Sunday 19 July 2015

VEGETARIESE BOBOTIE


Mare Nieuwoudt

VEGETARIESE BOBOTIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/vegetariese-bobotie.html

Hierdie tradisionele soet-suur-gereg hoef nie met vleis gemaak te word nie.
GENOEG VIR 6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 60 min.

Bestanddele:
15 g botter
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap
15 ml (1 e) matige kerriepoeier
2 rooi brandrissies, gekap
3 knoffelhuisies, fyngedruk
500 g botterskorsie, in blokkies gesny
2 wortels, gerasper
45 ml (3 e) blatjang
10 ml (2 t) suiker
’n hand vol koljander, gekap
2 x 410 g-blikke lensies, gedreineer
sout en peper
Eier-bolaag
500 ml (2 k) amasi
3 eiers
1,25 ml (¼ t) kerriepoeier
sout en peper
lourierblare
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n groot bakpan.
1.Verhit die botter en olie in ’n groot pot en braai die ui, kerriepoeier, brandrissie en knoffel tot sag en geurig.
2.Voeg die botterskorsie en wortel by, en soteer 10 min. tot die groente sag is en al die vloeistof verdamp het.
3.Voeg die oorblywende bestanddele by en roer tot goed gemeng. Laat prut sowat 5 min. tot die mengsel verminder het. Geur na smaak.
4.Plaas die lensiemengsel in die voorbereide bakskottel en maak met die agterkant van ’n lepel glad.
5.Eier-bolaag: Klits al die bestanddele saam en giet oor die mengsel. Druk ’n paar lourierblare in en bak sowat 40 min.
Deur Hope MalauFoto: David Briers/HUISGENOOT.

No comments:

Post a Comment