Sunday 16 November 2014

OORSKIET VLEIS PASTEI

OORSKIET BRAAIVLEIS IDEES

Ons almal sit gewoonlik Maandag met ‘n halwe bak gebraaide vleis wat oorgebly het na die naweek se braai in ons yskas. Dit kan selfs van ‘n bord gekookte kos wees bv. hoender, of boudvleis of vark of ” what ever” soos hulle se:
Vandag wil ek julle wys hoe ek met oorkietvleis ‘n toevou pastei gemaak het. Dit is so maklik en jy kan basies enige iets insit.


ANNETTE HUMAN se SKUD EN SKOMMELKORS

750ml bruismeel  of  750ml meel en 25ml bakpoeier
200ml kookwater
200ml olie
5 ml sout

Gooi in plastiekbak en skud tot jy hoor dit is in ‘n bal vorm
Maak deksel oop, smeer los stukkies en knie net so effe tot mooi bol gevorm is
Ek het die spareribs van die bene afgesny en in stukke gesny, ‘n groot uie opgekerf ,
1 blikkie knopie sampioene ingegooi en
halwe blik pynappelstukke, gedreineer,
knoffelvlokkies
sout en peper en dit gebraai tot warm

Hier kan jy nou enige oorskietvleis gebruik, vars sampioene, peppers, olywe ens
Lekker gebraaide maalvleis gaan ook werk of selfs boerewors in stukkies gesny
Neem die deeg en druk plat in ‘n oondbak. Jy hoef nie die oondbak te smeer of te spuit nie. Die deeg het genoeg olie in.

Smeer aan die eenkant tamatie relish of tamatie en uie smoor of enige iets wat jy wil oorsmeer

Sit jou vleismengsel op. Ek het peppadews en bietjie gerasperde chedderkaas ook oorgestrooi

NB: JOU VLEIS MOET EFFE SOUSERIG WEES ANDERS IS JOU PASTEI TE DROOG. DIE TAMATIE RELISH OF TAMATIE EN UIE SMOOR WAS VOLDOENDE OM DIT  SOUSERIG GENOEG TE MAAK. Dit moet net nie te souserig en loperig wees nie anders loop dit uit die deeg uit.

Vou nou jou anderkant oor en druk oral mooi vas. Wees versigtig, die deeg is papperig en maak maklik gaatjies. Smeer maar toe met jou vinger sover moontlik.

Voorverhit jou oond tot 180 C

Bak vir ongeveer 45 minute of tot jy voel jou deeg is lekker bros en hard.

Haal uit en laat staan so 10 minute

Bedien net so of jy kan lekker mengelslaai saam maak of selfs rys of kapokaartappels. Jy kan dit as ‘n vleisgereg saam met ‘n gekookte bord kos ook gebruik.

Bron: Kreatiewe kosidees
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/oorskiet-vleis-pastei.html

No comments:

Post a Comment