Paasbolletjies
(hot cross buns)
* Herman
Lensing, SARIE*
(12 - 14 rolletjies)
250 ml warm melk
90 g (100 ml) botter, gesmelt
1 eier
65 g (80 ml) suiker
10 g sout
10 g kitsgis
15 ml fyn kaneel
15 ml gemengde speserye
500 g (890 ml) koekmeel
140 g (250 ml) rosyne
Kruise
60 ml meel
15 ml olie
30 ml water
Glasuursel
Kook saam vir 5 minute:
100 ml water
50 ml suiker
Verhit oond tot 180 ˚C. Meng melk, botter, eier, suiker, sout en gis in 'n
middelslag-mengbak. Voeg speserye en genoeg meel by tot 'n stywe, kniebare
deeg. Knie vir 5 - 8 minute of tot deeg gladde voorkoms het. Laat deeg op 'n
warm plek rys tot dubbel die volume, sowat 1 uur. Voeg rosyne by en knie af tot
rosyne ingemeng is. Laat weer rys tot dubbel die volume, sowat 30 - 45 minute.
Verdeel in gholfbalgrootte bolletjies (80 g) en plaas stewig teen mekaar in 'n
broodpan. Laat rys tot dubbel die volume, weer sowat 30 - 45 minute.
Kruise
Meng bestanddele vir kruise saam tot stywe pasta. Spuit kruise bo-oor deeg
met versiersak. Bak vir 30 - 35 minute tot goudbruin en gaar.
Glasuursel
Verf met glasuursel en laat afkoel. Sit voor met botter.
Wenk: Sny met 'n hasie-koekiedrukker
(te kry by bakwinkels en supermarkte) patrone uit botter om jou gaste ekstra
spesiaal te laat voel.5/3/13 #hot x bunshttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hot-cross-buns-paasbolletjies.html
Maklike Paasbolletjies
Deur Marlene van Eeden
Jy benodig (vir 24 bolletjies)
1 kg koekmeel
2 teelepels sout
10 g kitsgis
85 ml suiker
90 g gesmelte botter
3 teelepels fyn kaneel
3 teelepels gemengde speserye
¾ koppie warm melk
1 eier
1 koppie rosyne
Vir die kruise
60 ml meel
3 teelepels olie
2 eetlepels water
Vir die glasuursel
100 ml water
50 ml suiker
Sif die meel, gis, suiker en speserye saam in ‘n groot bak. Meng die botter, melk en eier en voeg by die droë bestanddele. Gooi nog warm melk by indien nodig en meng tot ‘n stywe, kniebare deeg.
2 Knie goed vir 8 – 10 minute tot elasties. Voeg rosyne by en knie weer tot deurgemeng.
3 Plaas die deeg in ‘n bak wat met olie gesmeer is en draai toe in kleefplastiek. Los in ‘n warm plek om te rys tot dubbel die volume – vir sowat 45 minute.
4 Knie die deeg af en verdeel in 12 porsies. Rol elke porsie in ‘n netjiese balletjie en plaas in ‘n 20x20 cm-pan (jy het twee panne nodig) en laat rys vir 20 minute op ‘n warm plek, weer tot dubbel die volume.
5 Vir die kruise meng jy die meel, olie en water om ‘n stywe pasta te vorm. Voeg nog water by as dit te styf is. Plaas die mengsel in ‘n spuitsak en spuit netjies kruise oor die uitgerysde bolletjies.
6 Voorverhit die oond tot 190 C. Bak vir 20 tot 30 minute tot goudbruin. Terwyl die paasbolletjies bak, kook die bestanddele vir die glasuursel saam vir 10 minute. Verf oor die warm bolletjies sodra hulle uit die oond kom.*WEG* # hot cross buns; hot x buns
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hot-cross-buns-paasbolletjies.html
Joey Badenhorst Lotter
PAASBOLLETJIES
Genoeg vir 16 bolletjies
100 ml louwarm melk
90 ml louwarm water
1 eier
10 g kitsgis
60 ml botter, gesmelt
5 ml sout
85 ml suiker
2.5 ml gemaalde kaneel
Knippie gemaalde neutmuskaat
5 ml lemoenskil
750 ml broodmeel
125 ml rosyntjies
Vir die kruis
50 g meel
15 g versiersuiker
20 ml water
Metode
1 Voorverhit die oond tot 190ºC. Meng die melk, water, eiers, gis en gesmelte botter saam in 'n klein bakkie. Meng die sout, suiker, kaneel, neutmuskaat, skil en meel in 'n ander bak
2 Voeg die vloeistof stadig by die droë bestanddele terwyl jy dit met 'n houtlepel meng. Sodra deeg gevorm het,plaas dit op 'n meelbestrooide oppervlak en knie om die bestanddele deeglik te meng vir sowat 5 minute. Laat rys in 'n oliebesmeerde bedekte bak vir 30 minute,knie dan die rosyntjies in
3 Vorm in 16 bolletjies en plaas dit op 'n gesmeerde 35 x 25 cm bakplaat, versprei eweredig. Laat staan vir 'n uur om te rys
4 Om kruise te maak, meng die meel, versiersuiker en water saam. Gebruik 'n versiersak om kruisies op die bolletjies te trek
5 Bak vir 25 minute, of tot deurgaar
# hot cross buns; hot x buns
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hot-cross-buns-paasbolletjies.html

Hot cross bun-roomysbroodjies
*Sarie.com*
n Vinnige oplossing vir nagereg wat ook baie indrukwekkend
sal lyk. Gebruik sommer winkelroomys. Ek is mal oor karamel-roomys, maar die
keuse is joune!
