Tuesday 5 March 2013

KERSFEES GEREGTE



KERSHAM
Kersham word uit die agterboud of skouer van die vark gesny en dan
gepekel en gerook. Die ham kan gekook, gebak of oor die kole
gaargemaak word.
GEKOOK:
Bedek die ham met water en bring tot kookpunt. Prut vir 30 minute per 500g of totdat vleisvesel maklik afgetrek kan word. Laat effens afkoel en verwyder die swoerd. Plaas die ham terug in die vloeistof en laat afkoel. Sny diamantpatrone in die vet. Verglans.
IN DIE OOND:
Voorverhit die oond tot 160C. Plaas die ham op die rakkie in die oondpan. Bedek heeltemal met tinfoelie. Bak 15-20 minute per 500g.
Verwyder die foelie en sny die swoerd af. Sny die vetlagie in diagonale snye sodat diamantvormige blokkies gevorm word.
HOE OM TE VERGLANS:
Meng appelkooskonfyt met 'n bietjie suurlemoensap en voeg
mosterdpoeier by. Smeer die mengsel oor die vetlagie van die vleis en bak vir 'n halfuur teen 160C of tot goudbruin.
Pieter 6/11/10 Die Beste!!Dankie!!♥

Helena Kruger
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


 




Helena Kruger
VARKBOUD MET APPELS
2-2.3kg varkboud, ontbeen
1 knoffelhuisie, in skywe gesny
vars gekapte salie
sout
2 rooi appels
30ml botter
30ml suiker
15ml koekmeelblom
300ml droë appelwyn (cider)
Metode:
Voorverhit die oond tot 220C. Bind vleis in 'n rol en sny kepies in vel.
Stop kepies met knoffel en salie en vryf sout oor die boud. Plaas in die oond en rooster 10 minute lank. Verlaag hitte na 190C en bak 20 minute per 450g plus nog 10 minute. Ontkern die appels en sny in skywe. Smelt botter in braaipan en bruin appels tot bruin. Voeg die suiker by terwyl die appels nog braai. Plaas die appels in oondpan rondom die vleis, vir die laaste 30 minute baktyd. Verwyder vleis en appels uit pan en plaas in lou-oond. Giet vet van pansap af, roer meelblom by en verhit tot kookpunt. Voeg die appelwyn by. Dien appelwynsous op saam met die varkvleis.
"Pieter" 6/11/10 Dankie Heerlik!!!Helena
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


Helena Kruger
HEUNING GEROOSTERDE VARKBOUD
1.5kg varkboud
60ml rosyne
30ml roosmarynblare
vars gemaalde swartpeper na smaak
125ml heuning
sout na smaak
410g(1 blik) heel tamaties
180ml appelwyn of ligte witwyn
Metode:
Verwyder die vel van die boud. Maak met 'n mes diep kepies in die vetlagie tot in die vleis. Druk 'n paar rosyne en 'n paar
roosmarynblare in elke keep. Geur vleis met peper en smeer heuning oor die vleis. Maak boud toe in foelie en plaas op 'n koel plek, maar nie in die yskas nie. Laat staan ten minste vir 12 uur lank. Voorverhit die oond tot 160C. Geur die varkboud met sout en bedruip weer met heuning. Plaas boud in oondpan en bak oop vir 1½ uur. Plaas tamaties in 'n versapper, voeg wyn by en verpulp. Voeg tamatiemengsel by vleis.
Bak nog 30 minute lank. Gooi tamatiesous deur sif, sny vleis en sit voor saam met die sous. !!!Pieter!!!6/11/10 Dankie!!!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


Helena Kruger
OUMA NANNA SE BEESVLEISPOTBRAAD
50ml olie
1.3kg binneboudof dikrib, in een stuk.
GEURIGE SOUS:
300ml tamatiesous
300ml water
50ml suurlemoensap
15ml aangemaakte mosterd
'n paar druppels tabascosous
75ml vrugte blatjang
13ml worcestersous
40ml heuning
3 lourierblare
7ml sout
40ml koekmeelblom
50ml pietersielie, fyn gekap
Metode:
Verhit die olie oor hoë hitte in 'n kastrol. Braai die vleis alkante bruin, skep uit en hou dit eenkant. Giet alle oortollige olie uit die kastrol.
Berei die geurige sous: Voeg al die bestanddele vir die sous, behalwe die koekmeelblom en pietersielie in 'n kastrol. Klits goed met 'n draadklitser. Verhit die sous tot kookpunt. Voeg die vleis by. Laat dit weer opkook, plaas die deksel op en laat dit 1½ uur lank oor lae hitte prut, of totdat die vleis sag is. Draai die vleis af en toe om. Skep die vleis uit die sous en sny dit met 'n lang, skerp mes in skywe. Rangskik die skywe in 'n verhitte , vlak oondbak. Maak die koekmeelblom met 'n klein bietjie koue water aan in 'n bakkie. Voeg dit by die sous in die kastrol. Roer dit met 'n houtlepel oor matige hitte tot dik. Giet die sous oor die vleis en garneer met pietersielie. Pierter!!!!6/11/10 Heerlik Verby!!!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html




