Sunday, 16 November 2014

YSKASTERTE VERSKEIE



GRENADELLA YSKASTERT
Lewer 1 groot bak
Bereiding: 15 minute
Verkoeltyd: 2-3 uur

1 blik (410 g) ingedampte melk, oornag verkoel
125 ml (½ k) strooisuiker
1 blikkie (110 g) grenadellamoes
1 dosie (80 g) jellie, suurlemoengeur
250 ml (1 k) kookwater
2 pakkies (200 g elk) Tennisbeskuitjies
grenadellamoes of suurlemoenskyfies vir versiering

Klits die koue melk en voeg die suiker stadig by. Voeg die grenadellamoes by en meng.
Meng die jellie en kookwater, roer tot opgelos. Laat afkoel, maar moenie dit laat stol nie.
Roer in by die melkmengsel.
Pak ’n laag Tennisbeskuitjies in ’n groot bak en giet van die melkmengsel oor.
Herhaal die lae en eindig met die melkmengsel.
Verkoel tot stewig.

Sit voor met ekstra grenadellamoes of dun skyfies suurlemoen.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/yskasterte-verskeie.html


Antoinette Nel 

Yoghurt Tert

Tertbak grootte: 33cm x 23cm x 5cm
Sorg dat geur van jellie en yoghurt dieselfde is.

Kors: Pak 1 pakkie tennis biscuits onder in bak.

Vulsel: 1 pak jelliepoeier (appelkoos/perske/pynappel of aarbei)

125ml kook water
1 blik kondensmelk
2 telepels gelatine (opgelos in warmwater)
750ml gegeurde yoghurt
250ml room (styf geklits met bietjie suurlemoen)

Metode:

Los jellie in kookwater op. Roer kondensmelk en yoghurt by. (Jelly hoef nie af te koel nie) Voeg nou opgeloste gelatine by.
Vou laaste die room in. Giet vulsel in die kors en laat in yskas stol.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/yskasterte-verskeie.html



Peer Tert

1 rolkoek (skywe)
1 blik kondensmelk
125ml suurlemoensap
415g blik pere (dreineer en fyn gedruk)
Orley whip of 250ml vars room (styf geklop)
1 milky bar wit choc gerasper

Pak rolkoek onder in bak,klop kondensmelk en suurlemoensap tot dik. Smeer oor skywe,dan pere en dan room. Rasper milky bar bo oor en sit in yskas

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/yskasterte-verskeie.htmlAarbei Yskastert

Esmarie Kotze Atkinson

2 pk aarbei jellie maak aan met een kop kookwater en 1 kop kouewater. Meng nou n 1 liter aarbei yogurt in en n blikkie kondensmelk. Maak n kors van tennisbeskuitjies gooi vulsel op d kors en sit in yskas tot gestol
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/yskasterte-verskeie.html



Yskastert

Sonet Strydom

Nuticrust koekies -pak in laag. Meng orley whip met bietjie suiker tot styf. Gooi 1 blik caramel kondensmelk by room en klop saam . Gooi lagie oor koekies en herhaal met nog ‘n laag koekies. Die tert is ‘n wenner onder my vriende! Maklik, vinnig en die nuticrust koekie gee die ongelooflikste smaak.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/yskasterte-verskeie.html



Yskastert

Hentie Hawley

Hier is myne: 
2 kondensmelk (blik), 
2 Nesle room (blik), 
2 plain Maaskaas, 
250ml suurlemoensap! 

Meng en pak op tennisbeskuitjies…so 2 lae!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/yskasterte-verskeie.html

 Karamel Sjokolade Yskastert – Photo Serious Eats Sweets
Karamel Sjokolade Tert

Belinda Ann Botes Oosthuizen

Maak 1 pakkie Choc crust of Romany koekies fyn en meng met 2 E gesmelte botter en 1 t karamel geursel en druk vas in tertbak. 

Vulsel: 
Roer 1 blik karamel kondensmelk tot glad en skep bo-op tertkors. 
Smelt saam: 200 gr sjokolade, gekap, 
180 ml room en 
40 gr botter in glasbak bo-oor warm water tot gesmelt. 
Roer tot glad. Skep bo-oor karamel kondensmelk. Sit in yskas vir 4 ure voor bedien. Jy kan room rosies bo-op spuit of flake krummel en bo-oor gooi.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/yskasterte-verskeie.html

Koejawel Yskastert

Belinda Ann Botes Oosthuizen

1 blik kondens melk geklits met 1/2 k suurlemoensap, meng 1 houer smooth cottage cheese in tot glad. Vir di kors gebruik ek n swissrol, sny dun skywe en pak onder in bak, sit cheese mengsel bo op, 1 grt blik koejawels, sit koejawels stukke bo di mengsel, vat di koejawel stroop en verhit en roer by 3-4 t vlapoeie aangemaak met 1/2 k water by sous om te verdik, laat afkoel en gooi egalig oor koejawels. Sit in yskas om te stol, lekk eet!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/yskasterte-verskeie.html

Lizette Edwards
Pynappelyskastert:
Tennisbeskuitjies
Blik fyn pynappel
Suurlemoenjellie

blik kondensmelk
1 houer maaskaas
1 houer room
Maak jellie aan met 200ml kookwater
Gooi alles bymekaar
Gooi op koekies wat uitgepak is in medium tertbak
Laat stol in yskas
Klits room styf en sit op net voordat jy bedien 

FOTO: TERESA ULAYTA
WAT HET JY NODIG:
KORS:
200g Tennisbeskuitjies
90g botter
Breek jou koekies fyn en voeg botter by en pak in bak om kors te maak.
PS: Smeer net jou bak dat dit nie vaskleef.

VULSEL:
1 pakkie suurlemoen jellie
halwe koppie kookwater
1 blikkie ingedampte melk
1 Eetlepel strooisuiker

Meng jellie en kookwater en plaas eenkant sodat dit bietjie kan afkoel
In 'n aparte bak klits jou strooisuiker en ingedampte melk saam met 'n elektriese klitser
Sodra dit lekker lig is , voeg jou jellie mengsel by , bietjies op 'n slag terwyl jy nog klits met jou elektriese menger.
Skep mengsel bo-op jou kors en plaas in yskas vir 3-4 ure.

GENIET!

1 comment:

  1. Dit lyk oongelooflik lekker. gaan vandag nog probeer

    ReplyDelete