Thursday, 14 August 2014

PASTASOUS

 Italiaanse pastasous

1 blikkie heel tamaties
1 klein pakkie tamatiepasta (paste)
3 knoffeltoontjies, heel
1 teelepel suiker
bietjie sout
handvol vars kruie
of
1 teelepel gedroogde kruie: tiemie, origanum en basiliekruid

 Plaas al die bestanddele in 'n kastrol en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte en laat dit prut vir 10 minute.
Verpulp dit.
WENKE:
Bedien op pasta met parmesaankaas of bedien op gnocchi.
bron: RSG
Plasing: Dalene Brits


ITALIAANSE  TAMATIESOUS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/pastasous.html

2kg Tamaties
2 Knoffelhuisies
5ml Origanum
15 ml Sout
2.5ml Peper
1t fyn Basil
500 ml Asyn
1 kg Uie
2 Rooi Peppers[Soetrissies]
300 g suiker
Sny skil af van tamaties en sny stukkend
Sny uie fyn en kap knoffelhuisies fyn, sny soetrissies fyn
Voeg sout, origanum,peper, basil  en asyn by en kook tot sag.
Blend met handblender en voer deur sif.
Gooi suiker by en kook tot dik.
Gooi in warm bottels en verseel dadelik