Thursday 14 August 2014

VERNEUK PAELLA




VERNEUK PAELLA
500g gevriesde seekosmengsel
olie
1 teelepel kerriepoeier
1 teelepel borrie
sap van 'n halwe suurlemoen
sout en peper
kruie na smaak
2 vars knoffeltoontjies
1 koppie room
2 koppies gaar rys


Roerbraai gevriesde seekos in warm olie vir sowat 3 minute totdat dit ontvries is.
Gooi water af.
Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die room en rys.
Roerbraai vir 2 minute en voeg room by.
Prut vir 'n minuut.
Bedien op rys.
Bron: RSG
Plasing Dalene Brits
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/verneuk-paella.html

No comments:

Post a Comment