Saturday 15 November 2014

KONDENSMELK EN JELLIE NAGEREG

as mens laat aand lus kry vir iets soets dan is daar seker niks fout met n lekker soetdingetjie nie ne**
Helena Kruger
KONDENSMELK EN JELLIE NAGEGEG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/kondensmelk-en-jellie-nagereg.html
Maak jou jellie aan met 1k warm water en laat dit goed smelt
Gooi nou nog n halwe koppie koue water by en klits goed
Laat afkoel
Klits n blikkie kondensmelk met n kwart koppie suurlemoensap en roer dit in jou jellie in en plaas in die yskas tot gestol..dit stol binne vyftien min.
sommer lekker saam met roomys en vla*** Jy kan ook grenadella pulp byvoeg net so lekker*Helena

 



Helena Kruger
Lekker KONDENSMELK EN JELLIE MET GAUVA,  gemaak
KONDENSMELK JELLIE EN GAUVA NAGEREG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/kondensmelk-en-jellie-nagereg.html
1 Blik kondensmelk
1 Pakkie Rasberry Jellie
1 Blikkie Gauvas[ fyn gesny]
1t gelatien[was bang dit stol nie]
Maak jellie aan met 1k kook water
Sny jou Gauvas fyn
Spons jou gelatien in 1 e koue water[ en dan voeg jy 1e kookwater by en roer goed]
Laat jou jellie so n bietjie afkoel en voeg jou gelatien en die sap van die Gauvas by
Voeg jou kondensmelk by en roer goed Gooi uit in jou Poedingbak en laat goed afkoel en plaas dan in yskas om verder te stol en lekker koud te word..Bedien saam met vl en Roomys **yUMMY..Helena 2/01/2015

 







KONDENSMELK EN JELLIE NAGEGEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/kondensmelk-en-jellie-nagereg.html
1pakkie Peach jellie
1 t Gelatien
1 blik kondensmelk
1/4 k Suurlemoensap
Metode
Voeg 1 t gelatien by jou droee jellie en maak aan
Maak jou jellie aan met 1k warm water en laat dit goed smelt
Gooi nou nog n 1 koppie koue water by en klits goed
Laat afkoel
Klits n blikkie kondensmelk met n kwart koppie suurlemoensap en roer dit in jou jellie in en plaas in die yskas tot gestol..dit stol binne vyftien min.
sommer lekker saam met roomys en vla of enige ander koue poeding soos op my foto ..ek het Vanilja Kitspoeding aangemaak en n blikkie Vrugtekelkie bygevoeg sonder die stroop*** .*Helena Kruger*01/03/2015

No comments:

Post a Comment