6 hot cross buns, gehalveer
30 ml botter
1 liter karamelroomys
30 ml versiersuiker
1 hand vol kruisementblare
Smeer elke hot cross bun-helfte met botter. Verhit ’n pan tot vuurwarm
en rooster elke helfte se gesnyde kant tot goudbruin en bros. Skep 6
roomysballe en plaas op helftes van die geroosterde brood. Druk ’n tweede
helfte op die roomys vas en druk saam. Sif versiersuiker oor en versier met
vars kruisementblare. 5/3/12
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hot-cross-buns-paasbolletjies.html
PAASBROOD
*Idees*
Vinnige sjokolade-en pekanneutbrood
530ml koekmeel
10ml bakpoeier
2.5ml koeksoda
12ml fyn kaneel
250ml karringmelk
130ml bruinsuiker
125ml gouestroop of heuning
2 groot eiers
60ml gesmelte botter
10ml vanilla
60ml koue botter in stukkies gesny
125ml sjokoladeblokkies
125ml gekapte pekanneute
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer en voer ‘n broopan van 15 x 23cm. Sif die
meel bakpoeier, koesoda, 7ml kaneel en 2ml sout saam in ‘n groot bak. Klits
karringmelk, suiker, stroop, eiers, gesmelte botter en vanilla saam in ‘n
beker. Vou die vloeibare bestandele by die droë bestandele in tot net-net
gemeng. Meng die koue botter en die res van die kaneel saam. Gebruik ‘n lepel
om klein stukkies van dié mengsel af te skep en voeg dit saam met die
sjokoladeblokkies en neute by die beslag. Vou liggies in en gooi in die
voorbereide broodpan. Bak vir 45-55min of tot toetspen skoon uitkom. Laat 15min
in die pan afkoel, keer uit en laat op ‘n draadrakkie verder afkoel. Sit snye
van die brood net so of met ‘n lagie botter voor.5/3/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hot-cross-buns-paasbolletjies.html
Carol Elliott Claassen
Hot Cross Bun Bread and Butter Pudding with Chocolate
1 six-pack hot cross buns, halved
2 cups fat-free milk
3 eggs
3 tbsp cocoa
3 tbsp artificial sweetener
100g dark chocolate grated (optional)
Method:
Preheat oven to 180*C. Lightly butter an ovenproof dish and line it with the
buns in rows (in one or two layers, depending on size of dish). Mix cocoa
powder with a little of the milk to make a paste; add this to milk and eggs,
and beat gently to blend. Pour mixture over buns and allow them to soak up the
liquid. Cover with grated chocolate. Place in the preheated oven until custard
has just set (about 20 to 30 minutes
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hot-cross-buns-paasbolletjies.html
Louise Groenewald
Paasbolletjie Broodpoeding met sjokolade
(Tyger Burger 4 April 2012 - Smulpaap)
6 Paasbolletjies, verkieslik dag of twee oud, deurgesny
2 Koppies (500ml) Melk
3 Eiers
3 Eetlepels (45ml) Kakao
3 Eetlepels (45ml) Suiker
Knippie Sout
100g Donker sjokolade, gerasper
Metode:
Voorverhit oond tot 180ºC. Smeer of spuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende
middel. Pak die oopgesnyde bolletjies in rye in die bak, maak een of twee lae
na gelang van jou bak se grootte.
Meng die kakao met ‘n bietjie van die melk om ‘n pasta te vorm. Voeg dit by die
res van die melk, eiers, suiker en sout. Klits die mengsel stadig om goed te
meng.
Gooi die mengsel oor die bolletjies en laat staan ‘n rukkie sodat die vloeistof
geabsorbeer kan word. Strooi die gerasperde sjokolade bo-oor. Plaas in oond en
bak totdat gestol, 20 tot 30 minute. Laat effens afkoel en bedien met
tuisgemaakte vla of room.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hot-cross-buns-paasbolletjies.html