Helena Kruger
GEBRAAIDE SPEENVARK
Maak die speenvark goed skoon en weeg dit. Sny vier 7cm lange snye aan weerskante van die rugstring en ewewydig aan mekaar die die vel van die speenvark. Plaas dit op 'n rooster in 'n oondpan en smeer die hele oppervlakte met botter of vet. Sprinkel sout binne-in en bo-oor.
Gooi 500ml kookwater in die pan en bedek die varkie met vet gesmeerde papier (Botterpapier, bruinpapier of aluminium foelie). Sit dit 15 minute lank in 'n baie warm oond by 240C, verminder dan die hitte na 150C en laat dit bak tot dit gaar en bruin gebraai is. Bereken die tyd teen 40 minute vir elke 500g. Bedruip die vleis elke 15 minute met die vloeistof in die pan. Verwyder die papier nadat die vleis 2½ uur lank gebak het en borsel die oppervlakte met dik room. Dien dit op 'n groot vleisskottel op met 'n rooi appeltjie in die mond en versier rondom met aartappelnessies, gevul met appelmoes, en skyfies rooi appel. 6/11/10 Pieter!!!! En daar is OTJIE!!!Heerlike en sag!!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


                                                 Foto <<Jan Piet Labuschagne my Seun>>
Helena Kruger
ROOSMARYN LAMSBOUD
1 lamsboud, sowat 2kg
10ml gedroogde roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper
45ml appeljellie
15ml suurlemoensap
Metode:
Vee vleis af en plaas op 'n oondrakkie in 'n oondrooster pan met
vetkant na bo. Meng die roosmaryn met sout en peper na smaak. Plaas appeljellie en suurlemoensap in 'n kastrolletjie, verhit tot gesmelt en roer tot glad. Verf die vleis oral goed hiermee. Druk die kruiemengsel vas op die vleis. Rooster vleis sowat 1 uur 45 minute of tot verlangde graad van gaarheid. Die orige gesmelte appeljellie kan in die helfte van die gaarmaaktyd versigtig opgeverf word. Laat die vleis 20 minute staan voordat dit gesny word. Verwyder vleis uit bakskottel. 6/11/10!!!”Pieter” Dankie!!Was 2009 op die Tafel Heerlik!!!!Helena
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


Helena Kruger
WORTELSLAAI
Versier jou kouevleise met die slaai!!!
1 k Gerasperde Wortel
1 Tamatie (Klein stukkies gesny)
½ k Ingelegde Pynapple- blokkies (klein gesny)
1 Pakkie Lemoenjellie
3t Gelatien [aangemaak met 2e Lou water]
1/4k Lemoensap
METODE:
Los die lemoenjellie en gelatien in ¼ k gekookte lemoensap op. Voeg die ander bestanddele by en gooi dit uit in ʼn plat bord of pan om dit te laat stol. Sny in blokkies en sit tussen die koue vleis. !!!!Baie mooi op n bord koue vleis
Helena 22/11/10 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


Helena Kruger
SMEER MENGSEL VIR SKAAPBOUD
Maak ’n pasta van:
5 ml paprika
3 ml rooipeper
5 ml sout
3 ml knoffelpoeier
3 ml gedroogde of 6 ml vars salie
5 ml olie
Metode:
Vryf die skaapboud met die pasta voor dit in die oond gaar gemaak word.N.S jy kan ook knoffel fynkap in die plek van die knoffel poeier!!!Baie Lekker 25/11/10 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


 




KERS PONS 
1 liter Grenadellasap
1 liter Pynappelsap
2 liter Mangosap
2 liter Lemoensap
½ bottel Malibu Likeur
½ bottel Vodka
Metode
Gooi alles deurmekaar, roer goed “Frieda Nieuwenhuis”!!!!
N.S Ek sal nog so n paar rooi kersies kerf en ook bygooi net vir bietjie kleur!!!Helena Kruger" 5/12/10 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


