Showing posts with label Spesiale Diete - Vegetaries. Show all posts
Showing posts with label Spesiale Diete - Vegetaries. Show all posts

Sunday, 18 October 2015

VEGETARIESE HERDERSDPASTEI

FOTO RSG
Vegetariese herderspastei
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/10/vegetariese-herdersdpastei.html
Bestanddele
4 - 6 aartappels
3 koppies gaar lensies
¼ teelepel tiemie
100ml water
1 teelepel Marmite
1 blokkie groente-aftreksel
1 ui, gekap
1 eetlepel blatjang
1 klein blikkie tamatiesmeer
1 eetlepel Maizena (opsioneel)

Metode
Maak kapokaartappels en hou eenkant.
Meng die lensies met die tiemie, en hou eenkant.
Meng die water met die res van die bestanddele.
As dit te loperig is, voeg die Maizena by.
Voeg die lensies by die res van die bestanddele.
Plaas die lensiemengsel in 'n oondbak.
Bedek dit met die kapokaartappel.
Bak teen 180 grade vir 30 minute.
Bron: RSG
Geplaas deur: Dalene Brits

Saturday, 19 September 2015

EIERLOSE SJOKOLADE KOEK




Jolene Steyn

EIERLOSE SJOKOLADE KOEK:


Bestanddele:
125 g botter of margarien, gesmelt (½ koppie)
15 ml witasyn (3 t)
500 ml water (2 k)
10 ml vanielgeursel (2t)
750 ml (420 g) Snowflake-bruismeel (3k meel + 3t bakpoeier)
5 ml koeksoda (1t)
5 ml sout (1t)
80 ml (35 g) kakaopoeier (8 X desertlepels of 16t)
375 ml (300 g) suiker (1 ½ k )
Sjokolade versiersel:
60 g botter of margarien (6 desertlepels of 12t)
30 ml melk of water (6t)
2 ml vanieljegeursel (½t)
375 ml (200 g) versieruiker (1 ½ k )
20 ml Kakaopoeier (4t)
Metode:
Klits gesmelte botter, asyn, water en geursel saam.
Sif meel, koeksoda, sout en kakaopoeier saam. Voeg suiker by.
Voeg droë bestanddele by vloeibare bestanddele en klop liggies tot glad.
Skep mengsel in ‘n gevoerde en gesmeerde vierkantige 21 cm- koekpan of ronde 23 cm-losboomveerpan. Bak 50-60 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180°C. Laat ‘n paar minute in pan staan en keer dan op ‘n draadrak uit om heeltemal af te koel.
Versiersel:
Verhit botter en melk of water in ‘n klein swaarboomkastrol.
Moenie kook nie; roer tot botter gesmelt is. Verwyder van hitte en voeg geursel by.
Sif versiersuiker en kakaopoeier saam. Voeg gesmelte bottermengsel by versiermengsel. Meng tot glad en smeer oor koek.

Sunday, 19 July 2015

VEGETARIESE BOBOTIE


Mare Nieuwoudt

VEGETARIESE BOBOTIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/vegetariese-bobotie.html

Hierdie tradisionele soet-suur-gereg hoef nie met vleis gemaak te word nie.
GENOEG VIR 6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 60 min.

Bestanddele:
15 g botter
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap
15 ml (1 e) matige kerriepoeier
2 rooi brandrissies, gekap
3 knoffelhuisies, fyngedruk
500 g botterskorsie, in blokkies gesny
2 wortels, gerasper
45 ml (3 e) blatjang
10 ml (2 t) suiker
’n hand vol koljander, gekap
2 x 410 g-blikke lensies, gedreineer
sout en peper
Eier-bolaag
500 ml (2 k) amasi
3 eiers
1,25 ml (¼ t) kerriepoeier
sout en peper
lourierblare
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n groot bakpan.
1.Verhit die botter en olie in ’n groot pot en braai die ui, kerriepoeier, brandrissie en knoffel tot sag en geurig.
2.Voeg die botterskorsie en wortel by, en soteer 10 min. tot die groente sag is en al die vloeistof verdamp het.
3.Voeg die oorblywende bestanddele by en roer tot goed gemeng. Laat prut sowat 5 min. tot die mengsel verminder het. Geur na smaak.
4.Plaas die lensiemengsel in die voorbereide bakskottel en maak met die agterkant van ’n lepel glad.
5.Eier-bolaag: Klits al die bestanddele saam en giet oor die mengsel. Druk ’n paar lourierblare in en bak sowat 40 min.
Deur Hope MalauFoto: David Briers/HUISGENOOT.