Sunday 13 October 2013

MACARONI EN BOEREWORS GEREG


MACARONI EN BOEREWORS SKOTTEL: [OUMA BEER SE EIE RESEP]
½ - 1kg boerewors, afhangende hoeveel persone eet, sny in happie grote stukkies
250g pakkie gemengde gevriesde groente
1 – 2 uie fyn gekerf
1 blikkie Mild en spicy Chakalaka [gebruik enige ander chakalaka as jy nie hou van effens brand nie]
2 blikkies water, gebruik die chakalakablikkie
500g macaroni
1 kop elke gerasperde cheddar en parmasaankaas 
1 groen en geel of rooi soet pepper, in repies gesny
50ml chutney
30ml tamatiesous
1e suiker
Sout en peper na smaak
Maizena en bisto om sous dikker te maak [meng die 2 met bietjie water tot pasta en voeg by]
Olyfolie vir braai
SO MAAK JY:
Braai uie, peppers en wors tot net gaar, wors kan nog bietjie pienk wees binne.
Voeg nou jou groente en macaroni by en roer goed deur.
Voeg dan jou geurmiddels, tamatiesous, chutney, suiker by en meng goed deur.
Nou kan jy die water byvoeg, gereg moet net bedek wees met water.
Kook gereg totdat die macaroni gaar is [al denté].
Indien sous nie dik genoeg is nie, voeg dan jou bindmiddel by en roer goed deur.
Voeg ook nou die helfte van beide kase by en roer deur.
Strooi nou die ander helfte van die kaas bo-oor jou gereg.
Sit deksel op en laat prut vir nog so ongeveer 5 – 10 minute tot die kaas lekker gesmelt het.
Geniet!
WENK:
Jy kan die chakalaka vervang met ‘n blikkie gekapte tamaties as jy nie van chakalaka hou nie.
Jy kan enige tipe wors in die gereg gebruik.
Jy kan ook die wors vervang met stukkies gaar hoender of klein frikkadelletjies.
Jy kan self ook blokkies of repies vleis in die gereg gebruik.
Vervang die groente met waarvan jy hou, as jy nie die gemengde groente wil gebruik nie of laat dit heeltemal uit.
EK HET HIERDIE GEREG IN MINDER AS 30 MINUTE IN MY KONVEKSIE-OOND GEMAAK.
Deur: Kos vir kampeerders met idees vir kampering
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/macaroni-en-boerewors-gereg.html

No comments:

Post a Comment