Helena Kruger
Heerlike Drankie om te bedien
EGGNOG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html
1 eier – geskei
1 eetlepel suiker
¼ koppie room
1 sopie brandewyn, whisky of rum (die Amerikaners gebruik bourbon)
Metode:
Klits die eierwit styf
Klits die room styf en voeg die suiker en brandewyn by
Vou die eierwit by die room in.
Nou drink ons elke ou Kersaand egte Amerikaanse Eggnog “Nakita” N.S. Baie lekker  Helena 5/12/10 






EGGNOG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html

4 egg yolks
1/3 cup sugar, plus 1 tablespoon
1 pint whole milk
1 cup heavy cream
3 ounces bourbon
1 teaspoon freshly grated nutmeg
4 egg whites*
In the bowl of a stand mixer, beat the egg yolks until they lighten in color. Gradually add the 1/3 cup sugar and continue to beat until it is completely dissolved. Add the milk, cream, bourbon and nutmeg and stir to combine.

Place the egg whites in the bowl of a stand mixer and beat to soft peaks. With the mixer still running gradually add the 1 tablespoon of sugar and beat until stiff peaks form.

Whisk the egg whites into the mixture. Chill and serve.

Cook's Note: For cooked eggnog, follow procedure below.

In the bowl of a stand mixer, beat the egg yolks until they lighten in color. Gradually add the 1/3 cup sugar and continue to beat until it is completely dissolved. Set aside.

In a medium saucepan, over high heat, combine the milk, heavy cream and nutmeg and bring just to a boil, stirring occasionally. Remove from the heat and gradually temper the hot mixture into the egg and sugar mixture. Then return everything to the pot and cook until the mixture reaches 160 degrees F. Remove from the heat, stir in the bourbon, pour into a medium mixing bowl, and set in the refrigerator to chill.

In a medium mixing bowl, beat the egg whites to soft peaks. With the mixer running gradually add the 1 tablespoon of sugar and beat until stiff peaks form. Whisk the egg whites into the chilled mixture.*Alton Brown*Footnetwork

.






ROSYNESOUS
60ml margarine
15ml koekmeel
250ml kookwater
10ml vars suurlemoensap
60ml rosyne
Sout en peper
5-10ml Franse mostert met heel mostertsaad of engelse mostert
10ml suiker
Metode:
Smelt 15ml van die margarine, voeg meel by en braai 1 min oor matige hitte. Verwyder van die hitte, voeg kookwater by en klop met draadklopper tot glad. Plaas terug op matige hitte en klop orige margarine geleidelik by. Verwyder van hitte en roer suurlemoensap en rosyne by. Plaas terug op lae hitte, geur met sout, peper, mostert en suiker en prut vir 1-2min.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


Helena Kruger
KARAMEL NEUTE VIR JOU SLAAIE
45ml Suiker
100ml Water
120g Neute [okkerneute of soos jy wil]
Metode:
Bring jou suiker en water tot kookpunt en laat stadig prut tot n donker karamel so om en by 10-12min.
Gooi jou neute by en meng goed.
Spuit n bakplaat en keer jou mensel daarop uit. Laat dit afkoel en breek dit op in stukkies en gooi oor jou slaaie!!!!Baie lekker en crispy!!!!  Helena 7/12/10 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html






TRIFLE EN TUISGEMAAKTE ROOMYS
My Dogter>Riana Earle..vir ons Kerstafel









Helena Kruger
GRENADELLA VORM 
125 ml grenadellamoes
250 ml kookwater
1 blikkie kondensmelk
250 ml koue water
1pakkie lemoenjellie
Metode:
Los jellie op in kookwater. Voeg koue water by en laat gedeeltelik stol.
Voeg kondensmelk en grenadella by. Meng goed.Gooi in vorm en laat stol  'Susan" Dankie dit is baie Lekker!!!14/12/10 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


Helena Kruger
GAARMAAK VAN N VARKBOUD
2 kg varkboud (Vra jou slagter om vlak kepe, in ‘n blokkie of diamantpatroon, in die vel te sny)
wynasyn
olyfolie
sout
koekmeelblom
Metode:
1. Plaas die vleis op 'n oondrak in 'n oondpan oor die wasbak.
2. Gooi kookwater oor die vleis (dit help dat die kepe in die vel ‘oopmaak’). Gooi die oortollige water in die bak af . Die boud moet goed gedreineer wees.
3. Plaas die varkboud onbedek oornag in die yskas sodat die vel kan ‘uitdroog’.
4. Verhit die oond tot 230 C.
5. Sprinkel ‘n bietjie asyn en olyfolie oor die boud en masseer goed.
6. Geur goed met sout en rooster en bak – onbedek - vir 30 minute. Verlaag die temperatuur tot 160 C en bak ‘n verdere 25 minute vir elke 500 g.
7. Om die krakeling (crackling) te maak, sprinkel die meelblom oor. Verhoog die temperatuur tot 200 C en bak ‘n verdere 25 minute. Skakel die oondrooster aan vir die laaste 10 minute.
“Weg” 21/12/10
Wenke
Gaarmaak van n Varkboud
1. Gooi kookwater oor die vleis (dit help dat die kepe in die vel ‘oopmaak
2. Om die krakeling (crackling) te maak, sprinkel die meelblom oor.
DIT MOET JULLE ASB!!ONTHOU BAIE GOEIE WENK!!!
Helena Kruger"!!21/12/10  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


