Sunday 13 October 2013

SUIKERVRYE KAASKOEK



Suikervrye Kaaskoek

Ek het onlangs dié kaaskoek vir my seuntjie se verjaardagpartytjie gemaak, en dit was ’n groot sukses. Niemand het my geglo dat daar geen suiker in is nie. Die koek is definitief die moeite werd vir ’n spesiale geleentheid.
Aarbei kaaskoek- thenmelrosefamily.com

(12 – 16 PORSIES)
500 g laevet-roomkaas
750 ml ricotta-kaas
250 ml suurroom
250 ml gewone jogurt
300 ml suikerplaasvervanger
125 ml laevet-margarien
45 ml koekmeel
45 ml mielieblom
4 eiers, geklits
30 ml suurlemoensap
5 ml vanieljegeursel
Bolaag
suikervrye aarbeikonfyt
vars aarbeie

Verhit oond tot 160 ºC. Spuit ’n 24 cm-losboomkoekpan met kleefwerende kossproei. Meng roomkaas, ricotta-kaas, suurroom, jogurt, suikerplaasvervanger, margarien, meel, mielieblom en eiers tot goed gemeng. Roer die suurlemoensap en geursel by. Gooi in voorbereide pan. Bak vir 70 – 75 minute tot geset. Skakel oond af, maak deur oop en laat kaaskoek minstens 1 uur lank in die oond staan. Verkoel in yskas. Bolaag Smeer konfyt bo-oor en versier met vars aarbeie.

KOMMENTAAR
Die GI van die kaaskoek is laag en omdat dit nie die tipiese krummel- of gebakte kors bevat nie, is die koolhidraat-inhoud van die gereg ook laer. Weens die bestanddele wat vir ’n tipiese gebakte kaaskoek gebruik word, is die vet-inhoud hoog.
– Hilda Lategan
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/suikervrye-kaaskoek.html

No comments:

Post a Comment