Tuesday 5 March 2013

HOT CROSS BUNS / PAASBOLLETJIES




Paasbolletjies
 (hot cross buns)

* Herman Lensing, SARIE*
(12 - 14 rolletjies)
250 ml warm melk
90 g (100 ml) botter, gesmelt
1 eier
65 g (80 ml) suiker
10 g sout
10 g kitsgis
15 ml fyn kaneel
15 ml gemengde speserye
500 g (890 ml) koekmeel
140 g (250 ml) rosyne
Kruise
60 ml meel
15 ml olie
30 ml water
Glasuursel
Kook saam vir 5 minute:
100 ml water
50 ml suiker
Verhit oond tot 180 ˚C. Meng melk, botter, eier, suiker, sout en gis in 'n middelslag-mengbak. Voeg speserye en genoeg meel by tot 'n stywe, kniebare deeg. Knie vir 5 - 8 minute of tot deeg gladde voorkoms het. Laat deeg op 'n warm plek rys tot dubbel die volume, sowat 1 uur. Voeg rosyne by en knie af tot rosyne ingemeng is. Laat weer rys tot dubbel die volume, sowat 30 - 45 minute. Verdeel in gholfbalgrootte bolletjies (80 g) en plaas stewig teen mekaar in 'n broodpan. Laat rys tot dubbel die volume, weer sowat 30 - 45 minute.
Kruise
Meng bestanddele vir kruise saam tot stywe pasta. Spuit kruise bo-oor deeg met versiersak. Bak vir 30 - 35 minute tot goudbruin en gaar.
Glasuursel
Verf met glasuursel en laat afkoel. Sit voor met botter.
Wenk: Sny met 'n hasie-koekiedrukker (te kry by bakwinkels en supermarkte) patrone uit botter om jou gaste ekstra spesiaal te laat voel.5/3/13 #hot x buns
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hot-cross-buns-paasbolletjies.html


Maklike Paasbolletjies



Joey Badenhorst Lotter
PAASBOLLETJIES
Genoeg vir 16 bolletjies
100 ml louwarm melk
90 ml louwarm water
1 eier
10 g kitsgis
60 ml botter, gesmelt
5 ml sout
85 ml suiker
2.5 ml gemaalde kaneel
Knippie gemaalde neutmuskaat
5 ml lemoenskil
750 ml broodmeel
125 ml rosyntjies
Vir die kruis
50 g meel
15 g versiersuiker
20 ml water
Metode
1 Voorverhit die oond tot 190ºC. Meng die melk, water, eiers, gis en gesmelte botter saam in 'n klein bakkie. Meng die sout, suiker, kaneel, neutmuskaat, skil en meel in 'n ander bak
2 Voeg die vloeistof stadig by die droë bestanddele terwyl jy dit met 'n houtlepel meng. Sodra deeg gevorm het,plaas dit op 'n meelbestrooide oppervlak en knie om die bestanddele deeglik te meng vir sowat 5 minute. Laat rys in 'n oliebesmeerde bedekte bak vir 30 minute,knie dan die rosyntjies in
3 Vorm in 16 bolletjies en plaas dit op 'n gesmeerde 35 x 25 cm bakplaat, versprei eweredig. Laat staan vir 'n uur om te rys
4 Om kruise te maak, meng die meel, versiersuiker en water saam. Gebruik 'n versiersak om kruisies op die bolletjies te trek
5 Bak vir 25 minute, of tot deurgaar
# hot cross buns; hot x buns
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hot-cross-buns-paasbolletjies.html



Hot cross bun-roomysbroodjies
*Sarie.com*
n Vinnige oplossing vir nagereg wat ook baie indrukwekkend sal lyk. Gebruik sommer winkelroomys. Ek is mal oor karamel-roomys, maar die keuse is joune!
6 hot cross buns, gehalveer
30 ml botter
1 liter karamelroomys
30 ml versiersuiker
1 hand vol kruisementblare
Smeer elke hot cross bun-helfte met botter. Verhit ’n pan tot vuurwarm en rooster elke helfte se gesnyde kant tot goudbruin en bros. Skep 6 roomysballe en plaas op helftes van die geroosterde brood. Druk ’n tweede helfte op die roomys vas en druk saam. Sif versiersuiker oor en versier met vars kruisementblare. 5/3/12
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hot-cross-buns-paasbolletjies.html



PAASBROOD
*Idees*
Vinnige sjokolade-en pekanneutbrood
530ml koekmeel
10ml bakpoeier
2.5ml koeksoda
12ml fyn kaneel
250ml karringmelk
130ml bruinsuiker
125ml gouestroop of heuning
2 groot eiers
60ml gesmelte botter
10ml vanilla
60ml koue botter in stukkies gesny
125ml sjokoladeblokkies
125ml gekapte pekanneute
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer en voer ‘n broopan van 15 x 23cm. Sif die meel bakpoeier, koesoda, 7ml kaneel en 2ml sout saam in ‘n groot bak. Klits karringmelk, suiker, stroop, eiers, gesmelte botter en vanilla saam in ‘n beker. Vou die vloeibare bestandele by die droë bestandele in tot net-net gemeng. Meng die koue botter en die res van die kaneel saam. Gebruik ‘n lepel om klein stukkies van dié mengsel af te skep en voeg dit saam met die sjokoladeblokkies en neute by die beslag. Vou liggies in en gooi in die voorbereide broodpan. Bak vir 45-55min of tot toetspen skoon uitkom. Laat 15min in die pan afkoel, keer uit en laat op ‘n draadrakkie verder afkoel. Sit snye van die brood net so of met ‘n lagie botter voor.5/3/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hot-cross-buns-paasbolletjies.html 


Carol Elliott Claassen
Hot Cross Bun Bread and Butter Pudding with Chocolate
1 six-pack hot cross buns, halved
2 cups fat-free milk
3 eggs
3 tbsp cocoa
3 tbsp artificial sweetener
100g dark chocolate grated (optional)
Method:
Preheat oven to 180*C. Lightly butter an ovenproof dish and line it with the buns in rows (in one or two layers, depending on size of dish). Mix cocoa powder with a little of the milk to make a paste; add this to milk and eggs, and beat gently to blend. Pour mixture over buns and allow them to soak up the liquid. Cover with grated chocolate. Place in the preheated oven until custard has just set (about 20 to 30 minutes
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hot-cross-buns-paasbolletjies.html 


Louise Groenewald
Paasbolletjie Broodpoeding met sjokolade
(Tyger Burger 4 April 2012 - Smulpaap)
6 Paasbolletjies, verkieslik dag of twee oud, deurgesny
2 Koppies (500ml) Melk
3 Eiers
3 Eetlepels (45ml) Kakao
3 Eetlepels (45ml) Suiker
Knippie Sout
100g Donker sjokolade, gerasper
Metode:
Voorverhit oond tot 180ºC. Smeer of spuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende middel. Pak die oopgesnyde bolletjies in rye in die bak, maak een of twee lae na gelang van jou bak se grootte.
Meng die kakao met ‘n bietjie van die melk om ‘n pasta te vorm. Voeg dit by die res van die melk, eiers, suiker en sout. Klits die mengsel stadig om goed te meng.
Gooi die mengsel oor die bolletjies en laat staan ‘n rukkie sodat die vloeistof geabsorbeer kan word. Strooi die gerasperde sjokolade bo-oor. Plaas in oond en bak totdat gestol, 20 tot 30 minute. Laat effens afkoel en bedien met tuisgemaakte vla of room.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hot-cross-buns-paasbolletjies.html




No comments:

Post a Comment