Adéle Filmalter
MOSTERD-EN-SAMPIOENTONG
Een groot gaar gesoute beestong, waarvan die vel afgetrek is, in mooi snytjies gesny.
Kaas- en mosterdvulsel:
Meng ¾ koppie mayonnaise met een teelepel tuisgemaakte mosterd.
Voeg 1½ koppie gerasperde kaas by.
Neem twee snye tong op ‘n keer en smeer die kaasmengsel op een van die snytjies.
Plak die ander snytjie (soos ‘n toebroodjie), en pak in ‘n vuurvaste bak.
Braai ‘n groot gekerfde ui liggies in ‘n pan met ‘n bietjie olie.
Kerf een pakkie vars sampioene en soteer saam met die ui vir 5 minute.
Verwyder van die hitte.
Neem een pakkie sampioensous (Knorr) en voeg 300 ml melk by.
Meng en voeg by die ui-mengsel en giet dan oor die tong.
Indien die gereg daelik gebruik word, bak dit vir 40 minute by 180º C in die oond.
Vir latere gebruik kan die gereg gevries word en later ontvries en dan gebak word.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


Carol Elliott Claassen
FETA KAAS MOUSSE
( Voorgereg vir Kersfees)
100g Feta kaas, gekrummel
2,5ml vars gemaalde swartpeper
1K Bulgaarse joghurt
1 Etl gelatienpoeier
 6E koue water
½ kop room
200g gerookte salm vir garnering
Metode:
Voer ses ramekinbakkies met 'n dubbele laag botterpapier uit. Meng die gekrummelde kaas met die peper en joghurt. Sprinkel gelatien oor koue water en laat staan vir 10 minute om te spons. Verhit sowat 30 sekondes in die mikrogolfoond op hoog tot helder. Voeg die kaasmengsel by die gelatien. Klop die room tot dit sagte punte vorm. Vou die geklopte room in die mengsel. Gooi in die voorbereide ramekinbakkies. Laat staan oornag in die koelkas om te stol. Keer uit op 'n klein- of visbordjie. Garneer met skyfies gerookte salm. Sit voor saam met melba-roosterbrooddriehoekies, pitabrood of growwe rogbrood. (6 porsies) http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


Carol Elliott Claassen
Pynappel-en-kersie-bykos vir Kersfees ham
125ml glanskersies
62,5ml sjerrie
1x800-g-blik pynappelringe in stroop, gedreineer en stroop behou
30ml botter
'n bietjie fyn kaneel en naeltjies
Metode:
Week die kersies oornag in die sjerrie. Panbraai die pynappelringe in die botter tot goudbruin. Verwyder die pynappel en voeg die stroop, kersies en sjerrie in die pan. Kook vinnig oor hoe hitte tot dik en stroperig. Voeg die kaneel en naeltjies by. Sit saam met die ham voor. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


Helena Kruger
n Lekker Nagereg vir Ons "Kerstafel Menu"
KERSFEES DROOMPOEDING
1 pakkie aarbeijellie
1 pakkie lemoenjellie
1 blik ingedampte melk
125ml wyn
250ml gesnipperde kersies
4 eierwitte
1½ koppie water
250ml gekapte okkerneute
vars aarbeie
room
Plaas ingedampte melk oornag in die yskas. Los die jellie op in ‘n koppie kookwater en voeg nog ¾ koppie koue water by. Laat goed koud word. Voeg die wyn by die jellie. Klits die ingedampte melk tot styf en voeg die jellieby. Klits die eierwitte goed en vou dit by die poeding in. Voeg die neute en kersies by en meng goed. Gooi in ‘n poedingbak en plaas in yskas om te stol. Versier met geklopte room en aarbeie."Peterjasie" 24/10/11 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


