Thursday 13 November 2014

CALAMARI MET TAMATIE



CALAMARI MET TAMATIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/calamari-met-tamatie.html
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 1 uur 10 min.
45 ml (3 e) olie
1 ui, gesny
’n klein hand vol vars vinkel, gekap
sout
3 knoffelhuisies, gekap
30 ml (2 e) tamatiepasta
2 blikkies (400 g elk) heel kersietamaties
450 g skoongemaakte calamari-buisies en -tentakels, grof gekap
peper
’n hand vol vars pietersielie, gekap
  1. Verhit die olie in ’n groot pot oor matig-hoë hitte. Voeg die ui en vinkel by. Roer om met die olie te bedek en panbraai terwyl jy roer tot die ui begin verkleur.
  2. Geur met die sout, voeg die knoffel en tamatiepasta by en meng goed. Kook nog 2 min. terwyl jy aanhou roer.
  3. Voeg die tamaties by, roer die calamari by en laat sowat ’n uur saggies kook of tot die calamari sag is.
  4. Geur met die sout en peper. Voeg die pietersielie by en meng goed.**Deur Hope Malau

No comments:

Post a Comment