http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/calamari-gestop.html
Stoom die calamaribuise en braai dit dan vinnig in suurlemoen-en-knoffelbotter – jy sal nie glo hoe heerlik sag dit is nie!
Genoeg vir 4 mense
VULSEL
2 wiele fetakaas, gekrummel
125 ml (½ k) roomkaas
125 ml (½ k) gerasperde pecorinokaas
4 pikantrissies, gekap
2 jalapeño-rissies, gekap
CALAMARI
14 calamaribuise, skoongemaak
1 suurlemoen, in skywe gesny
80 ml (1/3 k) botter
3-4 knoffelhuisies, gekap
sap en skil van 1 suurlemoen, met ’n repieskiller geskil
2-3 takkies vars tiemie
- VULSEL
Meng al die bestanddele vir die vulsel. Maak seker die calamaribuise is goed skoongemaak – kyk of daar enige plastiekerigheid aan die binnekant is. - CALAMARI
Skep die vulsel in ’n spuitbuis en spuit die calamaribuise goed vol. Steek die opening toe met peuselstokkies. - Pak die suurlemoenskywe in die bak van ’n stomer. Plaas die calamaribuise bo-op.
- Stoom 8-10 minute tot die calamari gaar is en net van glaserig tot wit verkleur het.
- Smelt die botter in ’n groot pan. Voeg die knoffel, suurlemoensap en -skil en tiemie by en verhit tot die mengsel geurig is en die botter effens verbruin het.
- Voeg die calamari by en meng dit net vinnig deur die bottermengsel tot goed bedek.
- Sit voor saam met lekker groot stukke Franse brood en ekstra wiggies suurlemoen.*Huisgenoot**
No comments:
Post a Comment