Carol Elliott Claassen
Kersfees "pennie-poeding
Handvol munte in kastrol water gekook vir min 10 minute, skrop deeglik af,
250ml koekmeel
5ml bakpoeier
100g pecan neute, opgekap
250g dadels, rof gekap
250ml water
5ml koeksoda
100g sagte botter
200ml strooisuiker
1 eier
Vir die stroop:
250ml suiker
120ml water
120ml brandewyn ( die alkhol verdamp sodra dit kookpunt bereik, gee net die geur, dus gee gerus vir die kleinspan)
5ml vanilla essence
30ml botter
1/2 tlp fyn kaneel
Voorverhit oond na 180C
Berei oonvaste bak voor, smeer goed met botter.
Gooi dadels en water in kastrol, en laat vinnig kook vir 2 min.
Verwyder van plaat en voeg nou koeksoda by dadels laat koud word
Room saam botter, suiker en eiers
Sif die koekmeel, bakpoeier saam en voeg by bottermengsel
Gooi nou die koue dadelsmengsel by roer liggies deur
Gooi jou neute by en meng
Giet mengsel in jou voorbeide oondpan
Druk nou die munte oral binne die rou mengsel in.
Bak vir +- 1 uur lank, of tot toetspen skoon uitkom.
Stroop:
Gooi suiker, water, botter en vanilla saam in ‘n kastrol, bring tot kookpunt en laat goed vir 10 minute kook, hou aan met roer.
Voeg nou die kaneel en brandewyn by, laat vinnig opkook roer aanhoudend vir 1 min.Giet oor poeding sodra uit oond kom http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


 



VLA-EN-AARBEI-CHARLOTTE
Charlotte is ‘n klassieke nagereg wat gewoontlik met sponskoekvingers gemaak word.  Die nagereg lyk wonderlik, veral as jy dit met vars aarbeie en aarbeiblare versier.  Reg vir die Kerstafel!!!!
1 groot rolkoek
200g vars aarbeie, gehalveer en blare verwyder
15ml suiker
30ml brandewyn
30ml gelatien
30ml water
250ml voorbereide vla
250ml room
75ml  warm appelkooskonfyt
Ekstra aarbeie in sjokolade gedoop vir versiering
Sny die rolkoek in skywe van 5mm en voer ‘n ronde diep koekvorm of mengbak met die inhoudsmaat van 1 liter met die skywe uit.(onder en teen die kante)  Rangskik die skywe so na as moontlik aan mekaar met so min spasie moontlik tussen-in. Plaas die gehalveerde aarbeie in ‘n bak en strooi die suiker oor.  Giet daarna 15ml van die brandewyn oor.  Laat staan minstens 30min in die yskas om te rus.  Meng gelatien met koue water. Los die gelatien op deur dit 10 sekondes lank in die mikrogolf te verhit of oor kookwater te smelt.  Giet die vla in ‘n mengbak en roer die gelatien en orige brandewyn by.  Klits room tot sagte punte vorm en vou versigtig by die vlamengsel in net voor dit begin stol.  Vul die gevoerde vorm met twee derdes van die vlamengsel.  Meng die aarbeie met die res van die vlamengsel en vul die vorm tot bo.  Bedek met die orige rolkoekskywe.  Laat die nagereg vir minstens 2 ure in die yskas stol voor jy dit op ‘n opdien bord uitkeer.  Verf warm appelkooskonfyt oor en versier met aarbeie wat in sjokolade gedoop is.  As jy ‘n dekadente streep het, kan jy sjokoladesous saam met die charlotte voorsit.   *Landbouweekblad http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


LEKKER PRUIMSOUS
Gebruik dit by Vark of hoender vleis]
1k Pruimkonfyt
100ml Kookwater
5ml Hoenderaftrekselpoeier of so n halwe hoenderblokkie
30ml Korentewat jy in water geweek het en dan goed gedreineer het
Verhit alles in jou kastrolletjie tot kookpunt [roer dit goed]
Verwyder van hitte en gooi in n mooi souspotjie en bedien by jou heerlike vleis!!14/11/11 Helena Kruger.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html


BRANDEWYNSOUS
Maak die sousie net voor jy jou Kerspoeding gaan bedien!!
125ml Bruinsuiker
15ml Mielieblom
250ml Kookwater
1e Botter
3e Brandewyn
Knippie sout
Meng jou suiker en Mielieblom in n kastrol
Verhit oor matige hitte, roer en voeg jou kookwater geleidelik by
Verhit tot dit kook so vir 3min en verwyder van hitte
Voeg jou botter, brandewyn en knippie sout by en roer tot jou botter gesmelt het
Baie lekker oor alle Kerspoedings of Kerskoek!!14/11/11 Helena Kruger.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kersfees-geregte.html

No comments:

Post a Comment