Saturday, 25 October 2014

SPARERIBSOUS



Christo De Beer

SPARERIBSOUS.
Hoendervlerkies en vark ribbitjies.
Bestanddele.
1 klein bottel tamatiesous.
1 klein bottel worcestersous
250 ml bruin suiker
30 ml appelkooskonfyt
15 ml mosterdpoeier
250 ml bruin wynasyn of druiweasyn
Tabasco na smaak
3 tl aromat
6 gekneusde knoffelhuisies
3 eetl blatjang
3 eetl sojasous.
Meng alles goed saam en kook totdat sous dikkerig begin word. Gebruik soos benodig.

CORNSTARCH CHOCOLATE PUDDING



CORNSTARCH CHOCOLATE PUDDING
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/cornstarch-chocolate-pudding.html
1/2 cup white sugar

3 table spoons unsweetend cocoa powder
¼ c cornstarch
2 ¾ c milk
2 tablespoons butter (room temp)
1 teaspoon vanilla extract
Pinch of salt

In a sauspan stir together sugar, cocoa, cornstarch, salt.
Place over medium heat, and stir in milk.
Bring to boil and cook, stirring constantly until mixture thikens. (Enough to coat back of metal spoon)

Remove from hear, and stir in butter and vanilla.
Let cool briefly and serve warm, or chill!* Melanie Scaife

LEG OF LAMB


LEG OF LAMB
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/leg-of-lamb.html
So 12 ure in die oond gesit teen so 150*C
In n bak met n deksel saam bietjie rooiwyn, stock, uie, garlic en roosmaryn.
Dan sit met n gesmeerde stuk baking paper oor dit en druk dit dat dit die lam cover en dan die deksel op. 5 tot 6 ure. Yum! *
Tanja Horn
Hiers die resep
Marilize Murrack
LEG OF LAMB
2kg leg of lamb
Salt and milled black pepper
45ml olive oil
Garlic clovezs to taste
2 onions peeled and sliced
A few sprigs rosemary
500ml red wine
250ml lamb, beef or chicken stock

Preheat oven to 150C. Season outside of the lamb well. Place into casserole dish and drizzle with olive oil. Place the garlic, onion and rosemary into the casserole dish. Pour the wine and stock over the lamb. Cover with a sheet of buttered baking paper (not wax paper) and cover the dish with a tight fitting lid. Bake in the preheated oven for 5-6 hours, or until meltingly tender.

SAGO KLUITJIES



SAGO KLUITJIEShttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/sago-kluitjies.html
 750ml melk
1ml sout
80ml sago
75g botter
50ml suiker
50ml mielieblom (mezina)
3 eiers geskei
Kaneelsuiker na smaak

Kook 700ml melk en sout saam tot kookpunt.
Voeg sago en 50g botter by.
Verlaag hitte en kok die mengsel tot sago heeltemal deurskeinend en die mengsel dik is.
Meng die oorblywende melk met die suiker, mielieblom en eiergele tot pasta.
Roer bietjie van sagomengsel vinnig by die pasta en roer alles by die sagomengsel jn.
Oppas vir klonte.
Kook oor lae hitte tot gaar (en dik).
Klits witte styf en vou by.

Smelt die res van die botter.
Strooi kaneelsuiker onder in 'n warm opdienbak.
Skep lepels vol van die sagopap in die bak- doop elke keer voor jy skep die lepel in die gesmelte botter.
Strooi kaneelsuiker oor elke laag kluitjies.
Giet oorblywende botter bo-oor.
Sit warm voor. Geniet*
Wilna Marx*

Friday, 24 October 2014

AARTAPPELSKYWE

AARTAPPEL SKYWE

Kook jou aartappels met skil aan- gaar maar nie pap.

Sny in skywe.

Braai spek, uie en sampioene met bietjie knoffel, sout en peper. Sit bo-op die aartappel

Sit gerasperde kaas op en sit onder die grill van jou oond tot kaas gesmelt is.

Tessa

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/aartappelskywe.html

BLOUKAASSOUS VIR STEAK


BLOUKAASSOUS VIR STEAK
1 lekker biefstuk van jou keuse
    Sous
    100g bloukaas
    200 ml karringmelk
    2 sprietuie, gekap
    handvol pietersielie
    50 ml room
    sout en peper

    Bykos
    handvol groen aspersies
    witwyn
    botter
    sout en peper

    Maak biefstuk gaar soos jy daarvan hou.
    Blits al die bestanddele van die sous saam en giet oor die biefstuk op die bord.
    Plaas die bykos se bestanddele saam in 'n pan en stoom tot al dente.
    http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/bloukaassous-vir-steak.html

MUFFINS - YSKAS MUFFINBESLAG

Hiers n resep van Landbouweekblad, wat in my files is.
YSKAS MUFFIN BESLAG 
Hierdie resep van Annette Human hoort in elke resepteboek. Die muffins wat jy daarmee bak, is op dag 30 nog net so lekker soos op dag een.
Week 250 g (4 k) semels in
500 ml kookwater waarby 
10 ml sout gevoeg is.
 Smelt 230 g botter of margarien en voeg dit by die semels.
Laat die mengsel effens afkoel.
Klits 4 eiers, 
600 g (570 ml) wit- of sagte bruinsuiker en 
750 ml karringmelk saam en roer dit by die semelmengsel in.
Los 25 ml koeksoda in 
250 ml karringmelk op en meng met die semelmengsel. 
Meng 340 g (645 ml) koekmeel en 
325 g (615 ml) volkoringmeel en roer dit by die semelmengsel in.
Skep die beslag in ’n groot fles met ’n deksel wat dig seël en bewaar dit tot 30 dae in die yskas.
Om te bak: Voer ’n muffinpan met papiervormpies uit en skep elke vormpie driekwart-vol muffinmengsel. Bak vir 20 minute by 200 °C tot deurgaar. Laat vir ’n rukkie op ’n draadrak afkoel.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/muffins-yskas-muffinbeslag.html