nie dik genoeg is nie, voeg dan jou bindmiddel by en roer goed deur.
Voeg ook nou die helfte van beide kase by en roer deur.
Strooi nou die ander helfte van die kaas bo-oor jou gereg.
Sit deksel op en laat prut vir nog so ongeveer 5 – 10 minute tot die kaas lekker gesmelt het.
Geniet!
WENK:
Jy kan die chakalaka vervang met ‘n blikkie gekapte tamaties as jy nie van chakalaka hou nie.
Jy kan enige tipe wors in die gereg gebruik.
Jy kan ook die wors vervang met stukkies gaar hoender of klein frikkadelletjies.
Jy kan self ook blokkies of repies vleis in die gereg gebruik.
Vervang die groente met waarvan jy hou, as jy nie die gemengde groente wil gebruik nie of laat dit heeltemal uit.
EK HET HIERDIE GEREG IN MINDER AS 30 MINUTE IN MY KONVEKSIE-OOND GEMAAK.
Deur: Kos vir kampeerders met idees vir kampering

SATERDAG

Varkribbetjie oor die Kole
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/varkribbetjie-oor-die-kole.html
Bestanddele:


1 Varkribbetjie
2 1/2 Kop Water
1/4 Kop asyn
1 tl Suiker
3 tl wit peper
2 tl Botter
3 tl Sout
1/4 koppie gekapte uie
5 Knoffelhuisies fyn gedruk
1 tl Cayene peper
2 tl Chili poeier
3 eetl "hot sauce" van jou keuse
1 tl mosterd poeier
3 eetlepels Worcestershire sauce

(Maak dubbel aan vir meer as een rib)

so gemaak:

Voeg al die bestanddele in kastrol, bring tot kookpunt., roer goed tot suiker opgelos is...
Laat prut vir 5 min. Verwyder van plaat, laat goed afkoel voordat jy ribbetjie marineer vir min 18 ure.
Braai oor matige kole, bedruip kort kort van marinde oor rib terwyl braai. 


PAMPOENTERT IN JOU POT:
[WEGRY] 6-8 porsies
3 koppies gaar pampoen (boerpampoen of botterskorsie), fyngemaak 
1 x 380 g-blik Ideal-melk
1 koppie koekmeel
1 koppie volroommelk
2 teelepels bakpoeier 
1 teelepel sout 
1 koppie suiker 
2 eiers, geklits
2 eetlepels botter of margarien, gesmelt (plus ekstra om die pot te smeer) 
kaneelsuiker
SO MAAK JY:
Smeer ’n platboompot deeglik met botter. •Meng al die bestanddele behalwe die kaneelsuiker en gooi dit in die pot. 
Sit die pot se deksel op en sit dit oor matige kole. 
Sit ’n paar warm kole op die deksel. 
Bak dit vir ’n uur of langer, totdat die pampoentert gestol het. 
Druk ’n skerp mes in die middel om te toets of dit gaar is. As dit skoon uitkom, is die tert gaar. 
Strooi kaneelsuiker oor en sit warm voor.
WENK:
As jy brood of enige gebak in ’n platboompot wil gaarmaak, onthou om die hitte onder die pot laag te hou anders brand die inhoud gou.
Pak ’n paar warm kole op die deksel en vervang dit met warm kole as dit te koud word.
Dit is nuttig om ’n vel foelie, groter as die pot se deksel, oor die pot te sit voordat jy die deksel opsit.
As ’n mens die deksel oplig, keer die foelie dat daar kole of as in die kos val.
By: Kos vir kampeerders met idees vir kampering* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/pampoentert-in-jou-pot.html

Stampmielie gereg

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/stampmieliegereg.html
4 tot 6 koppies gaar stampmielies (nie te droog)
1 pakkie potato bake (enige geur)
1/4 koppie melk
3/4 koppie mayonaise
1 koppie room
1 koppie fyn gesnyde sampioene
1 koppie gesniperde spek
2 uie grof gekap
1 koppie gerasperde cheddar kaas

Voor verhit die oond tot 180* C.
Braai spek, uie en sampioene in olyfolie.
Meng mayonaise, sop, melk en room goed.
Meng dit nou met stampmielies en skep in bak.
Strooi kaas oor en bak vir 30 minute.
Heerlik saam met braaivleis.


SONDAG

SKAAPNEK IN DIE OOND
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/11/skaapnek-in-die-oond.html

Skaapnek opgesny [jy kan skenkels ook byvoeg as jy wil]
2 Groot uie
4 Wortels ringe gesny
4 Aartappels gehalveer
Metode
Sny jou uie fyn en plaas in gesmeerde bakskottel
Plaas gesnyde wortels bo-op
Plaas jou skaapnek skywe bo-op
Sout en peper 
Fyn Koljander
plaas nog uie skywe bo-op jou skywe vleis
Plaas jou aartappels tussen jou vleis
Maak n sousie van
1 pakkie Tomato Paste 
2k Hoenderaftreksel
2 e Sweet Chillie
1 e Asyn
1e Maziena
Gooi dit oor jou vleis en plaas die deksel op en plaas in die oond 
Oond 160*C vir 2ure en dan 140*C vir so 2ure [kyk of daar genoeg sousie is anders voeg net n klein bietjie water by vir nog sous..soos ek gemaak het]
Heerlik sag**Helena Kruger *10/11/2015

Heerlike Koue Nagereg
1 Blik Caramel condensed melk
1 Blik voorafverkoelde Ideal melk
1 Pakkie aarbei Jellie

Maak die jellie aan met 1 koppie kookwater, laat afkoel.
Klits ideal melk tot styf.
Meng jellie met caramel condensed melk, voeg by idealmelk en roer goed deur.
Plaas in yskas om te stol.
Eet en geniet.[ N.S...Skep in klein wynglasies en versier..Helena]

2 comments: