Saturday 6 September 2014

BAR ONE TRIFLE

BAR ONE TRIFLE
1 pakkie (90 g) sjokoladekitspoeding
400 ml melk
125 g roomkaas
250 ml (1 k) room, styf geklits
1 pakkie (200 g) Romany Creams, grof gebreek
sjerrie vir oorsprinkel
2 groot (100 g elk) Bar-Onestafies, in blokkies gesny

Klits die kitspoeding en melk saam tot dit net begin verdik.
Roer die roomkaas by die room in.
Sprinkel die helfte van die gebreekte koekies in ’n glasbak en besprinkel met die sjerrie. Skep ’n laag sjokoladepoeding oor.
Skep ’n laag room oor en sprinkel van die sjokolade oor.
Herhaal die lae en rond af met stukkies Bar-One. Plaas in die yskas tot stewig.

WENK
Verlaag die kilojoule-inhoud van die nagereg deur laevetmelk, -roomkaas en -room te gebruik.

Bron: Huisgenoot digitaal
GENOEG VIR 6-8 MENSE
Bereiding: 20 minute
Verkoeltyd: oornag
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/09/bar-one-trifle.html

No comments:

Post a Comment