Sunday 19 July 2015

LAMSKERRIE

Mare Nieuwoudt

LAMSKERRIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/lamskerrie.html

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 1½ uur

Bestanddele:

20 ml (4 t) olie
1 steranys
2 lourierblare, in stukkies
gebreek
2 kaneelstokkies
1 ui, fyngekap
1 tamatie, in blokkies gesny
2 kerrieblare
15 ml (1 e) borrie
15 ml (1 e) garam masala
15 ml (1 e) fyn koljander
15 ml (1 e) fyn komyn
30 ml (2 e) gemmer-en-knoffelpasta
45 ml (3 e) geroosterde kerriepoeier
500 g lamsvleisblokkies
sout na smaak
1 liter of meer (4 k of meer)warm water
5 aartappels, in blokkies gesny
125 ml (½ k) vars koljanderblare, gekap
Metode:
•Verhit die olie en braai die steranys, lourierblare en kaneel ’n paar sekondes tot geurig. Voeg die ui by en soteer tot effens bruin. Voeg die tamatie by en roerbraai 5 minute.
•Voeg die kerrie, borrie, garam masala, koljander, komyn, gemmer-en-knoffelpasta en kerriepoeier by en meng goed.
•Voeg die vleis, sout en water by en laat prut sowat 1 uur tot die vleis sag is. Voeg die aartappels by en laat sowat 30 minute prut tot gaar. Meng die koljander deur en sit voor saam met rys en sambals (sien wenk).
WENK Maak ’n sambal van gekapte uie, tamatie en koljander, of van gekapte komkommer, koljander en natuurlike jogurt./HUISGENOOT.

No comments:

Post a Comment